Sunday, August 31, 2008

Vending masjiene Hier vs. S.A.

Tussen die "Heritage Village" en die "breakwater"(see) staan hierdie klomp vending masjiene. Dit laat ons nogals terugdink aan ons eie masjiene wat ons in S.A. gehad het, met 'n paar ooreenkomste en natuurlik ook verskille.
(Andre en Rita wat dink julle hiervan?)

Hier is 'n redelike verskeidenheid, pepsi en sy maats, coke en sy maats, roomys, koffie(asof iemand dit gaan koop in 48 grade C), water en snacks. Dit kos vir info, slegs 1 dirham(R2.20) vir 1 blikkie coke(330ml). En die hand binne die masjien wat my geld vat, gee nog wins vir sy baas ook! In S.A. kos dit seker al R6 .00'n blikkie! Hier is die masjiene selde vol, en word nie naastenby so goed gediens soos in S.A. nie.Of dit word ongelooflik vinnig uitverkoop. Ons het gelukkig vanaand koeldrank gekry. Dienslewering nie altyd prioriteit nie, dalk die hitte wat die ouens laat stadig loop om dit vol te hou.




Nog 'n ooreenkoms: Jy kry nie versekering vir diefstal of vandalisasie op masjiene nie. In S.A. want die risiko is te groot om dit te verseker, diefstal of vandalisme is te hoog. Hier kry jy ook nie versekering nie, want die versekeringmaatskappye gee dit nie, omdat daar nie vandalisme en diefstal is nie. Die masjiene staan alleen vanaf 2 uur se kant in die oggend, en het net die straatkatte en sardientjies in die see om mee te chat.
'n Yskoue blikkie soda bly 'n wenner, in S.A. en die UAE, veral as dit warm is. Die son verniel die masjiene regtig kwaai, so hulle lewe is effens korter as die in S.A. Dis nou te se as die masjien in S.A. nie geskiet of gekaap word nie. Hulle bekleedsel hou net 'n paar seisoene teenoor hulle boeties in S.A. Ook verander die geld nie elke tweede jaar hier nie, so jy hoef nie jou muntstuk skandeerder te laat kalibreer vir elke nuwe munt nie. Dankie tog ons het nie in Zim gebly nie, hulle geld waarde verander mos daagliks om meer te word vir inflasie. Soms verlang ons terug na die besigheid veral vir die 'ching' wat dit vir mens inbring, maar dankie tog ons het dit nie hier nie, want ons sou dit met 'n swaar hart kom diens en vol maak het in hierdie hitte....
So da het julle dit nou. Eish! Met Eish ja, dit is mos lekker!

9 comments:

Dorette said...

So het elke land sy dinge ne! En as ons dieper krap, kom ons agter daar is vir elke verskil net soveel ooreenkomste (al is dit nou net tussen vending machines). Dink dit sal vir baie interessante geselsies in die hemel maak!

Dankie vir jou positiewe comments op my blog - en die tag! Belowe ek sal daar by uitkom; hierdie naweek was ek net lus om die minimum te doen en my seuntjie heeltyd vas te hou!

Mooi bly daar!

Anonymous said...

Hi daar, man dit is pragtig. Ons hoop natuurlik dat ons op elke straathoek die vending masjiene kan neersit, maar ja daar is altyd die eine faktor hier. Gelukkig begin dit somer hier raak en die "ching" behoort weer bietjie meer te word. Dit was pragtig hoor.

Anonymous said...

Die masjiene is 'n lewensredder hier in die hitte en gelukkig het ek nog nooit by 'n lee een uitgekom nie. Het nie altyd kon kry wat ek wou he nie, maar daar was altyd ietsie. Die kinders by die kerk het egte die masjien altyd daar leeg gekoop, maar ek dink dit was net elke maand volgemaak.

Mariette. said...

Dorette- hoop jy het 'n great eerste dag terug by die werk gehad.

Rita-Mag die 'ching' die somer inrol. en mag julle die vending magnate 'n goeie run vir hul pond gee die seisoen.
liefies jou

Sandra- ja ons het dit sommer gister as 'n lewens redder ervaar want nerens kon ons koeldrank kry met die wat die stad toe is nie. toe soek ons maar die naaste vending op en whalla daar kry ons ietsie te drinke, en ja nou nie wat mens regtig wou he nie maar tenminste was daar iets.
jy moet lekkervlieg en kuier!

Muriel said...

Hierdie vending masjiene het al menigmaal my dors geles, veral in hospitale!!!

Ek kry sommer nou lus vir Pepsi!

Mooi bly
x x

Mariette. said...

Ek hou ook van pepsi Muriel.
ja die masjiene is soms lewens redders veral in die hospitale soos jy se.

groetetjies

Anonymous said...

Ek kon dit in die begin ook nie glo dat die vending masjiene nie gevandaliseer word nie. En dat mens nie bang is om lank na donker te stap en te shop nie. Mens kan selfs jou handsak in die trollie los en die rakke bekyk... ek doen dit gereeld en as ek weer in Suid Afrika is dan moet ek so oppas. Maar koeldrank hier en by die huis proe LEKKER...

Mariette. said...

Charmaine- ek raak ook skuldig aan daardie handsak ding. nog 'n ding wat mens hier met gemak kan doen is om jou kind se hand te los, en gou behoorlik na 'n produk te kyk, en nie hoef bekommer te wees dat hy gesteel gaan word nie. waar by die huis kan mens hom nie vir 'n oomblik los nie.

lekker dag
x x

Thea said...

Hier by ons het die vending masjiene ook al my lewe gered as ek in daai ellelange toue by die lisensiekantore moes sit en wag!