Sunday, August 31, 2008

Vending masjiene Hier vs. S.A.

Tussen die "Heritage Village" en die "breakwater"(see) staan hierdie klomp vending masjiene. Dit laat ons nogals terugdink aan ons eie masjiene wat ons in S.A. gehad het, met 'n paar ooreenkomste en natuurlik ook verskille.
(Andre en Rita wat dink julle hiervan?)

Hier is 'n redelike verskeidenheid, pepsi en sy maats, coke en sy maats, roomys, koffie(asof iemand dit gaan koop in 48 grade C), water en snacks. Dit kos vir info, slegs 1 dirham(R2.20) vir 1 blikkie coke(330ml). En die hand binne die masjien wat my geld vat, gee nog wins vir sy baas ook! In S.A. kos dit seker al R6 .00'n blikkie! Hier is die masjiene selde vol, en word nie naastenby so goed gediens soos in S.A. nie.Of dit word ongelooflik vinnig uitverkoop. Ons het gelukkig vanaand koeldrank gekry. Dienslewering nie altyd prioriteit nie, dalk die hitte wat die ouens laat stadig loop om dit vol te hou.




Nog 'n ooreenkoms: Jy kry nie versekering vir diefstal of vandalisasie op masjiene nie. In S.A. want die risiko is te groot om dit te verseker, diefstal of vandalisme is te hoog. Hier kry jy ook nie versekering nie, want die versekeringmaatskappye gee dit nie, omdat daar nie vandalisme en diefstal is nie. Die masjiene staan alleen vanaf 2 uur se kant in die oggend, en het net die straatkatte en sardientjies in die see om mee te chat.
'n Yskoue blikkie soda bly 'n wenner, in S.A. en die UAE, veral as dit warm is. Die son verniel die masjiene regtig kwaai, so hulle lewe is effens korter as die in S.A. Dis nou te se as die masjien in S.A. nie geskiet of gekaap word nie. Hulle bekleedsel hou net 'n paar seisoene teenoor hulle boeties in S.A. Ook verander die geld nie elke tweede jaar hier nie, so jy hoef nie jou muntstuk skandeerder te laat kalibreer vir elke nuwe munt nie. Dankie tog ons het nie in Zim gebly nie, hulle geld waarde verander mos daagliks om meer te word vir inflasie. Soms verlang ons terug na die besigheid veral vir die 'ching' wat dit vir mens inbring, maar dankie tog ons het dit nie hier nie, want ons sou dit met 'n swaar hart kom diens en vol maak het in hierdie hitte....
So da het julle dit nou. Eish! Met Eish ja, dit is mos lekker!

Saturday, August 30, 2008

Blog toekenning


Ek was baie bevoorreg gewees om ook 'n blog toekenning te kon kry.
Baie dankie aan Thea en Muriel wat dit aan my gegee het. Ek lief julle daarvoor.
Dit is baie spesiaal, en ek voel baie geeerd.
Ek geniet julle blogs net so baie en kuier lekker by julle en leer baie by julle.
Nogmaals baie dankie julle klomp is baie spesiaal, en deur by julle te kuier maak die verlange huis toe soms soveel beter.
Nou ja die reels se dat ek die inskrywing moet maak en dan dit aanstuur aan ander blogs by wie ek lekker kuier. ...
Wel ek kuier lekker by julle almal, en julle almal het al die toekenning ontvang. So ek stuur dit weer terug aan jul almal.
Ek wil egter net een uitsondering maak - een wat ek weet nog nie een het nie, en dit is aan 'Jata' se blog. Ons deel ons Kiekkies en stories so Jattie jy verdien ook hierdie toekenning!
Dankie aan al jul bloggers, dat jul so lekker met ons almal kuier en so baie van julself deel.

Sunday, August 24, 2008

SHARJAH AKWARUIM

Ons het die lang pad aangedurf om bietjie te gaan verken. Die keer nog n bietjie verder as wat ons al gery het. Sharjah is die emiraat aan die anderkant van Dubai, so ons het letterlik deur Dubai gery om da uit te kom. Met die gebouery is Sharjah so te se een met Dubai.

Die aquarium is splinternuut as mens dit so kan stel. Hulle het die jaar (2008) oopgemaak, en het al oor 'n 100 000 besoekers gehad. Dit wys jou maar net daar is n behoefte aan natuurlewe. Hier bo,- is die ontvangs, wat jou baie welkom laat voel en die afwagting groot maak op wat kom.....

Jy word gesoen groet deur een van die ou groottes......Welkom

Die Aquarium huisves 30 verskillende spesies visse, wat hulle wil vergroot na 50 met die verloop van tyd. Ons het wel die gevoel gekry dat dit nog aan die begin stadium is. Want die tenke is asemrowend maar die inhoud aan die yl kant.



Ten spyte daarvan, bly dit mooi en rustig om rond te kyk na verkillende kleure en vorms van vislewe.
Hier bo is n glasbrug waaroor mens loop, dit vorm deel van die vis tank. ............Dit toets die geloof..........."walk by Faith"


Die boonste tank was n gunstelling, dit was baie kleurvol, en al het ons nog nie self geduik nie, skep dit n goeie prentjie van hoe dit moontlik lyk in hul natuurlike omgewing.



Die hoof doel van die aquarium is die fokus op karakter-

eienskappe van die UAE se see lewe. So ook die bewaring daarvan.



Hier leer hulle ons dat bome nie net daar is om die woestyn groen te laat lyk nie,

maar dat dit wel ook 'n doel in hierdie ekologie dien.

Hierdie is Mangrove bome en hulle is die enigste bome wat in modder soutwater groei.

en hulle wortels absorbeer suurstof uit die lug uit en sit dit weer terug in die water, en dit help weer vir die voorplanting van sekere vis soorte. Dit bied ook skuiling vir klein vissoorte en die se kleintjies.



Die tonnel hier onder skep die gevoel van onder die water loop.
Die 2 pylsterte so bo jou kop.

Dan kom jy weer by die begin punt uit, en da vra jy, is dit, dit? Want n ou klein seuntjie wou n regte haai sien, en ons het uitgekom sonder om een te sien. Toe moes daar groot verduidelik word,....Want wat se mens vir n ou slim seuntjie as daar n groot advertensie bord by die ingang van n haai is....en jy nie een te siene kry nie (hier onder is hy).






Maar op die ouend het hy net die "visse in die bottels" soos hy dit se geniet, ...So het ons ook op nuuts iets geleer.



Maak nie saak hoe groot of klein die 'bottel' gemaak word nie. Die Skepperhand skep lewe, anders sou ons na lee bottels gaan kyk het . Want lewe kan die mens nie skep nie.

Wednesday, August 20, 2008






Dragon Fruit




Ons het die Dragon fruit gekoop in 'Carrefour' ons hypermarket waar die meeste vrugte en groente redelik vars is.

Dragon fruit is blykbaar oorspronklik van Suid-America, en staan ook bekend as Pitaya of Pitahaya. Hulle is een van die mees wyd verspryde lede van die 'cactaceae' famielie, verkry baar oor 6 kontenente. Daar word geglo,- dat dit in Vietnam honderde jare terug geplant is sodat dit geeet kon word deur koning'likes en ryk families.


Daar is 3 soorte spesies Dragon fruits ook bekend as(strawberry pear).Dragon Fruit se vlees gedeelte kan wit ,rooi of magenta wees dit hang alles van die spesie soort af.

Food Value Per 100g -Serving for RED Pitaya:
Moisture 82.5 - 83 g
Protein 0.159 - 0.229 g
Fat 0.21 - 0.61 g
Crude Fiber 0.7 - 0.9 g
Carotene 0.005 -0.012 mg
Calcium 6.3 - 8.8 mg
Phosphorus 30.2 - 36.1 mg
Iron 0.55 - 0.65 mg
Vitamin B1 0.28 - 0.043 mg
Vitamin B2 0.043 - 0.045 mg
Vitamin B3 0.297 - 0.43 mg
Vitamin C 8 - 9 mg
Other 0.54 - 0.68 g



Die plant verkies tropiese omgewings wat warm en baie reen kry, koue weer kan die plant laat vrek. Die plant kan tot en met 6 meter groot word.


Die blom van die Dragon fruit is n 'beauty'. Dit blom slegs in die aand, en lewe gewoonlik net vir een aand. Die blom gee n baie lekker reuk af, die geur vul die nag lug wanneer hul in blom is. En uit elke bestyfde blom ontwikkel da n vrug.



Dit kan op verskilende maniere geeet word, die beste manier is,-wanneer die vrug gekoop word,-dat dit in die helfte gesny word, en met 'n lepel uit geeet word.

Dit het n lekker soet smaak. Dit kan gebruik word in vrugte slaaie en sappe, selfs konfyt kan da van gemaak word. Dan is daar selfs n cocktail genaamd dragontini waarvan Dragon fruit sap die hoof bestandeel is.

http://enwikipedia.org/wiki/Dragon_fruit

www.tropicalfruitnursery.com/dragon/

www.gasing.com/dragonfruit/nutrition_fact.shtml

www.wisegeek.com/wht-is-dragon-fruit.htm

Sunday, August 17, 2008

Max'ie arriveer!

Max'ie... die maroen matrix.
Na weke se gewag vir die tjorrietjie,het ons vir Maxie uiteindelik gekry!
Hier onder staan Max'ie by die groot boet. Die Gallopertjie.
Dit is hoe Max'ie se binneste lyk. Blink en ruik nog nuut...
Een goeie ding van die laaaang wag.. is dat ons die nuwe shape gekry, Hulle het die tjor so bietjie 'n face lift gegee.
En dan net 'n bietjie van 'n bummer, - hulle het die 1600 eers gekry en weet nie wanneer die 1800 gaan in kom nie. En jul weet mos ons vroue wou 'n ding al 6weke terug gehad het....
Maar dis nie die einde van die wereld nie, mens kan amper nie eers die verskil agter kom nie.
Nou moet ons net vir Max'ie inloop dan kan ons die woestynpaaie plat ry.

Thursday, August 14, 2008

Krispy lekkerrrrr.



Jul moet glo..., as ons se: die is nie om jul in die versoeking te ly nie, maar julle net so 'n bietjie te vertel van die lekker happies wat ons so nou en dan vat. Da is min dinge so lekker soos n vars doughnut.

Die, hierbo is die ingang van die Khalidiyah mall, waar ons die lekker happies koop. Nou weet ons hoekom dit so lekker warm is, want da is 2 sonne hier by ons.



Mens kan nie dink Krispy Kreme Doughnut het al sy deure oopgemaak op 13 Julie 1937




Daar is n groot verskeidenheid om van te kies. Ons probeer om elke keer n ander geur te proe, om so deur al die geure te gaan. Hier bo het ons die arbei kaaskoek, Chocolate hazelnut en die gewone glazed doughnut.Swhhhhh....humm... jumm! WARM chocolate drup soet lekker sag oor jou mond by jou keel af tot in jou maag.
Die maak proses word voor jou oe gedoen


Die keuse is moeilik om te maak, want daar is so baie om van te kies.
Gebruik maar ...ienie- mienie- maainie- mou.........
ek probeer die keer vir jou!

Wednesday, August 13, 2008





"Happy Birthday"

means much more

Than have a happy day.

Within these words lie lots of things

I never get to say.
It means I love you first of all,

Then thanks for all you do.

It means you mean a lot to me,

And that I'm proud of you.
But most of all, I guess it means

That I am thinking of

Your happiness on this, your day,

With pleasure and with love.

Mag jou beker oorloop die nuwe jaar wat ons Vader by jou lewe toe gevoeg het.

En mag dit vol liefde, vreugde en gesondheid wees!!

Ons is baie lief vir jou!

Geniet jou dag!

mwa!!