Monday, August 24, 2009

Niks soos die Bosveld nie.


Vir die van julle wat ons blog gereeld volg, en dalk gewonder het wat van ons geword het.
Ons hou bietjie vakansie in Suid Afrika.

Glo my ons geniet dit, nie net omdat ons lekker kuier met die familie en ons geliefdes nie, maar omdat ons heerlike weer het, en nie so uitbraai nie. Dit raak wel koel en vars in die aand maar deur die dag is dit heerlik.

Hier braai ons lekker vleis op 'n hardekoolhout vuur.

En die lekker is ons kan eet wanneer ons wil. Ramadan raak ons nie die jaar soos verlede jaar toe ons saam met die res van ons 'nuwe' land deur die dag moes vas nie. Dit is nou wel net in die publieke plekke van toepassing, maar nogtans impakteer dit hewig op 'n mens se daaglikse wandel. Man, daar is darm min dinge so lekker soos braaivleis in die bosveld....

Friday, August 14, 2009

Somer is vir die huis...

Ai, die somer of sal ek se die hitte van ons stad...
Ons kan nie regtig kla nie, want in die huis is die tempratuur heel aangenaam en weet ons nie werklik van die hitte buite nie. ( soms voel dit asof mens in 'n bubbel leef) Maar die moeilikheid kom wanneer ons kleinman buite wil gaan speel en ons vir hom moet verduidelik dat daar nie eintlik 'n manier is om uit te gaan nie.

Gelukkig help vandag se tegnologie mens so nou en dan bietjie uit. Want met die games wat mens deesdae kan koop is daar regtig iets vir almal en alles. Ons het 'n paar opvoedkundige 'games' gekry en dit help om vir boeta te laat vergeet van buite en hou hom bietjie besig in die huis , en terselfde tyd oefen hy sommer sy hand-oog- koordinasie en stimuleer sy breintjie.

Maar wat nou eintlik hierdie hele storie so 'priceless' maak is die feit dat Furby by haar basie wil le, maak nie saak waarmee hy besig is nie, en hoe opgewonde hy ook al raak met die remote in sy handjies nie. Sy le om te le! Dan sal sy hom so nou en dan nog 'n ou vryfie op sy gesiggie ook gee met haar ou gemmer pootjie, net om vir hom te se ,-mooi so 'buddy'!

Die twee darm.
Hulle is te oulik saam. Wanneer sy speel ook... sal sy hom met haar poot kap maar sonder haar naels uit, maar wanneer sy met ons speel kap sy ons soms dat die bloed loop. En sy en boeta is die oulikste twee maatjies.
So, alhoewel ons vir tydelik 'n oplossing gekry het vir die -nie buite gaan speel nie, hoop ek regtig van harte dat hierdie somer nou gou verby sal gaan, alhoewel dit maar eintlik net wishfull thinking is. :-)

Thursday, August 13, 2009


I Celebrate You
On your birthday,
I celebrate you!
On your special day,
I’m thinking of all the wonderful things you are
that bring so much joy to others,including me!
I celebrate your unconquerable spirit,
that lets you meet every challenge
with confidence, enthusiasm and persistence.
I admire your sensitivity.
You see needs that cry out to be met
that no one else sees,
and you meet them,
out of your deep and caring heart,
out of your wisdom,
out of your strength.
I treasure your uniqueness;
There is no one else like you,
and I feel blessed to know
such an extraordinary person.
I appreciate you, respect you,
cherish you, look up to you.
Happy, happy birthday!
May each new birthday
be the best one ever for you;
You deserve it!
By Joanna Fuchs

Mag jy werklikwaar 'n wonderlike jaar vol van wonderwerke ervaar ,en mag jy genesing in alle fasette ontvang.

Mag jou beker oorloop van liefde, vreugde en ontelbare geluk! En mag jy elke dag die aanraaking van ons Vader in jou lewe beleef!

Baie lief vir jou en geniet jou verjaarsdag!

(ons kom vier dit vlgde week saam jou)