Monday, February 22, 2010

'n Aand vol opwinding en pret

Ons kleinman het nou die dag verjaar, maar ons het nie 'n groot ding daarvan gemaak nie, omdat ons sy verjaarsdag partytjie in SA gaan hou saam met ouma en oupa, en natuurlik al die niggies en nefies, maar met die spesiale dag kon ons nie net die dag laat verby gegaan het nie. Ons het vir die verjaarsdag outjie gevra waarna toe hy vir die middag wil gaan? Natuurlik was sy antwoord Khalifa Park, die rede hoekom hy die meeste van die park hou is omdat die trein daar is en natuurlik die groot speel park!
Ons het vroeg die oggend vir hom al sy geskenkies wat ons vir hom gekry het in die middel van die sitkamer vloer gepak, en ek het sommer gou cupcakes aanmekaar geslaan en toe die verjaarsdag maatjie opstaan toe is alles vir hom reg.

Jip, hy kon sy klein ogies nie glo nie, en na die groot oomblik verby was het hy ingespring en al sy geskenkies so gou as moontlik oopgeskeer. En nou moet ek byvoeg daar is darm niks so oulik en kosbaar soos 'n klein kindjie wat met groot afwagting en opgewondenheid geskenkies oop maak nie. Natuurlik nadat alles oopgemaak is moes die Dad alles fix, deur batterye in te sit, en die fiets hoed die regte grote te kry, en al die dinge wat klein opgewonde handjies nie kan doen nie. Nadat alles 'gefix' was, was daar gou tyd om 'n cupcake te proe en die lekker af te lek, en toe moes daar op die nuwe yster perd gery word.
Die man op sy nuwe blou fiets. Hy het so gerek dat ons nie meer die vorige een se saal kon hoer maak nie.

Laat middag was ons toe bietjie Khalifa Park toe.
Toe ons daar kom, kry ons toe 'n verassing. Daar is toe 'n groot event aan wat deur die stadsraad gereel is.

Ons is toe net betyds vir die eerste openings program...

Fiefie, is die blou blommetjie se naam, en sy het saam met haar maatjies gedans en spring en alhoewel ons nie kan verstaan wat daar gese word nie, kon ons afly dat hulle 'n ietsie vir die kinders geleer het.

Daarna was dit tyd vir 'n vuur vertoning.
Die mense ken hulle storie moet ek byvoeg.
Daar was 3 girlies, wat met allerhande voorwerpe wat aan die brand gesteek was gedans het, en moet ek byvoeg hulle is so soepel soos ' n hoepel - ha ha ha!!
Nee regtig hulle is baie goed met daardie regte vuur in hulle hande.
Dan saam met die verskillende voorwerpe, en snaakse dinge in hul hande wat vol brandende vlamme is het hulle die mooiste uitrustings aan gehad, en dit alles saam het mekaar baie goed gekomplimenteer.

Toe was daar hierdie man, wat die vuur meters in die lug in spoeg, en in die agter grond die lelikste wat ookal hulle hul self noem gedans ook met vuur in hul hande.
Ek moet se dit is nogal baie indrukwekkend dat hulle op daardie hoe stokkies so rof rond kan beweeg en dit nogal met hoogs vlambare vuur in hul hande.
Daarna het hulle die man'n hok gegee, of wat ookal mens hierdie vierkantige storie kan noem. Dit aan die brand gesteek, en daarmee het hy ook allerhande dinge gedoen deur dit geklim oor sy kop geswaai en allerhande funny dinge.


Hierdie ietermago, met sy baie hande wat nie veel beteken nie, het ook met die snaakste dinge die snaakste toertjies gedoen.
Kyk een ding is verseker hierdie manne en dames ken hulle storie en ek glo ook dat behalwe dit 'n talent mag wees moes hulle nogsteeds baie hard daarvoor geoefen het.
En al wat ek kan se is wel gedaan, want dit was iets besonders om te sien en almal het dit geniet oud en jonk.
Na die vertonig was daar 'n rukkie vir speel! En het hierdie liefste ding van ons homself geniet, hy het behoorlik sy 'g-o' uit gespeel.

Ons was die aand daarna weer, daar om na die ander vertonings te kyk - die wat ons gemis het omdat ons bietjie laat was en nie van die event geweet het nie.
Deel dit later met julle.