Tuesday, December 22, 2009

Dit is als deel van Karakterbou.

Die dag na die troue, het ons bietjie by vriende in die Kaap gaan kuier, hulle bly in die Strand. Dit was ons eerste keer in daardie deel van die Kaap, maar mense dit is 'n mooi plek, nou weet ek hoekom mense so mal is oor die Kaap, dit is regtig pragtig, al waai die wind die meeste van die tyd daar....
Ons het nie werklik rondgery nie, want ons het gegaan om vir ons vriende te kuier wat ons so lanklaas gesien het, en die dag toe Andre ons so bietjie wou rond ry en rond gaan wys het, het ons ou engelkindjie siek begin voel.
Maar ons sal verseker volgende keer bietjie meer van die mooi gaan kyk.

Een van die redes hoekom ons gaan kuier het is omdat Betsie en Andre 'n nuwe kleinding gekry het, Danielle. En hierdie tannie moes eers bietjie gaan pop speel het.
Ag en ek dink dit is die pragtigste ou dingetjie, so baie haartjies, en sy is so klein, maar laat ek vir julle se sy is so stil mens weet nie eers van haar nie, - behalwe as daar nou natuurlik 'n wind is wat druk.
Laat ek julle se hierdie klein sussie, se 2 groot sussies en klein boet is mal oor haar, en mens kan sommer sien hulle gaan hierdie klein sussie van hulle nog baie bederf, en toe gooi met al die baie liefde!
Ai toggie, en toe ons terug vlieg, raak ons seuntjie op die lughawe siek, met die lelike maag bug wat sommige van julle in SA nou al gehad het. Gelukkig so by die ongeluk, kom dit toe net eers bo uit, en ons gaan deur 3 spur sakke, en 12 vliegtuig sakkies, ( julle weet wat ek bedoel), en ek sien hier voor my oe hoe my seunie verswak en dehidreer, en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie, want hulle het niks op die vliegtuig behalwe vir ponado's nie en dit ook net vir volwassenes.... (terloops dit is 'n S.A.L vlug gewees...)
Minute voel soos ure, en die 2 ure vlug voel soos 'n 8 ure vlug na die UAE toe. Uiteindelik is ons naby, maar oe wee - daar breek 'n storm uit en ons vlieg die storm gemoed, en nadat ons baie turbulensies gehad het, se die kaptein, mense ek gaan net een keer probeer land, en as dit onsuksesvol is moet ons Durban toe vlieg vir brandstof, en daar bars my traan sakkies en ek huil soos 'n baba- nie oor die storm nie, maar oor my baba wat nie lekker is nie. Dit is nou nadat ons verskeie kere in "holding patterns" geplaas is, en ons verskeie kere nie by die aanloopbaan kon uitkom nie, weens die storm. Ek besluit toe om baie hard te bid, en Prys die Here, hulle kry 'n gat in die storm soos hulle dit noem en ons kon toe land....Ek moet se dit was 'n uiters goeie landing, gegewe die omstandighede, so wel gedaan aan die vlieeniers.
Ai dit was baie aaklig, maar dankie tog ons kon by 'n apteek uitkom en goed kry wat ons seuna ophelp, en 'n lekker rus by ouma se huis.
Die volgende dag is boeta op en aan die gang, nie heeltemal wat hy moet wees nie maar hyt darm weer krag vir speel, en glo my dit kan hy goed doen met sy oupa.
Terwyl hulle so lekker gespeel het het mamma en pappa siek en plat in die bed gele met dieselfde gogga, maar die ergste was net vir 'n dag lank of so het ons aangeneem.
Ons het ons kers ete met 'n dag uitgestel omdat ons so goor was en glad nie kos se reuk kon verdra nie. En die volgende dag toe reel ons die kers ete want toe kon die kinders nie meer vir kersvader wag nie.
Ek moes toe vroeg inspring om die eetgoed te maak, want ma kon nie help nie want toe was dit haar beurt om siek te wees, en natuurlik Jay ook.
So die gevolg was dat my pa en my man maar moes inspring en my help met die maak van die kossies, en Rita en Andre het die vleis gaar gemaak want toe besluit die oond hy is ook af en siek en wil nie verder werk nie....
Maar ons het 'n sukses van dit gemaak en almal kon hul magies vol eet.
Na die ete, het kersvader sy verskyning gemaak, en glo my die kindertjies was verby opgewonde, wat lekker is, is dat hulle almal nou op 'n ouderdom is dat hulle nie meer bang is vir die man in die rooi klere nie.
Ou Wynand was sommer ons man van die uur.
En hy was te oulik met die kleingoed.
Toe is dit geskenkie tyd.
Daar is niks so mooi soos 'n kind met afwagting in hul gesiggies nie.

Selfs Zante het haar eerste geskenkie by kersvader gekry.
(nogal van Abu-Dhabi af as ek mag byvoeg :-)

En na die geskenke uitdeel was daar tyd vir 'n drukkie of 2, selfs Rita het 'n ou stywe druk van kersvader (haar boetie) gekry.

Nou hierdie moet eintlik 'n gesensorde kiekkie wees, maar met toestemming van die man homself het ek hom geplaas, Kersvader se broek het geskeur... en dit was 'n groot grap vir die mammas en pappas wat dit gesien het.
(Gelukkig is sy 'undies' skoon en nie vol gaatjies nie-lol!!)


Na al die lekker lag het ons lekker gekuier en die kindertjies het lekker met hul nuwe goedjies gespeel.

Ag siestog, tot ons fotograaf was buite aksie, maar hyt darm so nou en dan uit sy kwarentyn kamertjie uitgekom om 'n foto of 2 te kom neem

En hier was die siekeboeg, mamsie was so pap, maar gelukkig het kersvader ook vir haar ietsie gebring.

En die volgende dag toe ons ons oe oop maak, toe is my seuntjie weer siek, Ons besluit om hom dokter toe te vat, die dokter gee toe vir ons baie goor nuus en se dat seuna heeltemal gedehidreer is, en dat hy 'n drup moet kry, ons se toe dat ons die volgende dag moet vlieg.
Ai tog, en so gebeur dit toe dat ons in die hospitaal oornag.
Om alles te kroon, moes ons 12 uur op die volgende dag op die lughawe wees en seuna was eers 10:30 ontslaan.
Maar ons was betyds, vir ons vlug en die dokter het vir ons goedjies gegee wat ons deur die vlug kon dra, en dat dit nie soos die vorige vlug moet wees nie.
Dankie tog daarvoor!!
Ons is gelukkig nou veilig tuis, Boeta nog nie lekker en gesond nie, maar glo dat hy gou beter gaan voel.
Ek moet se, dit mag klink asof ons 'n baie goor kuiertyd gehad het, en ja dit is nie lekker om kuiertyd in die hospitaal deur te bring nie, maar ons het wel die res van die kueir baie geniet.
( jammer vir die nuwe "word verification" by die comment's, maar ek het bietjie spam gekry en wil dit probeer stopsit. So jammer vir die ongerief as julle comment)

Friday, December 18, 2009

S.A. kuiertjie vir die troue.

Shoe ek weet ek het lanklaas geblog,
Maar ons is terug in Abu Dhabi, en alles is weer op hul plekkies en ek is reg om weer alles te hervat....
Ons het weer 'n draaitjie is Suid Afrika gaan maak want my klein boet het getrou, en hulle het ons kleinman gevra om hulle hofknapie te wees.
Ons het die sondag oggend geland in SA en daardie selfde middag het ons die re-hersal van die troue gehad. Nou ja, met min slaap vir ons 3 doen ons dit in die naam van liefde.

Met die wat ons seuna laat oefen het om te loop, en verduidelik hoe om die ring vir hulle deur die kerk te vat, gee ek en een van my ouer boeties vir hom ons trou ringe, en daar gebeur die ondenkbare.... Seuna besluit om die ringe in die lug op te gooi! En daar verloor hy Ockie se ring !! (en myne ook, maar - gou kry ons myne)
O, koek, hoe kan dit nou gebeur?
Wel ons het na daardie ringetjie gesoek in daardie Safari se tuin, en na 40 minute se om en om loop en op die gras rond kruip en sommer baie bid ook, het ons dit uiteindelik gekry.
Soos gewoonlik maak nie saak watse stresvolle sitsuasie mens beleef het nie - het Ockie altyd tyd vir 'n grappie of 'n mr. Funny te speel. Hier het hy net sy trou skoene vir die groot dag gekry, om bietjie in te loop voor die groot dag, en dit is hoe hy dit aan ons demonstreer.....


Na die vreeslike drama van die vorige dag, het ons na 'n ATKV oord toe gegaan en vir die res van die week daar gaan rus en kuier.
Ons het die keer vir Rita, Andre en Rein uitgenooi om bietjie saam ons te kom kuier. En ons het werklik lekker saam gekuier.

Die 2 nefies het vreeslik lekker saam gekuier, hulle kon nie vroeg genoeg in die oggend opstaan om te gaan swem nie.

Hierdie 2 seuntjies het hulle harte uitgespeel, hulle het nie meer asem oorgehad in die aand nie, maar glo my hulle wou niks weet van slaap nie, hulle het dit uitgehou en deur gesit tot die mammas gese het genoeg is genoeg, nou is dit slaaptyd...

En hierdie is mos nou 'n outjie met houding. Die vorige keer wat ons hier in SA was, het hierdie seuna van ons darm maar 'n klomp plase gekoop, Maar die keer was hy voorbereid daarvoor, en het hy seker gemaak dat hy nie weer seer kry nie.

En hier demonstreer hy vir ons hoe vinnig mens nou kan ry wanneer die belangrike dele van jou lyfie toe is.
Hier kan mens sien die klein seunie is opgespeel. Daardie ogies wil net toeval, maar hy is te bang dat hy minute saam met sy neefie gaan mis.
Lekker op die waterwurm!! Mog net 1 keer pappa.....

En toe die groot troue, die een waarvoor ons nou al jare lank wag.

Dit was by Safari kwekery in Pta gehou, en dit was 'n absolute mooi dag en 'setting'.

Ek was nogal bekommerd oor die kosbare ringe wat my ou rowwe seuntjie moes indra, veral wat die vorige week met die oefenig daarvan gebeur het, maar die outjie het hom so mooi gedra, en hy het soos 'n groot meneer geloop en vir oom Dewald die ringe gevat.

Kyk die man het sy taak heel ernstig opgeneem. Ons het hom vertel dat hy die belangrikste man van die troue is, want sonder daardie ringe kan die 2 nie trou nie. So hy het dit so gesien en hom soos 'n baas gedra, reken hy.

Dit is die mooiste klein kapel, maar manne ek het amper gedink dat ons by die huis was, want dit was nogal baie warm gewees. - Gelukkig kon ek by 'n venstertjie sit met die heerlikste trek daardeur.

Na die seremonie, was daar lekker party gehou. Die belangrike man het gedans en hy het daardie lyf van hom geswaai - die mense het tot na ons toe gekom en vir hom gevra watse dans lesse hy neem. En nou moet ek by se, ons is nou glad nie dansers nie, want ek het 2 regter voete as dit daarby kom.
Wynand Strydom en Cherese was daar en hulle het ons vermaak met hul pragtige musiek.
Hierdie is die 2 blomme meisies, het hulle nie te pragtig gelyk met hulle krul haartjies nie. Die een regs is Dine -my boetie Ockie se dogtertjie en die ander een is Kimberley.

Hier word die heerlike koek gesny.....

Die bruid en bruidegom ( Dewald en Ilonka) saam met die beste manne - Ook almal my boeties,
voor Regs Gerrie, middel Ockie, en links Jay..

Die pragtige ring...Looka(Ilonka) het van die diamante by haar ouma gekry en van die ander by haar ma, en toe het hulle die ring ontwerp.
-Pragtig ne-

Baie geluk Dewald en Ilonka!! Weet julle sal vir baie jare gelukkig saam wees.
(Ek het nou nie die mooi kiekkies geneem nie, want ons was eintlik nie veronderstel om te geneem het nie, maar ekt darm vir hierdie paartjies toestemming gekry. Ons sal wanneer hulle hul kiekkies kry en hul 'n paar aanstuur na my vir julle die res wys.)