Monday, July 5, 2010

Die Einde van 'n hoofstuk.

Net nou die dag het ek geblog oor my kleinman wat vir die eerste keer moes skool toe gaan, nie omdat ek wou nie maar omdat hy moes.
Ons het gedink dat dit vir hom 'n goeie hupstoot op die engelse taal sou gee omdat hy in september skoolpligtend is. Wel dit het hom darm gehelp en hy praat al so mooi engels maar die belangrikste - hy verstaan en dit los ons as ouers met 'n geruste hart wat dit aanbetref.

Hier sit hy by miss Vivian en miss Amy.

Vivian was sy juffrou, en Amy die assistent juffrou. Hulle was nogal baie erg oor die blondekop seuntjie in hulle klas, want aan die begin het hy vir hulle 'n harde tyd gegee. Harde tyd in die sin van, wanneer hulle vir die kinders iets laat doen of opdrag gee, dan was hy voor die ander maatjies klaar en dan kon hy nie so lank wag en stil sit tot almal klaar was nie, en met dit het hy begin rond loop en spring en die tipe dinge wat 'n energieke seuntjie doen, wanneer hy verveeld raak. Tot ek eendag by die skool kom en vir hulle vra hoe dit gaan en hulle se vir my hy is baie 'hyper' -Shoe ek was baie omgekrap, want my kind eet nie goed wat hom 'hyper' moet maak nie. En ek weet dat hy 'n baie "inquisitive" seuntjie is, maar nie 'hyper' nie.

Toe kom ek agter dat die probleem is hy doen sy werk vinnig klaar en dan raak hy verveeld deur te lank te moet wag vir sy maatjies om klaar te maak. Toe reel ek met Vivian om vir hom 2 opdragte te gee in die plek van een, of laat hy net aanhou inkleur of teken terwyl die ander besig is. En Whala!! daar is die 'hyper' probleem opgelos!

Hier is die res van sy klasmaats, ek gaan nie eers probeer om al hulle name te noem nie.
Nou is ons reg vir die volgende hoofstuk in ons klein asempie se lewe.
Hy het plek gekry in die Amerikaanse internationale skool, en hy begin in September sy groot skool loopbaan.
Mamma se hart nog baie seer daaroor want hy hoort nog by my, maar hy is gereed daarvoor, en dit sou een of ander tyd gebeur het. Hier in die UAE moet kinders afhangend van hulle kirrikulum, op 3 of 4 jaar skool toe gaan, bietjie vroeer as wat in party ander lande die geval is.
So al wat ek vir my asempie kan se is ...
Gaan en wees geseend tot eer van God in Jesus Naam!