Vivian was sy juffrou, en Amy die assistent juffrou. Hulle was nogal baie erg oor die blondekop seuntjie in hulle klas, want aan die begin het hy vir hulle 'n harde tyd gegee. Harde tyd in die sin van, wanneer hulle vir die kinders iets laat doen of opdrag gee, dan was hy voor die ander maatjies klaar en dan kon hy nie so lank wag en stil sit tot almal klaar was nie, en met dit het hy begin rond loop en spring en die tipe dinge wat 'n energieke seuntjie doen, wanneer hy verveeld raak. Tot ek eendag by die skool kom en vir hulle vra hoe dit gaan en hulle se vir my hy is baie 'hyper' -Shoe ek was baie omgekrap, want my kind eet nie goed wat hom 'hyper' moet maak nie. En ek weet dat hy 'n baie "inquisitive" seuntjie is, maar nie 'hyper' nie.
Toe kom ek agter dat die probleem is hy doen sy werk vinnig klaar en dan raak hy verveeld deur te lank te moet wag vir sy maatjies om klaar te maak. Toe reel ek met Vivian om vir hom 2 opdragte te gee in die plek van een, of laat hy net aanhou inkleur of teken terwyl die ander besig is. En Whala!! daar is die 'hyper' probleem opgelos!
6 comments:
Ai Mariette, dis maar 'n moeilike storie vir ons ma's maar julle gaan nog baie trots op julle slim, klein seuntjie wees!!
Baie dankie Thea.
Ja jong dit is maar deel van groot word vir ons almal. Maar soms is die pas waarmee dit gebeur net te gou.
Lekker week vir jou.
Liefies.
Ek verstaan so goed hoe jy voel Mariette... daar is elke kort kort so nuwe mylpaal. Mag elke nuwe pylvlak so maklik en met dubbel insette afloop vir hom. :-)
Ai hulle word so gou groot en voor jy jou oe uit veer is dit tyd vir hulle om vlerke te sprei, natuurlik nie goed vir die moederhart nie....
Ek is bly julle het die 'hyper" probleem so konstruktief opgelos. Ek is seker hy gaan groot skool baie geniet! Sterkte met die nuwe fase in julle lewe!
Dankie Charmaine! Dit is vreeslik lekker om te sien hoe mens se kind groei en ontwikkel.
Oeeee, Cicile ek sal vir eers dit net 'n tree op 'n slag vat en bid dat ons Vader vir my extra sterk sal maak vir daardie dag, want vir nou is ek nog laaaank nie reg daarvoor nie. ha ha ha!!!
Dankie Miekie
Glo hy sal dit geniet.
Lekker week vir julle almal.
Post a Comment