Thursday, June 17, 2010

'n Welverdiende rus na die Comrades

Ons was weereens geseend om weer kuier mense by ons te kon ontvang.
My 2 boeties het kom kuier. Gerhard het 'n breuk gevat na die lang en harde Comrades wat hy gehardloop het van Pietermaritzburg na Durban.
So toe het hy se bene en baie moee lyf hier kom rus, (hy het terloops 45 min voor afsny tyd klaar gemaak, en ons is baie trots op hom want hy het onlangs besluit om dit aan te pak en baie hard geoefen daarvoor). Vir 'n eerste keer is dit wel gedaan ou boet!
Met die hitte wat aangebreuk het, het ons besluit om bietjie na die waterpark in Um Al Quwain te gaan, en bietjie vir die dag in die water te gaan baljaar en 'afkoel' (as jy dit so kan noem).

Gerrie het dit baie geniet, hy is nie regtig 'n water mens nie, maar met hierdie hitte is daar seker min mense wat nie bietjie die water opsoek nie. Alhoewel die water redelik warm is het daar 'n windjie van die see se kant af gewaai wat die dag en die hitte heel aanvaarbaar gemaak het.

Nou Gerrie is nou nie 'n andrenalien jagter soos van my ander boeties nie, hy is meer van 'n digter en rustige filosoof, maar groot was my verbasig toe ek sien dat hy hierdie 'ride' aangepak het, en dit geniet het! Dit lyk na 'n gewone ride, maar wanneer jy aan die onderkant van die tregter uitgespoeg word, draai die water so verwoed -amper soos 'n twister in die ronte, dat jy jou storie en swem goed moet ken om daar uit te kom. En daar doen Gerrie dit.


Daarna was hulle almal op die groot tubes, wat soos 'n river raft is, en ja julle sien reg my klein man doen dit saam met die groot manne, want anders as sy oom is hy nou een van daai wat groei en blom op andrenalien.
Jay my ander boetie hou vas met alles wat hy in hom het, want hy het net noudie dag 'n groot oor operasie gehad, en met dit mag sy oor nie water in kry en nat word nie en natuurlik ook nie baie stampe kry nie- maar hoe kan mens nou so 'n ride nie ry nie, dit is mos nou alles deel van die lekker.
Gelukkig het sy kop droog uitgekom en hy het darm nie teveel geskud nie.

Nadat hulle al die lekker woeste dinge gery het het 'n groot deel van hul energie verbrand het, het hulle saam met my in die groot jacuzzi kom sit en net die res van die dag rustig in die lekker koel water kom geniet. Want hierdie groot swembad/jacuzzi het 'n lekker skadutent vir 'n dak op, en as gevolg daarvan is die water heel koeler as die res van die swembaddens sin, en 'n bonus jy hoef nie in die son te wees nie, en sodoende kan jy lekker swem en jou vel word bietjie gespaar teen die kwaai son.

Natuurlik kan 'n dadda nie teveel rus nie, en gou gou is daar vir hom gevra om saam met seuna te gaan speel in sy deel van die water park. - Hy het dit so geniet,- ek het soms gewonder wanneer daardie energie gaan opraak, maar dit het hom regdeur die dag gehou en het eers in die motor op pad huistoe 'n uiltjie geknip.

Op pad huistoe sien ons die silhoeete van die kamele op die sandduine. Mens moet mooi kyk om hulle raak te sien, met die deinserigheid en humiditeit wat begin instroom van die see se kant af. Dit is ook heel opmerklik dat daar heelwat meer plantegroei in daai deel van die woestyn is as hier by ons in Abu Dhabi, waar daar wraggies omtrent net sand is in die woetstyn gedeelte.
En so het nog 'n kuiertjie verby gevlieg, was lekker om julle hier te kon he!

9 comments:

Jan and Miekie said...

Dit lyk na 'n baie lekker plek! Sterkte met die hitte!
Ek moet nou gaan kos maak - met 'n serp om my nek en met 'n dik baadjie aan... Die kaggel brand in die slaapkamer, maar nog steeds bibber ons.

Thea said...

Ek hou van jou blog se nuwe look!!

Hierdie waterpark foto's lyk altyd só lekker. So 'n dag vol pret en baie lag laat mens mos sommer jare jonger voel! :-)

Cecile said...

Ai jong ons het hier na Natal toe gekom, maar ons was heel deur mekaar met al die doen en late van die welerd sokker beker en het gedink die Comrads is nog steed op jeug dag en wou dit kom kyk het, maar nou ja die Wold Cup het alles oor heers, tot die pryse van ons vankansie gangers. Dit is altyd lekker om familie te onthaal hoop julle het dit geniet.

Groete Cecile....

Sandra said...

Geniet julle kuiermense!

Mariette. said...

Ai Miekie- Ek kry julle regtig jammer met die koue, Dit is baie warm hier, maar tenminste kan ons gemaklik wees in ons huis en gemaklik kos maak, want ek weet om kos te maak as jou hande ysblokke is en jy soos 'n sneeu man aangetrek is, is dit onaangenaam en ongemaklik. - Sterkte met die koue en hou julself gesond hoor.

Dankie Thea, Ja daar is min goed wat mens so goed laat voel na 'n lekker dag se lag en pret...

Jong Cecile- Ek is net so ongelukkig oor die veranderinge en oorheersing wat die sokker gebring het,Dit het self vir ons geraak.Ons praat die week met 'n winkel eienaar hier by ons, -Hy reken gewoonlik is hierdie sy beste maand van die jaar omdat almal gou goedjies koop voor hulle vir die somer vakansie weg gaan, maar die jaar doen hy so sleg, want almal kyk sokker en dan kom hulle nie by die winkels uit nie. ... Maar die einde is om die draai of hoe?

Dankie Sandra, ons het baie lekker gekuier.

Lekker week vir julle
Groetetjies.

MA ADRI said...

JA MY SKATTE DIT WAS VIR HUL N SKOK VIR HUL LYWE OM IN N YSKAS IN TE LOOP.JACO SE NEUSIE PERMANENT TOE MET SY KOMBERSIE OM SY LYFIE. MAAR JA DIT WAS VIR GERRIE N BELEWENIS!HOE DAN ANDERS BY SO LIEFLIKE PLEK VAN MELK EN HEUNING!MAAR ONS HARTE WARM AL IS DIT SO BITTER KOUD MET GENADE ONBESKRYFLIK GROOT.TE VEEL MENSE VERKLUIM AMPER. SO JA, LIEFDE EN GENIET JOU LEWE BAIE. LIEFDE EN VERLANGE.

jatie said...

hi ja kan nie dink die tyd het so gou gevlieg, alhoewel die net n paar daggies vas. Was dit soos altyd baie lekker. nou tel ons die slaapies af wanneer jul kom.Wag maar tot die ergste koue verby is! Verlang jul. Liefde tot later
Jatie.

rita said...

Ag dit lyk te lekker, moet se die boeties is bevoorreg om so 'n boetie en sussie te mag he wat so lekker bederf. Dit is kosbare tye wat mens altyd gaan onthou. Ek hou ook van die blik en daai "walk by faith not by sight" is vir my pragtig. Liefde hoor. Mwa

Charmaine said...

Julle is baie braaf om die hitte so mak te laat lyk:-) Kan amper nie glo daar is nog iewers water wat koeler is nie. Julle is baie goeie gashere. En dis altyd so lekker om bederf te word met kuiers van die huis af ne?