Tuesday, June 1, 2010

Wanneer die son sak....



Kyk ons somer is nou hier. Mens kan nie regtig meer te veel dinge buite doen deur die dag nie, want dit is regtig te warm! En as mens nie wil duk kop voel nie, en ook nie graag wil brand in die son nie, bly jy maar weg van buite aktiwiteite af.

So die enigste manier om vars lug in te kry vir die liggaam en siel is maar om van die aktiwiteite te doen as dit donker raak, nou se ek ook nie dat dit dan koeler is nie, nee- sommige aande is dit amper warmer as deur die dag veral met die humiditeit, maar mens kan die kans vat en 'n ietsie doen.
Ons het soos oudergewoonte weer by ons 'krappiestrand' gaan braai.

Ou Flattie het weer kom kuier, saam met 'n vriendin van haar wat ook bietjie wou kom kyk hoe die sandland lyk.


So met 'n lekker boereworsie op die kole het ons onder die maanlig langs die see gebraai en die heerlike briesie wat so nou en dan gewaai het geniet.



Terwyl Flattie en seuna sandkastele bou, het Hannetjie besluit om haar voete bietjie in die water te gaan afkoel, nie dat mens regtig meer kan afkoel in die water nie, wat dit self is al lekker warm,op die oomblik so amper 29 grade, maar sy wou ook maar nie te diep ingegaan het nie want in die aand is die vlak water vol blou krappe, en was sy toe maar heel versigtig vir die knyperige see diertjies...


Die volgende aand het ons so bietjie na die stad toe gegaan en so bietjie daar op die hoofstrand 'n heerlike koel koeldrank gaan drink met 'n ietsie ligs te ete. Maar mens kan sien hierdie ou Flattie is regtig 'flat' van die hitte, en selfs die koeldrank is nie genoeg om haar af te koel nie.

En die laaste aand van die kuier moes ons vir Hannietjie die Burj Khalifa met sy pragtige musiek fontein gaan wys het. Ons moes maar stadig loop met die tannies, want met die lugdruk en die humuditeit was dit vir hulle 'n uitdaging. Halfpad daarnatoe het ons eers 'n russie gevat, want die geswelde voetjies wou nie meer nie, en Flats sit toe bietjie onder hierdie pragtige beligte palmboom.




Hierdie liggies en die pragtig sagte atmosfeer wat hiergeskep word laat mens maar altyd voel asof jy op vakansie is, en maak dat mens sommer vergeet van alles en laat dit jou net met 'n rustige gevoel.

En wanneer die musiek en die waterdans begin, raak selfs 'n klein besige rakkertjie stil om hierdie mooi eers te waardeur.




Dankie Flattie en Hannetjie vir 'n lekker kuiertjie al was dit 'n kort een. Ons het dit baie geniet.

8 comments:

Cecile said...

Hi jong kon net dink daar is 'n kuire gas want ek hou jou blog gereeld dop en toe ek niks sien toe het ek geweet dit is een of 'n kuier gas, glo julle het dit erg geniet, en kan net glo die weer raak weer onuithoubaar daar by julle. Ek hou gereel dop en hou baie van jou blog.

Greote

Ou en nuwe blogger.

Charmaine said...

Dis warm Mariette ja en ons het nog nie piekniek gehou in Khalifa Park nie. Nou sal ons seker maar 'n paar maande moet wag...en so glip die tyd soos sand deur ons vingers.

Mariette said...

Lol!! Cecile -jy begin my nou al te ken.... Jy is reg ek blog nie wanneer mense hier kuier nie, want ons hou mekaar so besig dat daar regtig nie tyd is nie, en wanneer hulle huis toe gaan neem dit my eers 'n rukkie om weer terug na die normale te gaan....:-)En jy sal my nou nie glo nie maar ons het weer kuiermensies, my ane 2 boeties het gisteraand geland, om ook te kom kuier.... ha ha ha.... Lekker ne!

Dankie dat jy die blog volg en lekker saam kuier.... -Lekker week vir jou.

Ja dit raak nou lekker warm Charmaine, maar ons kan gerus plan maak vir piekniek ons is mos nie bang vir die hitte nie, Ons moet by hierdie einste 'krappie'strand gaan kuier, want dan kan jou 2 hondkinders ook saam kom, en dit is by die water so dit sorg vir 'n heerlike windjie so dan en wan.... Laat weet net wanneer julle reg is dan maak ons 'n plan.
Lekker week vir jou- amper naweek.
liefies...

Charmaine said...

Lekker naweek vir julle ook en reg so, ons sal plan maak. My twee honneseuns wil graag uit die huis kom. Geniet die kuiermense :-)

MA A3 said...

JA ONS KINDERS DIT BLY MAAR N WONDERLIKE ERVAARING EN ONGELOOFLIK MOOI.ONS KAN IN ELKGEVAL NET DROOM VAN DIT.!KAN NIE GLO DIE JAAR HET SO VINNIG VERBY GESNEL EN WAS LAAS JAAR DAAR VIR MY WONDERLIKE 30STE TROUDAG. NOU AL WEER N JAAR VERDER MAAR NET HARDSEER OMDAT DIE OU SOKKER ONS VERHOED HET OM WEER TE GAAN ONTSPAN DAAR

MAAR NOU MOET ONS MAAR DIT OP ONS MANIER PROBEER AANGENAAM MAAK EN DIT OOK ONTHOU.SAL NATUURLIK MY VOORTANDE GEE VIR DIE HITTE.DIE KOUE BREEK N MENS SE DAG AF EN NET MOOI LUS VIR NIKS.MAAR WEER EENS IS DIT SEKER NODIG.

ONS KAN MAAR NET DAGGIES AFTEL WANNEER JUL WEER KOM IN LOER.
LIEF EN MIS JULLE VREESLIK BAIE.!!!

Jan and Miekie said...

Sterkte met die hitte! Kan my dit nie indink nie! Maar dis darem 'n baie mooi, interessante plek en dis lekker om dit deur julle oë te sien. Ek geniet dit ook baie om van julle seuna te lees.

Ani said...

Hi, didn't know how to contact you otherwise, so I had to leave a comment.

Thanks for reading and following my blog, Our Journey to Oz. Due to unforeseen circumstances, I had to move my blog to a new “space”. I’ve changed the name of my blog, but the rest is still the same. Just want to let you know that the new link to my blog is:

http://journeytoanewland.blogspot.com/


Hope you will find the new “space” and keep on reading about our journey to oz.

Keep well
Anilo

Thea said...

Julle kan gerus bietjie van daardie hitte hierdie kant toe stuur. Hier's 'n koue front op die oomblik maar ons trek lekker warm aan en bly in die huis waar ons kan. Geniet die kuier saam met jou boeties!