Showing posts with label flattie en veer.. Show all posts
Showing posts with label flattie en veer.. Show all posts

Tuesday, June 1, 2010

Wanneer die son sak....



Kyk ons somer is nou hier. Mens kan nie regtig meer te veel dinge buite doen deur die dag nie, want dit is regtig te warm! En as mens nie wil duk kop voel nie, en ook nie graag wil brand in die son nie, bly jy maar weg van buite aktiwiteite af.

So die enigste manier om vars lug in te kry vir die liggaam en siel is maar om van die aktiwiteite te doen as dit donker raak, nou se ek ook nie dat dit dan koeler is nie, nee- sommige aande is dit amper warmer as deur die dag veral met die humiditeit, maar mens kan die kans vat en 'n ietsie doen.
Ons het soos oudergewoonte weer by ons 'krappiestrand' gaan braai.

Ou Flattie het weer kom kuier, saam met 'n vriendin van haar wat ook bietjie wou kom kyk hoe die sandland lyk.


So met 'n lekker boereworsie op die kole het ons onder die maanlig langs die see gebraai en die heerlike briesie wat so nou en dan gewaai het geniet.



Terwyl Flattie en seuna sandkastele bou, het Hannetjie besluit om haar voete bietjie in die water te gaan afkoel, nie dat mens regtig meer kan afkoel in die water nie, wat dit self is al lekker warm,op die oomblik so amper 29 grade, maar sy wou ook maar nie te diep ingegaan het nie want in die aand is die vlak water vol blou krappe, en was sy toe maar heel versigtig vir die knyperige see diertjies...


Die volgende aand het ons so bietjie na die stad toe gegaan en so bietjie daar op die hoofstrand 'n heerlike koel koeldrank gaan drink met 'n ietsie ligs te ete. Maar mens kan sien hierdie ou Flattie is regtig 'flat' van die hitte, en selfs die koeldrank is nie genoeg om haar af te koel nie.

En die laaste aand van die kuier moes ons vir Hannietjie die Burj Khalifa met sy pragtige musiek fontein gaan wys het. Ons moes maar stadig loop met die tannies, want met die lugdruk en die humuditeit was dit vir hulle 'n uitdaging. Halfpad daarnatoe het ons eers 'n russie gevat, want die geswelde voetjies wou nie meer nie, en Flats sit toe bietjie onder hierdie pragtige beligte palmboom.




Hierdie liggies en die pragtig sagte atmosfeer wat hiergeskep word laat mens maar altyd voel asof jy op vakansie is, en maak dat mens sommer vergeet van alles en laat dit jou net met 'n rustige gevoel.

En wanneer die musiek en die waterdans begin, raak selfs 'n klein besige rakkertjie stil om hierdie mooi eers te waardeur.




Dankie Flattie en Hannetjie vir 'n lekker kuiertjie al was dit 'n kort een. Ons het dit baie geniet.