Friday, September 19, 2008

Die lente in Ouma se tuin


Mens kan dit nie dink nie maar daar is al twee weke van ons vakansie verby. Die tyd vlieg mos wanneer mens iets geniet. Ons kuier nog by my mams en geniet elke oomblik daarvan, nie eers te praat van ouma wat haar klein sonstraaltjie heeltyd opvreet nie!

Ouma se tyd verdryf wanneer ons nie hier is nie en nie kuier nie is haar tuin. Sy lewe vir haar blommetjies en plante. Ek hoef seker nie by te voeg dat die water rekening hoog hardloop nie want behalwe vir oupa se vis dam, moet hierdie plante elke dag hul water kry met die nodige liefde en praat- want plante groei as jy met hul praat....


Ek Is nou glad nie 'n plant kenner nie so hierdie is vir my pragtige blomme en 'n magdom van kleur en dit is lekker op die oog en vir die siel.
So ek geniet dit vreeslik baie om net daar te gaan sit en na die voeltjies teluister en die geure in te asem.

Met die lente wat hier is, is so te se als in blom, en hoe pragtig tog nie...



Selfs die vetplante blom. En ek moet se die groen kleur in die tuin is so lekker om in tedrink.

Sunday, September 7, 2008

Tot later!

Ons gaan bietjie kuier, vir 7-weke.
Ons gaan ons bes probeer om so nou en dan vir julle 'n ietsie op te sit, hang net af van ons opvangs waar ons oral heen gaan.
So vir nou, groet ons julle met hierdie kleur spel.


Hier sit en eet ons 'n baie 'gesonde' swarma op die bankie, voor die water fontein.

Hierdie is in die stad, voor 'n nuwe eetplekkie wat oop gemaak het.
Ons gaan lekker vakansie hou by al die oorde, vriende en famielie.
Kyk uit vir ons meskien verras ons jul met 'n kuiertjie.
Goed gaan!

Thursday, September 4, 2008

Nagliggie

Met die wat ons so bietjie in Suid Afrika gaan kuier,
het van die familie vir ons gevra om so bietjie video te neem van waar ons bly, en hoe dit om ons lyk in ons omgewing.
So ons het hierdie laaste 2 weke op en af en rond en bond gery, maar nadat ons als op video probeer vasvang het, het ons besef, dat daar niks van die mooi van ons nuwe stad in die aand af geneem is nie, toe klim ons maar in ons Maxie tjorretjie en vat die pad na die stad, om dit wat hy vir ons bied met die bekoorlike liggies te gaan vasvang op beeld.
Ek deel sommer so bietjie daarvan met jull wat graag saam ons hier op die blog kuier, wil net verskonig maak vir die kwalitiet van die fotos want ons het net 'n mik en druk, so die kwaliteit van die fotos is nou nie altyd soos na wense nie....

Hier bo is nou die ingang na die Emirates paleis- die pers lig is nogal asemrowend mooi, met al die ander liggies wat in die agtergrond saam "inblend".

Die pers gedeelte verander van kleur - dit word groen en geel dan weer ligpers na die pers hier bo.

Hierdie is die paleis aan die agterkant, met die water(see) tussen die park en die paleis, daar is maar min dinge in hierdie lewe wat so 'n kalmerende uitwerking op mens het soos die stilte met die water en die maanlig, of in die geval die stadsliggies wat so daarop skyn.

Hierdie is die park langs die corniche af, die groen gras met die mooi bome en struike is baie terapeties vir iemand wat in die woestyn bly, en waar daar net sand om mens is(ons bly in n'n woonbuurt in die woestyn,met die woestyn rondom ons). Daar is selfs katjies wat daar langs die rotse vissies in die see vang. En ons het op die oomblik nie diere nie, en ons mis 'n ou warm diere lyfies.

Die stad in die agtergrond oor die seewater. As daar nou een ding is wat ek van hierdie Arabiere kan se, is dit dat hulle nogal erg is oor familietyd en dat dit nie 'n snaakse ding is wanneer jy pappas met hulle kindertjies sien nie. Hier hou die pappas die kids besig terwyl die 2 mammas 'n entjie verder op 'n kombersie sit en eet en met mekaar skinder....

En dan ons ou Marina Mall in die aand. Die foto praat vir homself so oor die waterfront.

Lekker naweek aan almal!