Friday, September 19, 2008

Die lente in Ouma se tuin


Mens kan dit nie dink nie maar daar is al twee weke van ons vakansie verby. Die tyd vlieg mos wanneer mens iets geniet. Ons kuier nog by my mams en geniet elke oomblik daarvan, nie eers te praat van ouma wat haar klein sonstraaltjie heeltyd opvreet nie!

Ouma se tyd verdryf wanneer ons nie hier is nie en nie kuier nie is haar tuin. Sy lewe vir haar blommetjies en plante. Ek hoef seker nie by te voeg dat die water rekening hoog hardloop nie want behalwe vir oupa se vis dam, moet hierdie plante elke dag hul water kry met die nodige liefde en praat- want plante groei as jy met hul praat....


Ek Is nou glad nie 'n plant kenner nie so hierdie is vir my pragtige blomme en 'n magdom van kleur en dit is lekker op die oog en vir die siel.
So ek geniet dit vreeslik baie om net daar te gaan sit en na die voeltjies teluister en die geure in te asem.

Met die lente wat hier is, is so te se als in blom, en hoe pragtig tog nie...



Selfs die vetplante blom. En ek moet se die groen kleur in die tuin is so lekker om in tedrink.

5 comments:

Muriel said...

Oe!!! Die tuin is pragtig!!

Geniet jou vakansie vlooitjie!

Anonymous said...

Dankie Muriel.

Ons gaan nou lekker begin vakansie hou, gaan bietjie van die ATKV oorde besoek en chill.
groete
x x

Anonymous said...

Geniet julle kuiertjie, SA is soooo mooi op die oomblik

Muriel said...

Wow dis baie lekker, ek hoop die weer word beter!! Geniet!

Charmaine said...

Dis lekker om weer iets van julle te hoor. Ek is gek oor daardie blou blommetjies. Ai ons mis ons tuine hier. Geniet julle vakansie