Thursday, October 2, 2008

'n Kuiertjie by die Dieretuin.

Glo dit of nie maar ons hou nog steeds vakansie, in die sonnige Suid Afrika.

Ons kuier heerlik met almal en by almal.

Maar glo my, ons verlang terug na die ou land van sand want ons dada is daar en die tyd wil nou maar net nie verby gaan nie....


Ons het bietjie in Pretoria dieretuin gaan kuier vir die dag, want ons ou sonstraaltjie is mos nou haai bevange, as hy nou nie met sy treine speel nie. So toe het ons gedink dat ons in die dieretuin 'n haai gaan sien en vir boeta wys,- maar glo dit of nie, die dag toe ons nou daar was, was meneer haai uit sy tank uit gehaal en kuier hy by Ushaka want die diere tuin maak vir hom 'n nuwe tank of maak sy oue reg.


So ons kon toe nou nie 'n haai sien nie, maar gelukkig was daar baie ander diere wat daarvoor opgemaak het.


Mamma se sonstraaltjie dink hy is oom Steve Irvan van Australia. So vang mens hom mamma! En dan le jy net op hom dan kan hy mos nie byt nie....


Ja seun - net so maar mamma bid maar dat dit nou nie een van jou roepings sal wees nie. Ha-haha!!!


Jay en boeta, by die 2 groot pikkewyne. Hulle 2 was so uitgehonger vir 'n geselsie dat hulle ons waarlik vermaak het met hulle geKrrrrrr geluide,en hulle het lekker in die mis sproei gebaljaar.



Hierdie 3 het behoorlik hul bobejaan streke uitgehaal toe hulle ons sien.


Hulle het mekaar gejaag en baklei, en toe sommer in dieselfde asem mekaar geliefies.


Dan is hierdie prag gesig natuurlik Pta dieretuin se 'trademark'.


Wanneer mens die park in gaan met die groot krimetart boom, aan jou linkerkant en dan die verwelkoming van hierdie mooi flaminke wat soos 'n pienk kombers voor jou le.


Dan is dit so asof jy maar net weet jy is op die regte plek, vir daardie oomblik...


En hier le mevrou tier te heerlik en ontspan, in die vroe lente se middag son.
Terwyl meneer tier soos 'n beer met 'n seertand na haar roep om by haar uit te kom, hulle was geskei elkeen in sy eie hok, of stukkie land.
Natuurlik het oupa olifant sy stofbad geniet, nadat hy sy pensie lekker duk ge-eet het.
Ag en ons was net te laat om te kon sien hoe arend sy kossies geniet het, maar hy was ook tevrede want sy pensie was ook gevoed.
Oupa en Ouma met hul sonstraaltjie, hulle het mekaar geniet en dit was 'n heerlike dag. Natuurlik moes ouma se voete 'n vryf en masering gekry het toe ons by die huis gekom het, want syt ver geloop en sy is eintlik nog besig om te herstel van haar voet operasie, maar reken sy die pyn was die moeite werd.

Oupa het sy "laaitie" net so geniet want daar was nie 'n oomblik wat hy kon rus nie, nie eers met ons piekniek nie.

Dankie vir 'n heerlike uitstappie oupa en ouma.

8 comments:

Anonymous said...

AG HOE LEKKER LYK DIT NIE, EK MIS JULLE SO BAIE MY LIEFIES!! EN HOE LEKKER LYK DIT NIE DAAR NIE! GENIET DIT JULLE, KAN NIE WAG OM BY JULLE AAN TE SLUIT NIE!

Muriel said...

Wow vlooitjie, dis stunning! Miskien is dit tyd dat ek ook by die dieretuin uitkom!!!

As ek geweet het jy is in Pretoria het ek jou genooi vir koffie :(
Ek is nou baie sad!!

Dorette said...

Pretoria is 'n lekker plek om te wees! ;-)

Die dieretuin is darem maar pragtig - ons sien so uit om te gaan wanneer Franco bietjie groter is om ook te gaan!

Bly julle het dit geniet!

Anonymous said...

Ons enigste dad's...Ons verlang jou like crazyyyyy! tel nou elke slpie af!!min dae
lief jou my liefieding!!

Muriel..geen rede om sad te wees nie,as jy nie 'n te besige week het nie kan ons die komende week dalk 'n plan maak...:-)

Dorette,- ja pta is darm mooi en die dieretein was ook mooi, en hulle doen baie moeite om dit mooi en skoon te hou en die diere is lekker vet gevoer.Franco sal dit baie geniet.

groetetjies
x-x

Anonymous said...

Dit lyk lekker. Ons was vir jare 'Vriende van die Dieretuin' toe die kinders klein was en het die plek opgekuier. (En dit was nie net die kinders wat dit geniet het nie ;-)).

Anonymous said...

Hi Sandra, die plek word regtig goed versien, en bied sommer vir jou gemoed ook rus, ek kan verstaan waarom julle almal dit so geniet het!

Groete vir julle almal!

Charmaine said...

Een van my gunsteling plekke waar ek en die kinders en later die Voortrekkers ure deurgebring het. Ai ek het sommer baie lekker so saam met julle op die baie voetspore wat daar le geloop. Geniet die lente en die son en die helder blou lug. Dis so mooi.

Anonymous said...

Hallo Charmaine, dankie, ons geniet dit omtrent, en alles is so mooi besig om te bot en te groei, ons kort net goeie reen in hierdie deel van die land.

Groetnis en mooi bly!