Sunday, October 26, 2008

Terug by die huis

Ja ons vakansie is verby.
Mens kan dit amper nie glo nie. Die tyd het so gou verby gegaan maar soms het dit na 'n ewigheid gevoel.
Ons het baie lekker met almal en by almal gekuier en ons was oral vet bederf gewees.
Ek sal oor die volgende week of 3 dit bietjie deel.

Ons het net 'n groot hartseer met die terug keer van ons reis....
en dit is omdat ons vir Jay agter moes laat. Hy kon nie saam huis toe kom nie omdat hy 'n groot oor operasie gehad het, en hy moet eers herstel voordat hy weer die vlieg ding kan aanpak.
'Jata' soos klein seuna hom noem, ons glo dat jy gou gesond sal wees en gou weer by ons kan aansluit. Die huis is leeg sonder jou asem.

.... Ek moet byvoeg dit is heerlik om weer terug by mens se eie huis te wees....

9 comments:

Anonymous said...

hi ja ek sal maar die beste van n slegte saak moet maak. Al is my hart op n ander plek.
lief vir jul.JR

Anonymous said...

Welkom terug Mariette, ons het die dorp nou mooi afgekoel. Sien uit om al julle stories te lees.

Dorette said...

Welkom terug! En sterkte met die herstel Jay! Hoop jy is gou gesond

Anonymous said...

Jay... wat kan ek se seuna? glo als gaan goed uit werk. Gou gesond word.

liefies jou baie!!

Hallo Sandra. Ja ek moet se die weer is ietwat beter, het maar nog baie warm vandag gekry maar dit is al baie leefbaar.
dit is net so lekker om bietjie weer van julle almal se dinge'tjies te lees.

Dankie Dorette. sal weer lekker kuier.

Charmaine said...

Welkom terug Mariette. Ek kan dink die weer is nou nog nie so dat mens kan se dis winter as mens so van die huis af kom nie, maar ons haal weer asem :-) Geniet jou eie huis en ons hoop JR is sommer gou weer by julle

Mariette. said...

Dankie Charmaine.
Ek moet se die weer voel darm vandag beter, so ek moes maar net weer in die ding gekom het.

lekker dag.
x x x

Muriel said...

Hi Mariette, welkom terug!

Ek kan nie wag om van alles te lees nie! Sterkte vir Jay, hoop hy herstel vinnig!

lekker dag
x x

Thea said...

Ai Mariette, kan nie glo jou kuiertjie is so vinnig verby nie. Dit was lekker om jou weer te sien en klein Christiaan is 'n baie oulike ou klein seuntjie. Jy moet vir hom 'n soentjie gee en sê tannie Thea stuur dit!! Het hy toe darem 'n haai gesien??

Hoop julle het 'n lekker tydjie by die see gehad.

Ek hoop jy herstel vinnig van die operasie Jay!! En daai kuns van jou op jou ma se muur is pragtig hoor!!

Anonymous said...

Dankie Muriel- dit is lekker om terug te wees, ek moet se mens kan nogal aan ontrekking begin lei as mens nie meer gereeld kan blog of blog lees nie.-want die prepaid bundels is so duur daar by julle, mens maak skaars n site oop dan is jou databondels daarmee heen.
Maar nou is ons weer in besigheid....

Shoe Thea, ja kan jy glo die tyd het so verby gesnel- soms het dit lank vir my gevoel maar as mens terug kyk kan mens nie glo die tyd het so gevlieg nie.
Ja tannie Thea xtiaan het toe die haai gesien en glo my as ek vir jou se ons het na amper 'n uur by die tank gesukkel om hom daar weg te kry. Die weer was heerlik,nie swem weer nie het gereen heeltyd en was lekker bewolk die dae wat dit nie gereen het nie maar dit was heerlik -dankie!!!

x x x