Showing posts with label uit en tuis by die huis. Show all posts
Showing posts with label uit en tuis by die huis. Show all posts

Sunday, October 26, 2008

Terug by die huis

Ja ons vakansie is verby.
Mens kan dit amper nie glo nie. Die tyd het so gou verby gegaan maar soms het dit na 'n ewigheid gevoel.
Ons het baie lekker met almal en by almal gekuier en ons was oral vet bederf gewees.
Ek sal oor die volgende week of 3 dit bietjie deel.

Ons het net 'n groot hartseer met die terug keer van ons reis....
en dit is omdat ons vir Jay agter moes laat. Hy kon nie saam huis toe kom nie omdat hy 'n groot oor operasie gehad het, en hy moet eers herstel voordat hy weer die vlieg ding kan aanpak.
'Jata' soos klein seuna hom noem, ons glo dat jy gou gesond sal wees en gou weer by ons kan aansluit. Die huis is leeg sonder jou asem.

.... Ek moet byvoeg dit is heerlik om weer terug by mens se eie huis te wees....