Tuesday, November 17, 2009

Dag vol verrassings...

Die jaar het so gou verby gegaan mens kan nie dink dat die tyd so vlieg nie, en met die jaar wat verby is, is ek toe nog 'n jaar ouer.

Ek moan glad nie daaroor nie, want dit is 'n voorreg om te kan lewe en om te weet dat ons Vader ons vir nog 'n jaar saam gespaar het, met gesondheid en met mense om my wat vir my omgee en baie lief is vir my.

Ek was natuurlik in my element met my spesiale dag. Want my liefste klein man het vir sy mamma verras met die mooiste en kosbaarste kaartjie wat hy self gemaak het. En'n hele mantjie vol geskenkies, en moet nie my marmite broodjie met die kersie op vergeet nie. Dit was die kosbaarste oomblik vir my.

Ons het vir die dag deur gegaan Dubai toe om by my pa aan te sluit, en om die dag saam as 'n familie te spandeer,-want dit is mos nou glad nie iets wat elke jaar in 'n vreemde land gebeur nie of hoe?

Toe ons daar by die hotel aankom het, hy my verras met die heerlikste koek en muffens. Ai dit is mos nou lekker om so bederf te word.

Die groot bederf het egter nog voorgele en die aand was afgesluit met 'n heerlike Dhow Cruise.

Ons het op die Dubai Creek op 'n ou tradisionele boot gaan eet.

Dit was ongelooflik mooi met die water en al die pragtige liggies van die Dhow's, die een wil mooier as die ander versier word.

Dit was pagtig!

Aan boort was daar koeldrankies vir ons aangedra. Daar was 'n dame'tjie wat ons hande henna geverf het en dit sommer in minder as 5 min per hand. Ek en my ma het natuurlik gesit daarvoor want dit was als deel van die aand se 'tradisionele' ervaring.

Dit is my hand. Die vroutjie het sommer die patroon wat in my toppie was gecopy en oor geverf op my hand.

En 'n ietsie anders op my ma se hand.

Hier doen sy dit sommer so aan ons tafel.

My ma saam haar 2 seesiek manne. Ai die 2 lyk darm maar bleek of hoe?

Gelukkig het hulle gou gou beter gevoel. -Wynand dit is maar 'n event wat ons maar 'n mis sal gee wanneer jy kom kuier. ...

In die onder dek was die kossies voorgesit. Na ete, het hulle vir ons 'n 'show' gehou. Daar was die een man wat met lae en lae rokke gedans het en dan het hy soos hy gedraai het allerhande dinge met die rokke en lappe gedoen. Na dit was dit hierdie stoute perd se beurt, hy het sommer net rondgeloop en die vrouens in hul nekke gebyt en hier en daar 'n danspassie uitgehaal.

Daar was 'n kulkunstenaar ook met allerhande snaakse dinge/toertjies.

Na die vertoning het ons weer na bo beweeg. Die dhow is oop bo, en dit was te lekker met die heerlike koel windjie en vars seelug.

Natuurlik lyk die stad en die groot geboue langs die creek alte mooi met hul liggies in die aand en dan met die liggies wat op die water weerkaats is te pragtig.

Na die ete voor die dhow, wat 'n lekker aand, ene om te onthou.


Lekker lag as julle na my man kyk wat op die Indiese musiek 'n bollywood danspassie uitgehaal het!!