Wednesday, August 31, 2011

Olifant dans

Ek moes hierdie Video deel.
Jammer hy is skeef, maar ekt nou nie daaraan gedink toe ek dit met die ipad afgeneem het nie.
Dit is so kosbaar, lyk asof hulle dit uit hul vel uit geniet, veral die een met die swart kuif hare.

Saturday, August 27, 2011

Die wonder van olifante


Ons het weer die voorreg gehad om n bietjie in Thailand te gaan rus en vakansie te gaan hou. Soos die vorige keer was dit heerlik en die weer was lieflik.
Ons het weer by die Phuket se dieretuin gaan kuier, en natuurlik was die olifante weer 'n treffer!

Dit is elke keer vir my so verstommend om te sien wat hierdie groot diere met hulle swaar gewig en groot liggame kan doen.

Ek weet nie wat hulle moes deurgaan om hierdie dinge te leer nie, en hopenlik is dit nie mishandeling gewees nie, maar ek het groot respek vir hierdie pragtige diere wat al hierdie goed kan doen.

Van hierdie outjies is so lief vir die aandag wat hulle kry, dat hulle die toertjies so graag doen en as jy na hulle kyk lyk dit kompleet asof hulle 'n glimlag op hul mondjies het.
Hulle se 'n olifant is 'n baie slim dier, en wanneer mens kyk hoe hulle hierdie toertjies doen sonder dat daar mense is wat by hulle staan om hulle touwys te maak, kan mens nogal saamstem dat hulle baie slim is.
Hier speel hulle op instrumente. Daar is nou nie 'n spesifieke liedjie nie, maar hulle elkeen weet hoe om hul instrumente te speel.
Dit is dierbaar!
Hierdie girlie skilder tot 'n prentjie, en ek dink dit moet nogal gedoen word.
Die werkers gee vir haar die kwas in die slurp en dan begin sy te skilder, so deur die skilder deur is daar nog 'n tydtjie vir 'n danspassie of twee. En sy kyk na die gehoor so asof sy wil se so wat dink julle hiervan of hoe lyk dit met 'n applous?
En wanneer dit kom by die blommetjie verf gee hulle vir haar soos 'n stempeltjie en dan druk sy dit waar sy wil en hoe sy voel.
Wanneer sy klaar geskulder het dan word daar veiling gehou, en die geldjie gaan vir hulle vir kos.
Hier kan ons 'n foto saam die artis neem en boeta is maar eers baie skepties oor hierdie groot dier wat sy dad so omvou met haar slurp.
En toe kry die dad 'n soen van haar af, sy hele kop amper in haar mond, en boeta kry meer moed om nader aan die girl te staan.
En toe wil hy ook voel hoe deel sy liefde uit met haar slurp.
Te dierbaar, en wat 'n kosbare oomblik, ou boeta praat nou nog daarvan.
Dit is 'n ongelooflike ervaring gewees, en ons is baie dankbaar vir die besonderse geleentheid.
En vir altyd sal hierdie spesiale dier nou een van ons gunstelinge wees.

Thursday, June 2, 2011

Dit is baie warm mens!


Ons somer is nou regtig hier.

As mens dit nie met jou eie oe sien nie sal mens dit nie sommer kan indink dat dit regtig so warm kan word nie, en dit is nou maar eers die begin.

Sunday, March 13, 2011

'n Oulike E-pos...

Ek het hierdie E-pos gekry, en ek het so baie daarvan gehou, en toe dink ek ek, ek wil dit graag met julle deel.


Anger is a condition in which
The tongue works faster than the mind .

You can't change the past,
but you can ruin the present
By worrying over the future.

Love...and you shall be loved.

God always gives His best to those
who leave the choice with Him.

All people smile in the same language


Everyone needs to be loved...
especially when they do not deserve it.

The real measure of a man's wealth
is what he has invested in eternity.


Laughter is God's sunshine.

Everyone has beauty
but not everyone sees it.

It's important for parents to live
the same things they teach.

Thank God for what you have,
TRUST GOD for what you need.

If you fill your heart with regrets of yesterday and the worries of tomorrow,
you have no today to be thankful for.

Man looks at outward appearance
but the Lord looks within.

The choice you make today
will usually affect tomorrow.

Take time to laugh, for it is
the music of the soul.


Patience is the ability to idle your motor
when you feel like stripping your gears.

Love is strengthened by working
through conflicts together.


Harsh words break no bones
but they do break hearts.
To get out of a difficulty,
one usually must go through it.

We take for granted the things
that we should be giving thanks for.


Love is the only thing that can be
divided without being diminished.

Happiness is enhanced by others
but does not depend upon others.

For every minute you are angry with someone,
you lose 60 seconds of happiness
that you can never get back.


Do what you can, for who you can,
with what you have, and where you are


Nou mag julle 'n goeie dag en week ervaar.

Tuesday, February 15, 2011

'n Volle 5 jaar!

Ons klein man het hierdie maand 5 jaar oud geword, kan nie glo hy is al 'n hele handjie vol oud nie.

Mamma wat nou glad nie 'n wafferse bakster is nie, het vir boeta se klasmaats 'n paar koekies gebak , sommer klein bite size cupcakes, want anders mors hulle, of as die ander kinders enigsins soos my kleinman is, dan is dit net van eet die lekker icing af en los die koek, so ek't dit klein genoeg gemaak sodat hulle nie te veel hoef te mors nie.

Na skooltyd het ons hom gaan haal by die skool, en toe hy by die huis kom regtuit kamer toe gevat om aan te trek. Maar nie net sommer so sonder rede nie, dit het vir Jay tyd gegee om in die groot geel boks te klim, want sien Christiaan het nie geweet dat Jay kom kuier het nie, so ons het hom deel van seuna se geskenk gemaak. Ons het Jay se gesig geverf en toe hom so bietjie opgemaak sodat hy hom nie onmiddelik moes herken nie.


Julle weet mos, soms is daar net goed wat geld nie kan koop nie, en dit was een van daardie oomblikke toe Jay uit daardie box uit gekom het, geen geld in die wereld kon daardie uitdrukking op daardie gesiggie koop nie. Hy het nie geweet dat dit Jay was nie maar hy het ewe sedig gegroet ''Hallo'' en toe hy op die bank gaan sit soos die ''music man'' (dis hoe hy hom genoem het) vir hom gevra het om te doen.


Jay het homself oortref met al sy dans passies en dinge, Christiaan het glad nie agter gekom dat dit sy oom Jata was nie. Maar elke keer wanneer hy vir hom 'n geskenkie gee se hy net 'Thank you sir'.



En na Jay al die geskenkies uitgedeel het wat hy saam gebring het van almal in SA, het ons gevra dat seuna by die sir sit vir 'n ou fototjie. Daarna het Jay weer in die boks geklim.


Toe is seuna so gou soos blits terug op die bank om na al hierdie geskenkies te kyk, maar toe vra ons hom om nog een laaste keer die boks oop te maak, en daar klim Jay toe uit. Hy was so uit sy sokkies verbaas dat al wat oor sy ou lippies gekom het was, ''O, Hallo Jats - hoe gaan dit?''

Maar maters, toe die realiteit insak, toe hou daardie mondjie nie op met praat nie,

Toe is dit tyd om al daardie baie geskenkies oop te maak, ai en het hy dit geniet.

Ons almal het lekker saam oopgemaak en veral met die lego's het ons almal 'n beurt gekry om iets te bou en te ontwerp... ha ha ha.


Daarna was ons reg vir die 2 maatjies wat ons uit genooi het, Jana en klein Matilda.


En natuurlik het my klein japsnoet gereken dat hy nog nie 5 is voordat hy sy kersie geblaas het nie, Nou ja toe maak ons so.


En na die kersie blaas, het hy en Jana te lekker in die kamer gaan speel en hulle het dit omtrent geniet.


Die 2 geniet mekaar baie want Jana is die tipe girlie wat net so lekker met swaarde en hero lappe kan speel, en wanneer hulle klaar hero's was, speel hulle net so lekker pop saam.


Baie dankie vir die mooi kaartjie Jana'tjie en Matilda. Ons sal dit in ons scrapbook plak.


En dankie aan almal wat dit so spesiaal vir ons kleinman gemaak het, julle is puik. Dit was 'n heerlike daggie vir ons almal.

Friday, January 7, 2011




Mag die nuwe jaar vir almal van julle, een wees vol gesondheid en oorvloed van liefde, mag elke dag 'n lag inhou en mag dit een wees vol nuwe avontuur.