Thursday, September 4, 2008

Nagliggie

Met die wat ons so bietjie in Suid Afrika gaan kuier,
het van die familie vir ons gevra om so bietjie video te neem van waar ons bly, en hoe dit om ons lyk in ons omgewing.
So ons het hierdie laaste 2 weke op en af en rond en bond gery, maar nadat ons als op video probeer vasvang het, het ons besef, dat daar niks van die mooi van ons nuwe stad in die aand af geneem is nie, toe klim ons maar in ons Maxie tjorretjie en vat die pad na die stad, om dit wat hy vir ons bied met die bekoorlike liggies te gaan vasvang op beeld.
Ek deel sommer so bietjie daarvan met jull wat graag saam ons hier op die blog kuier, wil net verskonig maak vir die kwalitiet van die fotos want ons het net 'n mik en druk, so die kwaliteit van die fotos is nou nie altyd soos na wense nie....

Hier bo is nou die ingang na die Emirates paleis- die pers lig is nogal asemrowend mooi, met al die ander liggies wat in die agtergrond saam "inblend".

Die pers gedeelte verander van kleur - dit word groen en geel dan weer ligpers na die pers hier bo.

Hierdie is die paleis aan die agterkant, met die water(see) tussen die park en die paleis, daar is maar min dinge in hierdie lewe wat so 'n kalmerende uitwerking op mens het soos die stilte met die water en die maanlig, of in die geval die stadsliggies wat so daarop skyn.

Hierdie is die park langs die corniche af, die groen gras met die mooi bome en struike is baie terapeties vir iemand wat in die woestyn bly, en waar daar net sand om mens is(ons bly in n'n woonbuurt in die woestyn,met die woestyn rondom ons). Daar is selfs katjies wat daar langs die rotse vissies in die see vang. En ons het op die oomblik nie diere nie, en ons mis 'n ou warm diere lyfies.

Die stad in die agtergrond oor die seewater. As daar nou een ding is wat ek van hierdie Arabiere kan se, is dit dat hulle nogal erg is oor familietyd en dat dit nie 'n snaakse ding is wanneer jy pappas met hulle kindertjies sien nie. Hier hou die pappas die kids besig terwyl die 2 mammas 'n entjie verder op 'n kombersie sit en eet en met mekaar skinder....

En dan ons ou Marina Mall in die aand. Die foto praat vir homself so oor die waterfront.

Lekker naweek aan almal!

7 comments:

Thea said...

Niks fout met julle foto's nie, dis pragtig!! Die pers lig by die paleis se ingang is stunning!

Jy moenie nog praat nie, ek kan my net indink hoe rustig dit moet wees om so langs die water te sit met die liggies en die maanskyn!

Ek sien uit om die video te sien en van alles te hoor!

Lekker naweek vir julle ook!

Muriel said...

Ek stem daar is absoluut niks fout met die foto's nie.

Ek soek ook nou so pers lig!! Dit is verskriklik mooi! Magical!

Nou wat nou is Thea familie? Want net familie kan die video sien? Ek is soos Liewe Heksie, ek weet ook nooit niks!!!

hehe

Lekker naweek vlooitjie, dankie vir hierdie special foto's ek het dit baie geniet!

Dorette said...

Hi jong!

Dis woes mooi fotos - die rustigheid laat my aan see-vakansies en maanligstappies dink! Lekker jaloers

Lekker naweek daaikant!

Dorette

Mariette. said...

Dankie julle dat jul dink dat die fotos mooi is.

Thea- jy moet net see siek pilletjies byderhand he as jy daardie dvd wil kyk, want ons het dit in die ry en loop gedoen.So dis 'n lekker geskommel.(lol)

Muriel-Ja ek ken vir Thea al so lank dat ons net sowel maar al famielie kan wees.
En ja daardie pers lig hou 'n bekooring in wat mens sommer net kalm maak of hoe?
EN vir 'n Liewe heksie weet jy nogal baie jong!

Dorette- hierdie rustigheid waarvan jy praat is vir ons baie kosbaar, want ons het die laaste tyd wat ons in SA was nie die betekenis daarvan geken nie. Nou het dit deel van ons geword.
wat 'n voorreg is dit darm maar nie.

Lekker naweek aan julle almal.
groetetjies

Anonymous said...

Hi Mariette, jou fotos is baie pragtig en julle moet baie lekker gaaan kuier by die huis en sommer baie keoligheid sam terug bring. Hoop ons gaan sommer baie van julle te sien kry in die nuwe Abu Dhabi jaar. Mens kan jouself nogal hier vind ne.

Anonymous said...

Charmaine- ek gaan vir ons lekker koue saam in die tas pak - hoopenlik bly dit daar en word dit nie oppad gesteel nie- wha-ha-ha!

funny!

Dankie ons gaan lekker kuier. En ja met die winter wat nou aan die kom is gaan ons beslis meer uit ons nessies uitkruip- dink ek.

mooi bly
x x

Charmaine said...

Die winters hier maak alles baie anders. Dan kan mens weer bietjie stap en piekniek en buitelug inasem.