Sunday, August 1, 2010

Verre Ooste Vakansie

Ons het die wonderlike voorreg gehad om bietjie na Thailand toe te gaan. Dit was 'n wonderlike ervaring. Die mense is baie vriendelik en wil jou net help waar hulle kan. Ons was vir 'n paar dae in Bangkok self en toe vir 'n paar dae op die eiland van Phuket.
Ek gaan so bietjie van ons reis met julle deel, maar ek sal dit ongelukkig in 'n paar blogs moet doen want daar is net te veel om in een blog met julle te deel, en jammer vir die baie fotos, maar dit vertel ook die storie...
Ons het in die Baiyoke Sky hotel in Bangkok gebly. Die hotel is 'n klein stad op sy eie moet ek se.

Die hotel het 7 restaurante te kies en te keur van, dan het hulle 'n baie fancy salon met 'n kliniek, 'n klomp winkeltjies en selfs 'n 7-11 supermarkie, en dan op die 18de vloer het hulle 'n driving range vir golf spelers. Natuurlik moes my 2 manne 'n paar houe in kry het hulle 'swing' oefen. Ha ha ha hulle het dit geniet. Maar natuurlik kon ons nie heel aand daar bly nie want mamma wou ook bietjie gaan rond loop het.

Maar voordat ons die vlooimark strate ingevaar het, het ons na die 80ste vloer van die hotel toe gegaan en na hulle museum gaan loer.

Daar was 'n klomp van hierdie kulturiele gesig maskers, wat natuurlik vir seuna tog te grillerig gelyk het soos hy dit gestel het.

Natuurlik moes dadda en seuna hul oomblik in hul 'eie' Tuk Tuk he om 'n spelietjie of 2 te speel, die Tuk Tuk is een van die algemeenste taxi tjorrietjies wat mens gebruik om sommer in die stad en die klein systraatjies mee rond te ry. Daar is groot motor taxi's wat mens lughawe toe neem en so aan, maar vir die stad gebruik mens sommer die klein moterfiets tjorre...
Mens sien selfs nog hierdie vorm van vervoer daar in die stad, nie so baie soos op die eilande nie. Maar ek kry die outjies jammer wat wel nog met die fietse ry, want hulle is so maer en tingerig, en hulle kan die ou karrietjie nogal laai met mense.
Hierdie was net die foto die moeitewerd, lol!!

Hierdie was ons Tuk Tuk drywer, en hy het vir ons 'n paar van hul tempels gaan wys en 'n paleis. Die dag wat ons gery het om na hul groot buddhas te gaan kyk, was dit juis Buddha dag, en kon ons nie na die goed gaan kyk het nie omdat hulle juis dienste daar gehad het.



Hierdie is 'n deeltjie van die muur, die tempel se hele muur is vol van hierdie tipe kuns beplak.

Hierdie was op 'n pilaar uitgebeeld, ek is baie beindruk met die detail.



Hierdie is deel van die marmer paleis.

'n Kanaal wat deur die paleis se tuin loop.

Die monks mag mens eintlik nie afneem nie maar ons het ons kans gevat.

Hierdie ou tannie het nogal my aandag getrek, sy is al baie oud of kom ons stel dit eerder so diep in haar geleende jare, en sy stoot hierdie swaar karrietjie die hele stad vol, en verkoop, gebraaide wilde eende. Dit lyk eintlik vreeslik as mens die storie van nader bekyk, maar die mense koop dit soos brood en melk....


Hierdie is straat vendors, die hele Bangkok se sypaadjies is vol van hierdie klein 'spoeg en plak' stallietjies, en hulle verkoop alles waaraan mens kan dink. Ons het gedink dat ons dit maar sal waag en 'n ietsie kosserig by een van die mensies te koop, want almal loop en smul aan iets wat hulle by hierdie mense koop, maar toe ek sien dat hulle water gebruik wat by 'n 'aircon' se afloop pyp gebruik om hulle kos mee in te kook ... toe het ons vinnig van plan verander en besluit ons eet net dit wat ons ken en ook net in die hotel en nerens anders nie. lol!!! Hierdie blomme het ons in een van die winkel sentrums gesien, kan julle die R10 noot sien wat ook sy plekkie in hierdie land in hierdie blomme rangskikking het.

Hierdie is die alle bekende MBK mall, dit is 'n groot onderdak vlooimark, en hy bestaan uit 6 verdiepings uit. Dit is baie groot en daar is ongelooflik baie dinge en goete in daardie plek, mens weet nie waar om te los en waar om te vat nie. Dit is regtigwaar 'n belewenis.
En hier is die ry waarin jy wag vir 'n taxi terug na jou hotel toe, en glo my dit kan 'n lang wag wees, want hierdi taxi's is baie kieskeurig, want hulle ry net wie hulle wil en hou niks van kort afstand ritte nie, -maar gelukkig het ons 'n blondekop seuntjie , en hy was vir ons soos 'n goue kaart, want almal wil net naby die blonde kop seuntjie wees en tog net aan sy hare vat.... dit was soms 'n jiggie gedagte maar ekt 'dettol sterile wipes' gehad en kort kort my seuntjie se hande en koppie met die wipes gevee.:-)
Hierdie is ook 'n baie algemene verskynsel met die swembaddens wat so hoog op die geboue gebou word, elke hotel en groot apartment gebou het 'n swembad, en soms wil die een mooier wees as die ander. Terug by die hotel het ons of altans ek myself braaf gehou en saam met die manne na die 86ste vloer gegaan wat in die rondte draai terwyl jy aan die buite kant in die wind na die stad onder jou kyk.... Ek lei erg aan hoogtevrees, en moes op die ou end maar afgaan en vir die mans onder wag, want dit was net een te veel vir my, veral omdat daar nou nog kindertjies was wat daarom ons rondgehardloop het, en die ouers was nerens in sig nie. Oeeee neee ek wil nie eers weer daaraan dink nie.....
Hier is 'n klein stukkie van hoe dit min of meer in die aand lyk .


By die Baiyoke hotel, wys seuna vir ons waar in die middel van die stad van Bangkok ons tuis gaan,-


Terwyl ons vir oulaas, 'n vrugte sappie drink en vir die taxi wag om ons lughawe toe te vat om na Phuket toe te vlieg.
En daarvan vertel en wys ek volgende keer.

6 comments:

Thea said...

Dankie Mariette. Ek het nou heerlik gekuier en foto's gekyk en gelees oor julle Thailand ervaring! Sien uit om die res ook te sien!!

Mooi bly!!

Unknown said...

Hi, Ek kan nie wag vir die volgende blog nie. Noudat jy die storie vertel geniet ek die foto's nog meer want nou het ek die storie agter die storie. .. moet nou nie te lank wag vir die volgende een nie. liefies

Sandra said...

LEkker gelees en foto's gekyk. Dit lyk heerlik en of julle sommer lekker gekuier het

Jan and Miekie said...

Hi Mariette
Dit was nou baie interessant en lekker. Ek sien ook uit na die fotos van Phuket. Tammy-hulle gaan soontoe in die Septembervakansie en natuurlik wil ons voor die tyd so iets van Phuket leer.

Mariette. said...

Dankie Thea, Ek sal probeer om dit gouer uit te sit, maar ons tyd is soms beper en anderkere is ek net lekker lui.... :-)

Lekker om te weet jy lees saam Lissie! ja nou kan jy die hele storie kry ... lol!!! parykeer help worde saam 'n fototjie ne....

Lekker gewees Sandra.

Miekie, Hulle sal dit vreeslik geniet, As jy wil dan kan ek vir jou mail en vir hulle 'n tip of 2 gee uit ons ervaaring wat dinge dalk vir hulle makliker sal maak ...

Lekker week almal

Charmaine said...

Sjoe Mariette dit lyk na iets uit 'n ander wereld. Ons sal moet 'n kuieraand reel vir stories uitdeel en fotos kyk.