Monday, August 9, 2010

Ongelooflike eiland ervaring.

Sawadhee khaa

(As ek 'n man was sou ek se sawadee khab)

En selfs ou Ronald Mcdonald groet die mense so, wanneer hulle in sy eet plekkie kom.

Ons het in Phuket by die Diamond Cliff resort & spa gebly, daar is so baie plekke om van te kies om by te bly,maar ons het die plekkie gekies want hy is redelik sentraal gelee vir al die vermaaklikhede om ons.

Dit is 'n pragtige oord, hulle het 5 restaurante/koffie winkels op die perseel, met 3 swembaddens en hul eie privaat strand. Daar is so baie om jouself mee besig te hou dat jy amper nie eers nodig het om iewers anders heen te gaan nie.


Die tuin en gronde van die oord het so 'n ontspanne, romantiese atmosfeer met die pragtigste tuin hoekies en water fonteine. Ek wou net heeldag sit en daarna luister en kyk, maar 5 daggies is te min om na dit te sit en kyk en dan nog al die ander lekker dinge ook te wou doen, so ek kon net vir rukkies op 'n tyd sit en elke oomblik daarvan 'indrink'.

Ek moet byvoeg dit was so lekker om die tropiese en diep groen met die pragtige helderkleurige blomme te kon ervaar, want in die woestyn is die groen 'n dowwe groen en die blomme mooi maar nie so 'vibrant' soos die in Thailand nie.


My manne het die blou swembad vreeslik baie geniet, en ek moet byvoeg nadat ons so bietjie rondgery het en die plekkie verken het, was daar soms niks so lekker soos die lavenis van die koel water nie. Want in Thailand voel mens altyd 'tai' soos my klein man se, dit is lekker humied. Wat natuurlik ook lekker was is die reen wat ons elke dag gekry het, want dit is nou hulle monsoon seisoen wat beteken daar is elke dag reen en soms sommer meer as een keer op 'n dag.


Die manne het net so lekker in die see ook geswem, tot die lekker tot 'n brandende einde gekom het.

'n Blou blasie het my ou kleinman geslaan, en ooeee mamma het dit vir jou gebrand! Hy was sommer baie afgesit vir die see swem ding en wou glad niks weer daarvan weet nie.

Op die foto hieronder kan mens as jy mooi kyk die ligte rooi merkie sien van hoe hy geslaan is, gelukkig het die lifegaurd 'n salfie vir ons gehad wat ons kon opsit.

Ons het die eerste dag wat ons daar aangekom het met die Tuk tuk rond gery, En dit is nogal 'n baie lekker ondervinding, elke ou maak sy eie tuk tuk op in die binne kant soos dit hom pas.

Ons het natuurlik na die eerste dag se rond ry in 'n tuk tuk besluit dat dit vir ons beter gaan wees om liewers 'n karrietjie te huur, want met ons eie wiele kan ons verder ry en meer explore as wat mens dit op 'n tuk tuk kan doen en natuurlik vir baaaaie goedkoper.


Soos baie ander Asiatiese lande is die moterfietsies en skoetertjies maar die beste en enigste bekostigbare vervoer middel, hulle reken 'n baie welaf familie sal 2 moterfietse in 'n gesin he.

Dit is so interessant om te sien wat hulle alles met daardie moterfietsies doen en op dit laai, en hoe hulle dit modifiseer om by hulle behoeftes te pas.

Dan is dit glad nie 'n ongewone ding om te sien hoeveel hulle op so fietsie kan laai nie, ons het gesien dat hul tot 5 daarop ry maar oor die algemeen is dit so 3-4 persone, (seker die hele familie).


Nog 'n baie rare verskynsel is wanneer dit begin reen, dan sal hulle 'n sambreel opslaan en met hom so ry of 'n sak oor hulle gooi, maar die sambreel was vir my die kersie op die koek, want hy waai nie eers op of uitmekaar nie, hulle het al die kuns van dit vervolmaak.


Dan kry mens hordes en op elke hoek en draai 'n ou wat paar moterfietse het wat hy uit verhuur, en sommer op die spot kan jy 'gasolien' in 'n bottel koop vir sommer net daar en dan, of om saam te ry as jy weet jy dalk mag leeg hardloop...

Selfs die toeriste huur hierdie skoeter fietsies, en ry strand toe en in die omgewing rond, maar jy het 'n lisensie nodig, alhoewel jy op jou eie risiko sonder een mag ry, maar sal wel 'n boete kry wanneer die polisie jou aftrek. Ons het dit egter nie gewaag nie.

Dan 'n fenominale verskynsel is hierdie krag drade, wat so oor mekaar is. Hulle het nie die drade ondergronds gele soos ons gewoond is aan nie maar alles so bo oor mekaar gedoen en gevleg, dit lyk baie 'dodgy', - maar dit werk al jare vir hulle.

Dan is daar baie van hierdie huisies wat op stilte gebou word so in die water langs riviere en by die see. Hierdie is nou by die see en op laag water soos wat dit hier was vang hulle krappies, of om te verkoop aan die naaste vismark of om vir hul eie famielie voor te sit vir 'n ete....
Ek moet se soms verstom dit my hoe hulle groot word want daar is nie werklik iets soos higiene nie, gewoonlik is dit baie vuil en gagga, maar dit is vir hulle nie 'n probleem nie. Mens kry die idee, dat hulle die houding het van dit wat nie dood maak nie maak groot.....

'n Ander faset van Phuket en die eilande van Thailand, is die nag lewe, en ja baie van julle is seker bewus daarvan, maar mens sal nooit regtig 'n ware idee kry daarvan tot jy dit self ervaar nie. Ons was baie versigtig om in die aand uit te gaan, want ons wou nie graag in die 'working girls' vas loop nie, want die stories wat ons gehoor het is dat die vroue geen nee vat nie en dat hulle baie opdringerig is, of jy nou met jou familie daar is of nie.
...Ons het met groot versigtighied een aand uit gegaan...

Ja die nag lewe begin nog voor die son regtig sak, en dit is die hele dorpie vol - nie net 'n sekere plek of straat nie. Maar nee die girls pla jou glad nie as jy nie gepla wil word nie, en jy kan jou vlooimark shopping doen sonder om bedreig te voel. Ja daar is 'pimps' wat hulle shows verkoop en promogeer, maar as jy nee dankie se los hulle jou en wag vir die gewillige outjie... Dan aan die ander kant is hulle teenwoordighied baie prominent daar, want hulle is orals by elke winkeltjie en restaurantjie, en ja jy kan aan hul klere drag sien wie en wat hulle is...
(Ek moet se soms kry ek hulle jammer, want een van die mense wat ons daar leer ken het reken baie van hulle doen dit in die hoop om 'n uitlander te kry wat met hulle sal trou om net uit die armmoede te kan kom)
Ai man dan is die land vol van hierdie 4 voetige maters. Hulle het baie honde en mens kan sien hulle is baie lief vir hulle honde, maar die hele strand is vol van hulle en die strate, en almal in 'n baie goeie kondisie. Van hulle het nie spesifieke base nie, lyk my almal se hond is almal sin. Een ding wat ons nie baie van gesien het nie was katte, in Phuket het ek net 2 verskrikte katjies gesien waarvan die een se voetjie af was. Een eienaardige verskynsel met die honde in Bangkok en Phuket was ook die manier hoe hulle langs die strate, op die sypaadjies le en slaap, en die verkeer en hulle bly uit mekaar se pad uit, op 'n wonderbaarlike manier.
Ek hou glad nie van waatlemoen nie, maar hier het ek so lief geword daarvoor, want dit was die heerlikste vars waatlemoen wat ek nog ooit in my lewe geproe het , en ekt skoon verslaaf geraak daaraan. Ons het dit ons stapel voedsel in Phuket gemaak en gelukkig vir ons was dit oral te vinde. Hierdie vroutjie het nou sommer haar moterfietsie omskep in 'n mobile vrugte winkeltjie.

En natuurlik moes ons darm 'n bietjie seekos eet. Hierdie is rock lobster, en dit was heerlik!! Die outjie het nog gelewe toe ons die eetplekkie ingegaan het. ...Siestoggie...
Maar hy was baaaaaie lekker. !!

Ons kon nie die ander eilande soos Bondi eiland en so besoek het nie as gevolg van die baie reen, en natuurlik was dit moeilik om met ons kleinman in die reen op 'n boot so iets aan te pak so ons het die veilige ding gedoen en maar die dinge op die eiland self besoek en ondersoek.
Ons was bietjie by die skoenlapper en insek wereld gewees en dit was 'n lekker uitstappie. Veral om te sien wat hulle alles maak met die sy van die skoenlappers....

Die dag toe ons by die Phuket zoo was, was ons net betyds vir 'n vertoning van die olifante. Dit is ongelooflik om te sien wat hierdie ou manne met hulle lywe kan doen. Hulle speel basket ball, sokker, swaai hoepels, dans en ry selfs hierdie trapfiets karrietjie. Wat meer ongelooflik vir my is, is dat 'n mens 'n olifant van alle diere hierdie dinge kan leer om te doen, hulle het tot vir ons 'n prentjie geverf.
Ek moet se dit was 'n ongelooflike ervaring en ons is so dankbaar dat ons die geleentheid gekry het om dit te kon ervaar en beleef.
Ons is baie dankbaar vir die geleentheid, dit was 'n ondervinding van 'n leeftyd!!

Ek sluit af met hierdie pragtig sonsondergang van ons stoepie af, oor die eilande in die pragtige Andaman see.
Volgende keer deel ek die ongelooflike Fantasea show met julle.

7 comments:

Cecile said...

Oe dit lyk heerlik... ek kan glo dit moet 'n ander belewenis wees.

Sandra said...

Ek verstaan van die groen geniet Mariette, ons het dieselfde gevoel in die swartwoud.

Rita said...

Man dit lyk lekker. Julle moet aanhou reis, ons reis lekker saam. Kan ook al se ek was al by al die plekke saam met julle. Dankie hoor.

Thea said...

Wow, wat 'n interessante plek en so anders as die wêreld waaraan ons gewoond is né?! Darem maar lekker om te reis en plekke te verken!!

Charmaine said...

Mariette ek kan sien dit was 'n amazing ervaring en droom vakansie. wow!!! Ek het jou fotos en stories nou soooo geniet.

Ani said...

Wow, wat 'n ongelooflike mooi plek om te verken. En die fotos is pragtig. Ek het lekker gelees en my verkyk aan die mooi plekke!!

Lekker week vir jou!!

Mariette. said...

Dankie julle almal. Ja dit was lekker en 'n heel anders ervaaring.

Ek sal wanneer ons teurg by die huis is met julle die laaste deel van ons Thai kuier deel.

ONs kuier vir die oomblik in die koue SA.

Lekker week en naweek vir julle almal

Groetetjies
Mariette