Thursday, September 30, 2010

'n Nuwe Roetiene.


Ai, die dag wat ons gehoop het nie gou aan sou breek nie, het toe aangebreek.

My klein man moet skool toe, en mamma was glad nie reg vir die groot stap in ons lewe nie. Want nie net beteken die verandering dat seuna moet skool toe nie, dit beteken roetiene en stiptelikheid, en dit is iets wat die huishouding baie lanklaas moes doen en nakom.
Ons eerste dag was 'n orienteringsdag, ons moes 'n paar uur ingaan sodat hulle vir ons kon vertel wie en wat hulle is, waarvoor die skool staan en wat hulle van jou as ouer en as kind verwag.

Daarna het ons die onderwyseres ontmoet by die klassie, en sy se toe vir ons dat hy die volgende dag moet inkom vir 'n uur, dan vul ons papier werk in en hy en 8 van sy klas maats ontmoet mekaar. Na daardie dag het hy die dag daarna vir die hele dag ingegaan en vir een hele dag saam die 8 maats deurgebring. Hy het dit vreeslik geniet, en so ewe gereken dat ek hom te vroeg by die skool kom haal het, en dit na'n gewone vol dag se skool... Die karnallie.

En na die naweek het die skool amptelik begin en die hele klas van 14 is saam gevoeg.

Sy juffrou is mrs Bradshaw en die assistent juffrou is ms Surinder.

Mrs Bradshaw is van Australia en sy gee al vir meer as 8jr by AISA skool.

Voor die skoolweek begin het, het ons besluit dat dit tyd is vir ons kleinman om 'n grootman te word, en deel van die transformasie was 'n haarsny. Alhoewel hulle nie werklik haar reels het nie, en daar seuntjies met mooi lang haartjies is, het ons besluit dat 'n kort kapsel vir ons die ding gaan doen, en vir die hitte ook bietjie sal help want as hierdie klein gouekop seuntjie van ons begin sweet, dan is alles nat en een krul op 'n ander.

Hy het heel dapper gesit en mens kon sien die jongman is reg vir die nuwe verandering in sy lewe.

En lyk hy nie te pragtig nie?

Hier het hy sy skooldrag aan. Die wit en blou is die skool uniform en die grys en blou is sy L.O. klere, wat hy op sondae en woensdae het, en dan gaan hy vir die hele dag so skool toe.

Hy het sy eerste week so baie geniet, dit het sonder trane gegaan en elke oggend het hy vir my gevra dat ek hom nie te vroeg moet kom haal nie.

Die nuwe roetine ding het so gou vanself reggekom, ek kan nie eers onthou dat ek dit as 'n uitdaging gesien het nie.

Hy doen so goed in die engels want dit is die meduim waarin hulle klas kry, en hy moet arabies ook leer, en ek kan nie glo wat hy in 2 weke opgetel en geleer het nie. Ek is so trots op my grootman dat ek nog nie eers een keer te hartseer was oor die dag wat so gou gebeur het nie, want my kind is baie gelukkig en hy straal dit uit!









Ons sluit af met die rympie van die week...


Lekker week vir almal!

8 comments:

Jan and Miekie said...

Net 14 kinders in 'n klas en nog 'n assistent ook! Vir "normale" kinders! (Ek het soveel verstandelik erg gestremdes gehad in een klas.) Die skool lyk regtig baie goed - met so 'n klein klassie en sulke toegewyde personeel moet dit net goed gaan. Hy lyk baie gelukkig op die video'tjie - te dierbaar.
P.S. Ken jy al Arabies of gaan jy dit saam met hom leer?

Mariette. said...

Hi Miekie. Ja hulle sou 16 gewees het want elke KG1 klas het 16 kindertjies in, maar daar het net 14 opgedaag. Ja jong weet jy alles en orals waar jy gaan is daar 'n assistent. -By die skool, by die dokters, in die bank, oral waar jy gaan het almal 'n assistent. En ja dit is vir normale kinders. Dit is die selfde skool waar Sandra se dogter Nelmarie ook in is. :-)

En ja hy geniet homself gate uit!Nee jong ek kan net groet en dankie se in Arabies ha ha! ek glo ek sal maar saam boeta leer... Ha ha ha!

Lekker naweek vir julle.
groete

Ani said...

Ai, 'n seun so na 'n ma se hart. Trots in sy skoolklere en ewe kordaat staan hy, reg vir die nuwe stap in sy lewe! Die haarsny pas hom so mooi, pragtige seunskind! Geniet elke oomblik saam met hom!!
Lekker naweek!

rita said...

Hi meisiekind, sien ek het gese dat dit moeiliker is as vir ons manne. Die begin van nuwe uitdagings en baie plesier vir julle ook. Hy lyk pragtig en ek weet hy is 'n sonstraaltjie. Koester dit hoor.

Sandra said...

En so vinnig is "hulle" roetine ons sin .... totdat hulle uit die skool uit is en langer :-). Bly hy is gelukkig by AISA.

Charmaine said...

Ai ek verstaan daardie laat gaan dat hulle kan "groot wees" Mariette. Hy is te pragtig en regte seuntjie met daardie haarstyl. Sterkte vir die mamma hart

Mariette. said...

Baie dankie Ani! Mamma wou nie die mooi krulle afsny nie, maar die nuwe kapsel pas hom net so goed, en met die hitte en die vroeg opstaan is dit net reg so kort. :-)

Sandra-Jy is reg as jy se hulle roetiene word onssin.

Dankie Charmaine! Ja kyk dit is iets wat ek nog sal moet leer... om te laat gaan sodat hy groot kan wees en sy volle potensiaal te bereik. Dis moeilik shoe!

Lekker week.

Thea said...

Voorwaar 'n aanpassing vir julle almal en ek's bly om te lees dat dit sommer voor die wind gaan met hom en met jou! Hy lyk te oulik met sy nuwe haarstyl - sommer pure seunskind!!