Shoe ek weet ek het lanklaas geblog,
Maar ons is terug in Abu Dhabi, en alles is weer op hul plekkies en ek is reg om weer alles te hervat....
Ons het weer 'n draaitjie is Suid Afrika gaan maak want my klein boet het getrou, en hulle het ons kleinman gevra om hulle hofknapie te wees.
Ons het die sondag oggend geland in SA en daardie selfde middag het ons die re-hersal van die troue gehad. Nou ja, met min slaap vir ons 3 doen ons dit in die naam van liefde.
Met die wat ons seuna laat oefen het om te loop, en verduidelik hoe om die ring vir hulle deur die kerk te vat, gee ek en een van my ouer boeties vir hom ons trou ringe, en daar gebeur die ondenkbare.... Seuna besluit om die ringe in die lug op te gooi! En daar verloor hy Ockie se ring !! (en myne ook, maar - gou kry ons myne)
O, koek, hoe kan dit nou gebeur?
Wel ons het na daardie ringetjie gesoek in daardie Safari se tuin, en na 40 minute se om en om loop en op die gras rond kruip en sommer baie bid ook, het ons dit uiteindelik gekry.

Soos gewoonlik maak nie saak watse stresvolle sitsuasie mens beleef het nie - het Ockie altyd tyd vir 'n grappie of 'n mr. Funny te speel. Hier het hy net sy trou skoene vir die groot dag gekry, om bietjie in te loop voor die groot dag, en dit is hoe hy dit aan ons demonstreer.....
Na die vreeslike drama van die vorige dag, het ons na 'n ATKV oord toe gegaan en vir die res van die week daar gaan rus en kuier.







En toe die groot troue, die een waarvoor ons nou al jare lank wag.
Dit was by Safari kwekery in Pta gehou, en dit was 'n absolute mooi dag en 'setting'.
Ek was nogal bekommerd oor die kosbare ringe wat my ou rowwe seuntjie moes indra, veral wat die vorige week met die oefenig daarvan gebeur het, maar die outjie het hom so mooi gedra, en hy het soos 'n groot meneer geloop en vir oom Dewald die ringe gevat.


Wynand Strydom en Cherese was daar en hulle het ons vermaak met hul pragtige musiek.


voor Regs Gerrie, middel Ockie, en links Jay..
Die pragtige ring...Looka(Ilonka) het van die diamante by haar ouma gekry en van die ander by haar ma, en toe het hulle die ring ontwerp.

-Pragtig ne-
(Ek het nou nie die mooi kiekkies geneem nie, want ons was eintlik nie veronderstel om te geneem het nie, maar ekt darm vir hierdie paartjies toestemming gekry. Ons sal wanneer hulle hul kiekkies kry en hul 'n paar aanstuur na my vir julle die res wys.)
5 comments:
Wat 'n spesiale inskrywing...al die emosies so mooi saamgevat. Baie geluk aan die pragtige paartjie
Hi my meisiekind. Man dit is te pragtig. Ons het verskriklik lekker by Buffelspoort gekuier en julle het dit baie spesiaal gemaak. Dankie hoor. Jy is reg, die nefies het mekaar opgespeel en ek was so trots dat hulle mekaar so geniet het. Die fotos is pragtig en die troue was ook pragtig. Kan nie wag vir julle volgende kuiertjie nie. Dan is dit kleinman se verjaarsdag. Lief vir julle
Jy't al die kosbare oomblikke baie mooi saamgevat Mariette! Seuna het alte deftig gelyk vir sy groot oomblik! Baie geluk ook aan Dewald en Ilonka - hulle is 'n pragtige paartjie!
Ek kan sien dit was 'n heerlike kuiertjie vir almal!
Die kleinman het so groot geword.
Dankie Charmaine. Glo my dit was 'n kuier vol emosies....
Ons maak vlgde keer weer so Rita, dan gaan die seuntjies eers lekker speel...
Ai Thea ja die kuiertyd gaan net so gou verby veral as mens almal wil sin en wil kuier....Dankie ou seuna het net so oulik met die baatjie aan gelyk maar dit was net te warm daarvoor.
Ja kan jy glo die outjie het so gerek Sandra, Ek moes baie van sy klere vervang het....
Gaan regtig probeer om daar by jul uit te kom.
Groetetjies
Post a Comment