Showing posts with label Furby.. Show all posts
Showing posts with label Furby.. Show all posts

Friday, August 14, 2009

Somer is vir die huis...

Ai, die somer of sal ek se die hitte van ons stad...
Ons kan nie regtig kla nie, want in die huis is die tempratuur heel aangenaam en weet ons nie werklik van die hitte buite nie. ( soms voel dit asof mens in 'n bubbel leef) Maar die moeilikheid kom wanneer ons kleinman buite wil gaan speel en ons vir hom moet verduidelik dat daar nie eintlik 'n manier is om uit te gaan nie.

Gelukkig help vandag se tegnologie mens so nou en dan bietjie uit. Want met die games wat mens deesdae kan koop is daar regtig iets vir almal en alles. Ons het 'n paar opvoedkundige 'games' gekry en dit help om vir boeta te laat vergeet van buite en hou hom bietjie besig in die huis , en terselfde tyd oefen hy sommer sy hand-oog- koordinasie en stimuleer sy breintjie.

Maar wat nou eintlik hierdie hele storie so 'priceless' maak is die feit dat Furby by haar basie wil le, maak nie saak waarmee hy besig is nie, en hoe opgewonde hy ook al raak met die remote in sy handjies nie. Sy le om te le! Dan sal sy hom so nou en dan nog 'n ou vryfie op sy gesiggie ook gee met haar ou gemmer pootjie, net om vir hom te se ,-mooi so 'buddy'!

Die twee darm.
Hulle is te oulik saam. Wanneer sy speel ook... sal sy hom met haar poot kap maar sonder haar naels uit, maar wanneer sy met ons speel kap sy ons soms dat die bloed loop. En sy en boeta is die oulikste twee maatjies.
So, alhoewel ons vir tydelik 'n oplossing gekry het vir die -nie buite gaan speel nie, hoop ek regtig van harte dat hierdie somer nou gou verby sal gaan, alhoewel dit maar eintlik net wishfull thinking is. :-)

Saturday, July 4, 2009

Ontmoet vir Furby

Ons wou nou al vir 'n geruime tydjie 'n klein diertjie kry vir ons klein man.
So 'n rukkie terug kry ons toe 'n e-mail van Sandra wat vra of ons nie vir die katjie 'n huis wil gee nie, want hulle het al 'n paar katte en wil graag eerder vir hierdie een 'n goeie huis kry.
Nou ons het eintlik 'n gemmer katjie gesoek want vir een of ander rede wil ons klein man net 'n gemmer kat gehad het, maar ons Vader het van beter geweet, want hierdie swart katjie is spesiaal vir seuna gekies. 'Dit was n gemmer -soos jul kan sien , wat Jesus swart geverf het sodat sy net soveel te meer spesiaal kan wees'. Een van haar soort.
Ontmoet vir Furby - Die naam is self deur seuna gekies.

Hierdie twee is nou regtig soos vinkel en koljander. As jy vir Furby soek kan jy maar net gaan loer waar boeta is, en andersom.

Natuurlik is min dinge in die huis nog op hul plek soos dit was voor klein Furby se intrek. My blomme is uit hul vase uit en dit le die hele vloer en mat vol.

Die water bak met my ou klippies en ivy palnt in word gebruik as 'n bad, Furby klim daarin, met al vier haar voetjies en dan begin sy haarself te was. Dit is te oulik om na haar te kyk wanneer sy begin om haarself skoon te maak. Sy praat natuurlik vreeslik baie, en mens begin dit al bietjie te verstaan. Want die tone van die mieaaauwws.... verskil. Wanneer sy kos wil he, weet mens dit en wanneer haar water klaar is sit sy voor die bakkie en sit 'n lekker keel op, en dan natuurlik vergeet sy soms waar haar sand bak is dan hoor mens die benoudheid in daardie klein stemmetjie. Dan weet Jay hy moet haar gou vat voordat dit te laat mag wees.

Ja, en selfs Christiaan se speel kamer word gedeel met Furby - inteendeel dit is haar gunsteling slaapplek deur die dag, en in die aand slaap sy by Jay.
Ou seuna is so geduldig met haar, hy bou sy eie speel stad en hy is so erg daaroor, maar wanneer sy sy goed omstamp of uit die aarde uit storm dan se hy net ag nee Furb's mens speel mooi met mekaar, en ewe geduldig bou hy dit maar oor.
En natuurlik word daar kos ook gedeel . Nou nie regtig van Furby se kant af nie maar seuna deel graag en sy is soos 'n regte kind en se vir niks nee dankie nie.

O ja, dan sonder om na te laat word die bordjies soms verhang en dan speel seuna net so lekker met Furby se speelgoed soos wat sy met syne speel. En sy is net so geduldig as hy haar van die een bank na die ander verskuif, net om haar so bietjie vas te hou.
Dit is 'n pragtige ou dingetjie en sy het ons huis sommer vol lewe kom maak met haar teenwoordigheid.
En ek moet byvoeg sy het die mooiste temperament, sy is nie skrikkerig nie en as seuna dalk te vinnig op haar afkom, wat wel soms gebeur -sal sy gou weg hardloop en dan weer terug kom en op hom afstorm.
Die twee is nou waarlik maats en baie goeie maatjies daarby.