Friday, August 14, 2009

Somer is vir die huis...

Ai, die somer of sal ek se die hitte van ons stad...
Ons kan nie regtig kla nie, want in die huis is die tempratuur heel aangenaam en weet ons nie werklik van die hitte buite nie. ( soms voel dit asof mens in 'n bubbel leef) Maar die moeilikheid kom wanneer ons kleinman buite wil gaan speel en ons vir hom moet verduidelik dat daar nie eintlik 'n manier is om uit te gaan nie.

Gelukkig help vandag se tegnologie mens so nou en dan bietjie uit. Want met die games wat mens deesdae kan koop is daar regtig iets vir almal en alles. Ons het 'n paar opvoedkundige 'games' gekry en dit help om vir boeta te laat vergeet van buite en hou hom bietjie besig in die huis , en terselfde tyd oefen hy sommer sy hand-oog- koordinasie en stimuleer sy breintjie.

Maar wat nou eintlik hierdie hele storie so 'priceless' maak is die feit dat Furby by haar basie wil le, maak nie saak waarmee hy besig is nie, en hoe opgewonde hy ook al raak met die remote in sy handjies nie. Sy le om te le! Dan sal sy hom so nou en dan nog 'n ou vryfie op sy gesiggie ook gee met haar ou gemmer pootjie, net om vir hom te se ,-mooi so 'buddy'!

Die twee darm.
Hulle is te oulik saam. Wanneer sy speel ook... sal sy hom met haar poot kap maar sonder haar naels uit, maar wanneer sy met ons speel kap sy ons soms dat die bloed loop. En sy en boeta is die oulikste twee maatjies.
So, alhoewel ons vir tydelik 'n oplossing gekry het vir die -nie buite gaan speel nie, hoop ek regtig van harte dat hierdie somer nou gou verby sal gaan, alhoewel dit maar eintlik net wishfull thinking is. :-)

8 comments:

Sandra said...

Ja nee Mariette dit is wishful thinking :-)

Dit doen my hart so goed om te sien dat die twee 'n perfect match is en dat hulle mekaar so geniet. Ek sal die mamma se dat haar klein Furby met haar pootjies in die botter geval het en daarom het sy sulke sagte pootjies met hom :-)

Charmaine said...

Dis baie kosbare foto's Mariette. Die twee is verseker wonderlike maatjies. Ek hoop saam met julle dat die somer gou sal verby gaan. As mens dit by die huis se sal mense mens baie snaaks aankyk.

Thea said...

Stem saam! Kan sien hulle is sommer baie lekker maatjies! Min slapies, dan gaan hy heerlik buite kan baljaar en julle sommer ook!!

RITA said...

dIT LYK OF DIE TWEETJIES VIR MEKAAR BESTEL WAS. DIT IS LEKKER OM TE SIEN DAT DIE KINDERS 'N LIEFDE VIR DIERE ONTWIKKEL. DIT FOTOS IS PRAGTIG

OUPA EN OUMA said...

DIT IS OUPA EN OUMA SE LIEWE SONSTRAALTJIE TE DIERBAAR EN JA DIE OU KIETIE LYK TE OULIK EEN VAN DIE DAE IS HY BY SY OUMA.

SA Expats said...

Lol! Ja, my seuntjie is nou 19 maande oud en hy wil net uit maar dit is te warm. Ons AC het ook nog gaan staan en breek en ons was heel naweek sonder AC! Dit was hel!

Mariette. said...

Ai Sandra,- ja die ou Furbs is regtig 'n ou sagte dingietjie.

Ja Charmaine, ons is darm seke al oor die hond se stert met die hitte. ek hoop so regtig!

Die tyd het aangebreek Thea, ons gaan julle weer bietjie kom geniet.

Dankie Rita.

Nog net 'n paar uurtjies ouma!

Sterkte aan julle SA Expats! hoop julle AC kom gou reg want dit is goor as dit so warm is en die kindertjies verstaan nie.

Lekker week vir julle almal en hoor oor so paar weekies weer!
Groetetjies

Ani said...

Ek het gedink Brisbane is warm, maar julle is sowaar 10x erger. Sterkte en hou moed! Daardie kat lyk of hy in die hemel is. Te pragtig!!! Hy weet wie is sy maatjie!