Saturday, July 4, 2009

Ontmoet vir Furby

Ons wou nou al vir 'n geruime tydjie 'n klein diertjie kry vir ons klein man.
So 'n rukkie terug kry ons toe 'n e-mail van Sandra wat vra of ons nie vir die katjie 'n huis wil gee nie, want hulle het al 'n paar katte en wil graag eerder vir hierdie een 'n goeie huis kry.
Nou ons het eintlik 'n gemmer katjie gesoek want vir een of ander rede wil ons klein man net 'n gemmer kat gehad het, maar ons Vader het van beter geweet, want hierdie swart katjie is spesiaal vir seuna gekies. 'Dit was n gemmer -soos jul kan sien , wat Jesus swart geverf het sodat sy net soveel te meer spesiaal kan wees'. Een van haar soort.
Ontmoet vir Furby - Die naam is self deur seuna gekies.

Hierdie twee is nou regtig soos vinkel en koljander. As jy vir Furby soek kan jy maar net gaan loer waar boeta is, en andersom.

Natuurlik is min dinge in die huis nog op hul plek soos dit was voor klein Furby se intrek. My blomme is uit hul vase uit en dit le die hele vloer en mat vol.

Die water bak met my ou klippies en ivy palnt in word gebruik as 'n bad, Furby klim daarin, met al vier haar voetjies en dan begin sy haarself te was. Dit is te oulik om na haar te kyk wanneer sy begin om haarself skoon te maak. Sy praat natuurlik vreeslik baie, en mens begin dit al bietjie te verstaan. Want die tone van die mieaaauwws.... verskil. Wanneer sy kos wil he, weet mens dit en wanneer haar water klaar is sit sy voor die bakkie en sit 'n lekker keel op, en dan natuurlik vergeet sy soms waar haar sand bak is dan hoor mens die benoudheid in daardie klein stemmetjie. Dan weet Jay hy moet haar gou vat voordat dit te laat mag wees.

Ja, en selfs Christiaan se speel kamer word gedeel met Furby - inteendeel dit is haar gunsteling slaapplek deur die dag, en in die aand slaap sy by Jay.
Ou seuna is so geduldig met haar, hy bou sy eie speel stad en hy is so erg daaroor, maar wanneer sy sy goed omstamp of uit die aarde uit storm dan se hy net ag nee Furb's mens speel mooi met mekaar, en ewe geduldig bou hy dit maar oor.
En natuurlik word daar kos ook gedeel . Nou nie regtig van Furby se kant af nie maar seuna deel graag en sy is soos 'n regte kind en se vir niks nee dankie nie.

O ja, dan sonder om na te laat word die bordjies soms verhang en dan speel seuna net so lekker met Furby se speelgoed soos wat sy met syne speel. En sy is net so geduldig as hy haar van die een bank na die ander verskuif, net om haar so bietjie vas te hou.
Dit is 'n pragtige ou dingetjie en sy het ons huis sommer vol lewe kom maak met haar teenwoordigheid.
En ek moet byvoeg sy het die mooiste temperament, sy is nie skrikkerig nie en as seuna dalk te vinnig op haar afkom, wat wel soms gebeur -sal sy gou weg hardloop en dan weer terug kom en op hom afstorm.
Die twee is nou waarlik maats en baie goeie maatjies daarby.





12 comments:

Charmaine said...

Ai dankie dit was nou sommer 'n lekker blog om te lees en ek kan sien Furby en Christiaan is ewe in hulle skik met mekaar. Ons Pa is wonderlik. Geniet die klein ondeund.

Sandra said...

Ek's baie bly Furby het so 'n goeie huis en maatjie gekry. Ek stem saam, sy het 'n wonderlike persoonlikheid.

mariki said...

Geniet haar!

Ani said...

Sy is so pragtig!!! Mens se huis voel sommer weer soos 'n huis met 'n wollerige lyfie om te "cuddle". Geniet haar!!

MA ADRI said...

AG WONDERLIK OM TE DINK DAT N EKSTRA ASEMPIE N HUIS KAN VOLMAAK.MAAR WAT N PRAGTIGE DINGETJIE. MAAR GLO MY J.R IS NET SO GELUKKIG WANT IS N DIERE MENS EN HY GENIET DIT VREESLIK. MIS SY HONDJIE BAIE. AG GENIET JUL DIERJIE. MY LIEFDETJIE.

me said...

cute! - The cat and the boy!

...me...

RITA said...

Man dit lyk pragtig. Ek sal nie se dit is seker die mooiste katjie nie, maar hy is rondtom lelik maar ek is seker hy sal grootman besig hou. Julle almal gaan hom sommer baie geniet. Die fotos is pragtig en spesiaal. Liefde

Thea said...

Ek glo kinders moet 'n troeteldier hê. Ag dis lekker om te sien hoe hy vir Furby geniet!!

Mariette. said...

Dankie Cahrmaine en Mariki- ons geniet die klien dingetjie

Ai Sandra sy't 'n baie oulike persoonlikhied en raak elke dag meer opvreetbaar- sy is beslis nie die gewonde straat kat nie- nogmaals jammer oor julle 'Loss'!

Jip Ausie maatjie! daar is niks so lekker soos 'n wollerige diertjie nie.

Rita- dankie net ander dink sy is leklik sy is vir ons te pragtig

Thea -jy is reg 'n kind moet 'n diertjie he. want hulle leer baie uit so oulike dingetjie uit.
Wat het van jou geword?
jammer om te hoor van jou honde- het by my ma gehoor. :-(

Anonymous said...

Diere maak 'n groot verskil in kinders se lewens. Dit gaan ook so wees in "seuna" se lewe.

Mariette. said...

Dankie vir die saam kuier Attie.
Dit is verseker soos jy se. hierdie klein diertjie het Christiaan se lewe al so verreik die week of 2 wat a verby is.
En moet ek byvoeg ook in die moeilikhied gebring, maar die vreugde wat Furby vir hom bring maak dit die moeitewerd. :-)

Sonja said...

Jou foto's is pragtig!