Die tempratuur is nou goed op en ons is nou beslis in die somer, dit is regtig te warm om iets buite te doen, al het die son gesak, want dit is juis dan wanneer die hitte op sy ergste is met die humiditeit.
Maar ons was gelukkig, want ons het die week wat verby is 'n dag of wat dit effe koeler gehad, en met die het ons die geleentheid aangegryp en die middag bietjie strand toe gegaan. Sommer 'n strandjie hier naby ons.





Die see is vol van hierdie blou menere, en die wat julle hierbo in die water sien lyk redelik klein maar ou maters hulle is verseker nie klein nie, en hulle knyp jou dat jy bloei en goed brand. Een van hulle het my ma se plakkie stukkend geknyp toe ons saam met hulle kuiertjie hier kom braai het.
Maar wat so besonders is van hierdie spesifieke plek, is dat die water baie mooi skoon is, en mens alles baie mooi kan sien, nie net die krappies wat oppad is om jou te kom aanval nie, maar selfs die mooi klippies en skulpies.
En hier is weer my handsome man, maar ekt hom nie afgeneem nie, ons wou eintlik die vrouens agter hom afneem wat met al hulle baie lae rokke en kopdoeke swem.


En klein man het 'n goeie plan uit gewerk om so nou en dan af te koel ,... hy maak seker dat die bal in die water beland sodat hy darm net sy voetjies so bietjie daarin kan sit en nat maak, maar dan moet hy ook meer versigtig wees vir meneer blou krap!
6 comments:
19 de strand is een van ons gunsteling plekke om in die water te hang terwyl die son sak. Elke keer as een van daai "bagger" bote verbykom maak dit lekker groot branders :-).
So 'n vleisbraai is heerlik.
Hmmm... dit lyk darem alte lekker hierdie braaiery so langs die see!!
Eish!! Ek sal definitief ook nie in een van daai krappe se knypers se pad wil kom nie!
Sandra:- Ons was nog nie by 19de se strand nie, ons sal bietjie kom kyk - is dit daar waar die dolfyn fonteine is?
En ons kan gerus weer 'n plan maak vir 'n lekker vleis braaitjie! Laat weet net wanneer julle kaans sien vir dit!
Ooo toggie Thea -ja daardie krappe beteken besighied. En jy moet sien wanneer dit nou goed donker is dan vang daardie krappe met daardie knypers baie vissies en eet hulle gou gou op! dit is nogal iets om te aanskou.
O JA DIS DIS DIE LEWE N MENS MOET REGTIG MEER MALE SO WEG BREEK WANT DIT IS DIE HERHINNERINGE WAT SAAK MAAK.DIT IS SO LEKKER OM NOU TE WEET WAAR DIT IS.DIT IS REGTIG SO ONTSANNE EN HEERLIK.GENIET DIT ELKE OOMBLIK MY LIEFIES
Dit lyk asof jul 'n heerlike aand gehad het. En nou is ek sommer lus vir braaivleis op die kole. Hier in ozzieland is gasbraai ook maar die mode, alhoewel manlief nog nie geswig het nie.
Hoe baie lus is ek nou vir so vleisie op die kole gebraai... ai man. Ek het nie geweet daar is sulke gevaarlike krappe in hierdie waters nie. Daarie een lyk of hy jou toon kan afbyt.
Post a Comment