Showing posts with label strand. Show all posts
Showing posts with label strand. Show all posts

Monday, July 13, 2009

'n Lekker kole braai.

Die tempratuur is nou goed op en ons is nou beslis in die somer, dit is regtig te warm om iets buite te doen, al het die son gesak, want dit is juis dan wanneer die hitte op sy ergste is met die humiditeit.
Maar ons was gelukkig, want ons het die week wat verby is 'n dag of wat dit effe koeler gehad, en met die het ons die geleentheid aangegryp en die middag bietjie strand toe gegaan. Sommer 'n strandjie hier naby ons.

Ons klein man het dit nie werklik verwag nie, en het in die kar aan die slaap geraak, en toe ons op die strand kom het ons hom maar op die kombersie laat slaap, en net voordat hy in sy volgende slaap suklis gegaan het, het ons hom wakker gemaak. En was hy vir jou uit sy vel uit toe hy op die strand wakker word. Dit was soos 'n prys wat hy gewen het.

Dit is nie 'n bree strand nie, maar hy is redelik lank, so daar is gewoonlik genoeg plek vir al die mense wat saans daar kom uitspan.

Ons was die keer bietjie lus vir lekker rooivleis en 'n kolebraai, so toe gaan koop ons een wat net groot genoeg is vir ons klomp. Nou moet ek se ,- daar is min dinge wat so lekker ruik soos 'n vuur braai - gewoonlik doen ons dit op die gasbraaitjie, en alhoewel dit lekker is, is daar niks wat so lekker is soos 'n vuur braai nie.


Juan het so bietjie saam met ons gekom, om sy tyd so bietjie gouer te laat verbygaan - want sien hy is so gelukkig om vir 'n volle maand huis toe te gaan en na die liefdes van sy lewe toe. Hy het vir hom/hulle 'n nuwe kamera gekoop en toe het hy so bietjie geoefen om met dit te werk en te kyk wat hy alles kan doen met die fancy lense!


Ons kom gereeld na die strand toe al is dit net vir bietjie ontspan - beslis nie vir swem nie..., - en ons sien deesdae dat hulle hier ook besig is om die bietjie van die see te 'reclaime' om seker een van die Sheikes se paleise groter te maak of 'n nuwe een te bou, of vir nog 'n nuwe gebou(tower) soos hulle dit noem. Dit is nou die deel aan die agter kant van hierdie handsome man van my wat so mooi staan en 'n pose strike met sy Robertsons' steak en tjops speserye in sy hand.


En hierdie pragtige blou krap is die rede hoekom ons beslis nie in hierdie see swem nie...
Die see is vol van hierdie blou menere, en die wat julle hierbo in die water sien lyk redelik klein maar ou maters hulle is verseker nie klein nie, en hulle knyp jou dat jy bloei en goed brand. Een van hulle het my ma se plakkie stukkend geknyp toe ons saam met hulle kuiertjie hier kom braai het.

Maar wat so besonders is van hierdie spesifieke plek, is dat die water baie mooi skoon is, en mens alles baie mooi kan sien, nie net die krappies wat oppad is om jou te kom aanval nie, maar selfs die mooi klippies en skulpies.


En hier is weer my handsome man, maar ekt hom nie afgeneem nie, ons wou eintlik die vrouens agter hom afneem wat met al hulle baie lae rokke en kopdoeke swem.

Dit weer was so lekker dat die manne selfs energie gehad het om lekker bal te skop.
En klein man het 'n goeie plan uit gewerk om so nou en dan af te koel ,... hy maak seker dat die bal in die water beland sodat hy darm net sy voetjies so bietjie daarin kan sit en nat maak, maar dan moet hy ook meer versigtig wees vir meneer blou krap!

Friday, May 15, 2009

Strand toe met 'n Vriend.

Dit is nou weer daardie tyd van die jaar, - somer-.
Omdat dit so baie warm is en ons drie maar baie versigtig is vir die son en sy gevaarlike strale, gaan ons maar eers na 5 uur se kant strand toe. Dit is nog baie warm, maar die sterkte van die son is heelwat vlouer. Ek moet ook se mens gaan nie strand toe om af te koel nie, want die water is so warm soos lou water. Dit is heerlik, en as jy uitklim, maak die warm windjie wat dan oor mens se nat lyf waai, jou ook glad nie koud kry nie.

Hierdie tyd van die dag is ook die tyd wat die meeste mense hul wetsuits aantrek vir die watersport's, want die "brake water" is juis daardie tyd vol van almal wat 'n jetskie, catamaran en seilbootjie het.


Ons het 'n vriend saam gebring strand toe,- Juan is een van Manlief se werks vriende wat nog uit ons Durban dae kom. Juan is nog nuut hier rond, sy kosbares is in Suid Afrika, en hy verlang homself deurmekaar. Ons nooi hom toe saam strand toe. Nou Juan is gewoont aan Durban se golwe, en ek glo nie hy het die brake water strand werklik as 'n see ervaar nie, maar hy maak toe 'n groot ontdekking - hy kan in hierdie see al te lekker dryf.
Ek weet nie hoe dit werk nie, maar manlief kan ook nie in 'n swembad of in 'n
gewone see dryf nie,
(sien hulle het nie genoeg boude en heupe nie-so geen natuurlike tube nie-lol)
Maar in hierdie see kan hulle te lekker le en dryf - en hulle het dit geniet.
Met die son wat in die weste sak blink die water so pragtig met die Marina Mall in die agtergrond, en die 3 manne, insluitend my kleinman met sy vlerkies, lyk soos skadu kolle om en in die rustige waters....

Hulle klim toe so sewe uur uit, want toe begin hierdie mamma se klein man se magie na kossies vra, en behalwe vir die kossies wat sy magie wil he, is daar 'n ander rede ook hoekom hy by die Khalidaya Mall wil gaan eet.
Juan droog af en mms toe gou vir liefie in Kaapstad 'n kiekie van waar hy homself bevind, en die dad's vat ons kosbare kleinman om hulle droog te gaan aantrek.
Ek gebruik toe vir Juan as model om die son wat soos 'n lig op die horison hang, af te neem.

By die mall word daar 'n ietsie vir die lee kol op die magies gekoop. "Die reel van hierdie mall , -oom Juan is..., jy moet eers eet voordat jy die rollercoaster kan ry" - vertel ons kleinman ewe polite.

Daar word soos ouder gewoonte chinees ge-eet en manlief verkoop die idee aan sy tjomma.

Klaar ge-eet ... gaatjies en maagies vol, - en dis nou sulke tyd, reken ons kleinman. En hy trek daar weg - neem die leiding want hierdie pad ken hy te goed, na sy gunsteling plek toe.
Sien, Jata is nog is Suid Afrika en seuna mis hom, as hy hierdie ding doen, maar die wete dat daar iemand nuuts saam hom die ervaring kan deel, maak die verlang bietjie beter...

Natuurlik kan ons nie net huistoe gaan sonder om 'n soet dingetjie te kry nie, en ons stel ons favorite doughnut aan Juan bekend, daar is geen plek wat 'n dougnut so lekker maak soos hierdie Krispy Kreme nie, dit is vars, warm en watertand heerlik. Of hoe Juan?