Friday, May 15, 2009

Strand toe met 'n Vriend.

Dit is nou weer daardie tyd van die jaar, - somer-.
Omdat dit so baie warm is en ons drie maar baie versigtig is vir die son en sy gevaarlike strale, gaan ons maar eers na 5 uur se kant strand toe. Dit is nog baie warm, maar die sterkte van die son is heelwat vlouer. Ek moet ook se mens gaan nie strand toe om af te koel nie, want die water is so warm soos lou water. Dit is heerlik, en as jy uitklim, maak die warm windjie wat dan oor mens se nat lyf waai, jou ook glad nie koud kry nie.

Hierdie tyd van die dag is ook die tyd wat die meeste mense hul wetsuits aantrek vir die watersport's, want die "brake water" is juis daardie tyd vol van almal wat 'n jetskie, catamaran en seilbootjie het.


Ons het 'n vriend saam gebring strand toe,- Juan is een van Manlief se werks vriende wat nog uit ons Durban dae kom. Juan is nog nuut hier rond, sy kosbares is in Suid Afrika, en hy verlang homself deurmekaar. Ons nooi hom toe saam strand toe. Nou Juan is gewoont aan Durban se golwe, en ek glo nie hy het die brake water strand werklik as 'n see ervaar nie, maar hy maak toe 'n groot ontdekking - hy kan in hierdie see al te lekker dryf.
Ek weet nie hoe dit werk nie, maar manlief kan ook nie in 'n swembad of in 'n
gewone see dryf nie,
(sien hulle het nie genoeg boude en heupe nie-so geen natuurlike tube nie-lol)
Maar in hierdie see kan hulle te lekker le en dryf - en hulle het dit geniet.
Met die son wat in die weste sak blink die water so pragtig met die Marina Mall in die agtergrond, en die 3 manne, insluitend my kleinman met sy vlerkies, lyk soos skadu kolle om en in die rustige waters....

Hulle klim toe so sewe uur uit, want toe begin hierdie mamma se klein man se magie na kossies vra, en behalwe vir die kossies wat sy magie wil he, is daar 'n ander rede ook hoekom hy by die Khalidaya Mall wil gaan eet.
Juan droog af en mms toe gou vir liefie in Kaapstad 'n kiekie van waar hy homself bevind, en die dad's vat ons kosbare kleinman om hulle droog te gaan aantrek.
Ek gebruik toe vir Juan as model om die son wat soos 'n lig op die horison hang, af te neem.

By die mall word daar 'n ietsie vir die lee kol op die magies gekoop. "Die reel van hierdie mall , -oom Juan is..., jy moet eers eet voordat jy die rollercoaster kan ry" - vertel ons kleinman ewe polite.

Daar word soos ouder gewoonte chinees ge-eet en manlief verkoop die idee aan sy tjomma.

Klaar ge-eet ... gaatjies en maagies vol, - en dis nou sulke tyd, reken ons kleinman. En hy trek daar weg - neem die leiding want hierdie pad ken hy te goed, na sy gunsteling plek toe.
Sien, Jata is nog is Suid Afrika en seuna mis hom, as hy hierdie ding doen, maar die wete dat daar iemand nuuts saam hom die ervaring kan deel, maak die verlang bietjie beter...

Natuurlik kan ons nie net huistoe gaan sonder om 'n soet dingetjie te kry nie, en ons stel ons favorite doughnut aan Juan bekend, daar is geen plek wat 'n dougnut so lekker maak soos hierdie Krispy Kreme nie, dit is vars, warm en watertand heerlik. Of hoe Juan?

7 comments:

Juan said...

Dankie vir al die moeite in hierdie kolletjie op die grote internet! Sjoe, hoe lekker was dit nie om te kan swem nie. Ek is so mal oor die water, solank dit nie koud is nie, en dit was net reg!!! Ja, dit was al te heerlik om te kan dryf! Ek vertel almal dit. En ja, daardie doughnuts is 'n wenner! So effe meer vars as die vat jy in PnP kry.

MA ADRI said...

DIT IS PRAGTIG EN GLO MY ONS GAAN DIT BELEEF EN GENIET. SO DAGGIES WORD MIN EN KAN NIE WAG NIE. DANKIE VIR DIR WONDERLIKE FOTOS. GENIET DIT OM NA DIT TE KYK.LIEFDE TOT EEN VAN DIE DAE.

Mariette. said...

Ons is bly jy het dit geniet Juan! Sal maar weer so maak....

Ja mamsie, dit is minder as 2 hande vol se slaapies, kan nie meer wag nie! Ons dae gaan ook te min wees vir alles wat ons wil doen.

8-7-6-5-4-3-2-1!!!!

RITA said...

Man dit lyk lekker ek weet nie of ek moet groen wees van jaloesie nie, maar dit bly maar lekker nie. En Juan byt net vas een van die dae is al julle geliefdes by om alles mee te maak. Julle moet dit geniet hoor, ons sal vir nou eers voor ons kaggels sit en die somer weer begin lewe. Liefde

Ani said...

Dit lyk na 'n heerlike swemmery. En ek moet saamstem, daardie donuts is die lekkerste in die wereld. Ongelukkig is hier net 1 so winkeltjie in ons omgewing, en nie te naby nie, so ons kan nie gereeld soontoe gaan nie. Seker maar 'n goeie ding!!

Mariette. said...

Rita- ja trek maar die warm jassies aan, ek weet soms nie wat ek wil he nie die koue of die somer, meskien iets tussen in.
liefies jou!

My Ausie blog maatjie- Ek moet se ons ry ook so 28-30km vir die lekkerte. Maar soos jy se 'n goeie ding dat dit nie om die blog van mens is nie.

lekker week julle

Unknown said...

Hi dit is Wynand en ek het alles gelees baie dankie vir die fotos van gister. Ek het probeer deurkom maar kon dit nie regkry ie maar ek sal nou gereeld inskakel want ek moet maar vir my n vrou soek op die kassie lekker rondry en ek laat weer van my hoor groete