Thursday, May 21, 2009

'n Lekker braai.

Ons het besluit om bietjie te gaan braai in 'n parkie in die stad. Gelukkig het ons, ons eie klein gas braaitjie saamgevat, want die wat wel daar in die park is vir braai , was reeds beset, maar dit het ons gepas, want die liefie soek gereeld 'n rede om op sy eie braaitjie te braai.
Ons het vir ons heerlike boerewors by die Suid-Afrikaanse slaghuis gaan koop, met lekker vars brood rolletjies.
Dit was eintlik so 'n luilekker middag dat selfs die ou mossies vir hulle 'n gaatjie in die koelte weg van die son gesoek het en heerlik gerus het.


En terwyl ons groot mense net bietjie wil rus en so min as moontlik doen, het hierdie kleinman van ons oneindigende energie, en dit is 'n gehardloop van die een ding na 'n ander, en net so nou en dan kom maak hy 'n draai en se hy het petrol nodig vir krag en vir sy keel wat so dors is...

Ons klim op in die toringtjie om die stad en park van bo af te besigtig, dit is nogal mooi, -ek is nou nie iemand vir hoogtes nie, maar dit is net anders om dinge van so 'n hoogtetjie te bekyk. En die park met die groen grassies, is gesond vir die oog, en doen mens se gemoed sommer goed en lekker.

En aan die einde van die kuiertjie in die park is daar niks so mooi soos die son wat ook in die weste sak met sy rooi gloed, wat vir oulaas die "brake water" groet.


7 comments:

OUMA ADRI said...

AI AI DIT LYK GRAETE EN OM TE DINK ONS GAAN DIT BINNE 4 DAGGIES IS ONS DAAR OM ALLES SELF TE BELEEF. GREAETE. GAAN DIT SAAM MET ONS SONSTRAALTJIE BELEEF. WATTER WONDERLIKE VOORREG. SIEN JUL DAAR. LIEFDE

Cecile said...

Dit lyk so heerlik.... hier by ons is dit nou erg besig om koud te word so die lekker vleisbaaitjies moet nou maar eers wag tot die somer weer begin. Jig en ons is nou maar eers in die begin van ons winter.

mariki said...

Mooie foto's, Vlooitjie! En ai, as hier maar 'n slaghuisie was wat boerewors verkoop het....

mariki said...

Oeps, wou nog sê -- is saam met julle opgewonde oor die GROOT kuier wat voorlê.

Is mos self 'n ouma wat ver myle langs verlang na ons kabouterbekkies.

Mariette. said...

Tiek tok - Tiek tok Mams!
Ja nou hardloop die tyd hoop maar net dit staan bietjie stil wanneer mamsie hulle hier is.....

Oe ja Cecile- ek kan dink hoe koel julle nou al die tyd daar kry. Ons braai weer soos kierentjies uit.

Mariki- ek moet se dit is nogal lekker om SA produkte te kry hier, dit is soms soos 'n ou boeretroos om darm ietsie van die huis te kan kry dan maak dit amper op vir die verlange- Ja Ouma Adri kan nie wag om by haar sonstraaltjie te wees nie. -Shame- gelukkig verstaan hulle ons doen dit vir sy toekoms en vir 'n beter een daarby.

lekker weekie!

Ani said...

Dit is pragtige fotos. Lyk of jul 'n heerlike dag gehad het! Ek sien jy is ook lief vir katte, nes ekke!!

Lekker week vir jou!!

RITA said...

JONG WAT KAN EK SE, GENIET ELKE OOMBLIK DAARVAN JULLE HET SO LANK UITGESIEN DAARNA. DIT IS MOS HOEKOM 'N MENS 'N OUPA EN OUMA HE, OM OP TE VRY EN ALLE SOENJIES TE GEE WAT DAAR IS. LIEFDE