Saturday, May 2, 2009

Ons bus toer op land en see..

Met die wat ons die laaste rukkie saam met Flattie in Dubai rond kuier, het ons op hierdie interessante verskynsel afgekom.
Die hotel waar sy tuisgaan, het 'n klomp inligtings blaaitjies van dinge en toere om te doen in die Dubai omgewing, en toe ons op hierdie een afkom het ons saam besluit dat dit 'n avontuur is wat ons moet probeer....

Dit is nie 'n nuwe ding in die UAE nie, want hulle het dit al van 2005 af.

Die Wonder Bus is 'n bus wat op land en see kan ry.
Ongelooflik om dit te dink maar dit is sowaar so.

Ons maak ons bespreking, deur die hotel, en moet die volgende dag die bus 'n halfuur voor vertrek tyd by die BurJuman centre kry.

Kyk dit was warm, maar ons was gereed vir die avontuur, ons het ons hoedjies op gesit en ons water en koeldrank gepak.

Ons het saam met Flattie en van haar besighiedsvennote , Pierre en Shawn op hierdie unieke bustoer gegaan. Ons was almal so opgewonde en kon nie wag vir die oomblik om aan te breek nie.

Die bus het plastiek vensters so vir die eerste deel van die toer het ons met Aircon gery, en dit was so heerlik, want ons het bietjie vroeer opgedaag en moes buite onder sambrele sit en wag, en glo my ons gesiggies was rooi van die hitte, gelukkig het ons almal sonroom aangehad vir die son se strale.

Nadat ons deur die stad na die creek toe gery het, het ons vir 'n oomblik gestop voordat ons die water ingaan. Toevallig was daar 'n televisie opname vir Kuwait TV, wat 'n dokumenter gemaak het vir hulle toerisme kanaal. So toe moes ons eers stop sodat die kamera man sy toerustig reg kon kry vir die groot splash.

Nou ja, op die boonste foto #1 kan mens sien dat ons besig is om in te ry, En WOW! Splish splash daar splash ons in ~ die 2de foto kan jul sien dat ons reeds in die water is en die 3de en 4de fotos kan mens sien dat ons heerlik in dieselfde bus op die water vaar.

(Die kliener foto is een wat ek van die inligtings blad af geneem het net om te wys hoe lyk dit wanneer mens in die water tref)


Oral langs die creek af is daar Abra water taxie's wat die mense van die een kant van die stad na die ander kant vervoer, dit kos maar net 1 Dirham(R2,50) om so water taxi te ry, maar ek dink dit kan nogal op 'n dag soos hierdie een erg wees om in die hitte op die water so oor en weer te ry. Daar is ook 'n hele klomp dhows(tradisionele houtgemaakte bote) langs die creek af wat restaurante is en dit lyk weer op sy beurt na 'n lekker ervaring.(veral vir 'n romantiese aand of so :-)

Hierdie nuwe geboue gekombineer met die ou geboue is asemrowend.
(Die kliener foto is ook uit die inligtingsblad uit)
Die 1ste foto is ons host. Hy het gesorg vir bietjie pret en lag met sy grapperige aanbieding.

Die 2de een is my liefie wat voel hoe dit voel om in die host se stoel te sit. En die 3de een is Kuwait se Tv span wat 'n onderhoud hou met Flattie.


Na 'n uur in die water en se vaar langs die creek af, is dit tyd om terug te keer, en so ry ons boot-bus uit die water uit reg vir die pad terug na die BurJuman centre toe.
Wat 'n heerlike ervaring!
Terloops Dubai het 2 van hierdie busse, en hulle kos elk 3,5 miljoen Dirharm.(maal met omtrent 2,5 vir rand)
(kliener foto uit die inligtings blad uit)
Voordat ons van die bus af klim moes ons 'n foto neem van die land en see buskaptein.

Natuurlik moes die dag met iets te ete afgesluit word, en ons hop toe sommer in die BurJaman centre in om iets te kry, by die eerste restaurant kry ons 'n heerlike spesiaal,...
die menu bestaan uit,- spinasie sop met broodjies, 'n bees straganof vir 'n hoofgereg met rys, en 'n griekse slaai. Dan enige koek of poeding van jou keuse, saam met 'n koeldrank en 'n koffie of tee om die ete mee af te sluit.
Mmmm en dit was nou vir jou heerlik voorgesit, en ons het ons maagies lekker versadig ge- eet.
Selfs ons kleinman het al sy kossies ge-eet om 'n happie poeding te kon kry, en wie kan nou nie vir so bekkie lief wees nie....

11 comments:

MA ADRI said...

OE LA LA DIT LYK REGTIG HEEEEERLIK JULLE. GAAN VERSEKER DIT N DOELWIT MAAK OM DIT TE BELEEF.DAT SO BREIN MOET VROT'NOG NET OP SPROKIES PRENTE GESIEN EN NIE GEGLO DIT KAN WERKLIK GEBEUR.MAAR BLY JUL KON DIT MET FLATTIE DEEL.WAT GAAN NOG UITPOP OP JUL AVONTUUR? SAL BLY UITKYK. LIEFDE

Sandra said...

Dit lyk sommer baie lekker. En waar is daai sjokolade koek geeet?

Mariette. said...

Jip mams, gedink jul sal dit wil doen so ons sal jul verseker vat.

Sndra daardie lekker sjokolade koek is by 'n eetplek met die naam van 'La Gaufrette' in die BurJaman mall geeet, en die hele ete en die koek was maar 35aed. en ons het behoorlik genoeg geeet.

Charmaine said...

Baie dankie vir die vir my... splinternuwe... inligting. Dis iets wat ek defnitief op 'n stadium sal wil doen.

Mariette said...

Dit is 'n plesier Charmaine -jy sal dit baie geniet. hier is hulle website dan kan jy sommer koekeloer. www.wonderbusdubai.net

Lekker week

Thea said...

Dit lyk nou na 'n baie lekker uitstappie! Sal dit in gedagte hou as ek ooit daai kant toe kom!

Ani said...

Dit lyk na 'n heerlike uistappie en 'n ongewone vaartuig. Wonderlike geleenthede wat mens nooit andersins sou gehad het nie.

Muriel said...

Ek kan sommer sien dit was 'n lekker uitstappie, maar nou is ek lus vir sjokelade koek!! whahaha

Liefde

Mariette. said...

Thea, dit is reg ek glo ons sal jul nog sien voordat ons aanbeweeg.... maar wees gewarsku, tussen ons, Sandra, en Charmaine het julle 'n maand nodig om alles te doen wat lekker is....:-)

My Ausie blog maat- dit was heerlik, maar ek geniet net so om julle avonture dop te hou....

Muriel - dit was die heerlikste sjokelade koek- maar man moet dit nie vir 'n 3jrige gee nie, dit is soos 'n skakelaar wat in daardie lyfie af gaan en vir hom se wees nou alles behalwe jouself...!lol!!

Muriel said...

Hello Mariette whahahaha ek glo dit! :lol:

Ek hoop jy het 'n baie spesiale moedersdag gehad en was lekker bederf!
Liefde

Mariette said...

Dankie Muriel- Dit was heerlik. My ou klein asempie het vir my 'n armband en hangertjie gekoop, en die dadda het meer op gedok as net dit.... :-)

Glo jy was ook vet bederf!

liefies