Wednesday, April 29, 2009

-Kinderkuns-
Ek moet nou eers bietjie spog met my klein oulike seuna.

Hy is baie lief om te teken. Hierdie meesterstukke het hy spesiaal vir sy mamma se gang muur geskilder, en self benoem, die een in die blou raam is, 'reenboog van Max,' die pienk een se naam is mollie-mollie, en die groen een is Caliper- volgens hom beteken dit beautiful.

Dan is hy baie lief om balon manne te maak. En daar word nie net een gemaak nie, - daar moet 'n familie wees anders gaan die een mos baie eensaam en alleen wees.


Moet nie die dinosaur vergeet nie.


Hiedie een kan mens baie duidelik sien dat dit Jona in die walvis se maag is.


En oom Jan se trokkie of te wel trekkertjie, is ook 'n gunsteling om gereeld te teken.


Ons groot man kan tot sy eie naam skryf en deesdae begin hy woordjies soos kat ook te skryf.


En hier is sy oupa op 'n fiets,-Oupa Ockie het 'n fiets en moterfiets waarmee hy gewoonlik werk toe ry.
En toe ons vir hom die dag sy eie fiets gekoop het, moes ons vir hom 'n rooi fiets soos oupa sin gekoop het, nou ja- deesdae word oupa ook geteken.


Die 3 varkies se huisies word ook soms geteken, maar op hierdie prentjie het die 3de varkie se baksteen huisie sommer pilare bygekry om dit sterker te maak teen die wolf.

'n Spesiale prentjie van ouma is ook geteken,
hier is ouma met 'n skulpie in haar hand, sy het 'n poniestert op haar kop, en sy het 'n rokkie aan, met groot skoene want sy werk in die tuin. O ja, en sy het 'n groot glimlag op haar mond want sy is mos 'n vriendelike ouma.
En dit is mamma, op die bank terwyl sy Tv kyk. (nie dat mamma so baie tyd het om gereeld so lekker te sit en Tv te kyk nie)

Dadda, en mamma, hulle smile want hulle is baie bly......


Hierdie is 'n projek wat Jata en boeta saam aangepak het, elke dag maak hulle 'n ietsie vir hulle "see-muur" in boeta se kamer, -Jata teten dit en boeta doen die verf werk,- maar die muur staan nou stil want dit mag nie saam mamma gedoen word nie ons moet vir Jat's wag om terug te kom en dan kan hulle weer 'teten' en verf.
Die wolf en die slim varkie.
Ag en daar is vele meer, maar die blog is nie groot genoeg vir alles wat hierdie trotse mamma wil opsit nie. Ons geniet mekaar en ons geniet ons leer tyd in die oggend. Ek weet net nie meer waar om alles te bere en te plak nie, want die mure en yskas is al vol, ek sal maar 'n krat of iets moet kry daarvoor....

11 comments:

Sandra said...

Pragtige prentjies Christiaan. Hy's beslis nou meer as reg om by ons groepie te kom inskakel :-).

Ek onthou daai gevoel van wat om met alles te maak want mens wil niks weggooi nie - en glo my baie jare later as jy net ietsie wil weggooi, keer die kunstenaars self ook. As jy 'n krat koop, maak dit sommer 'n groooote want die skoolprojekte kom nog!

Charmaine said...

Mariette ek het so uitgesien om die prentjies te sien. Die te oulik!!! Ek hou van Jona wat so wys in die vis se maag:-) En die pilare vir die varkie se huis is baie slim. Dis die mooiste skilderytjies. Jy kan met reg trots wees op die kleinman van julle

mariki said...

Ek het nou so lekker gekyk, en ag mense, hoe verlang ek nou terug na destyds toe ons "kunstenaars" so aan die gang was.

Is dit nie SO wonderlik om 'n mamma te wees nie!

Hou so aan, Christiaan!

Mariette. said...

Ons sal hom bietjie na die groepie toe bring Sandra. Ek dink ook hy is nou meer gereed vir dit. en Oe ja ek sal maar 'n groot krat of kas moet kry vir die meesterstukke wat nog kom.....:-)

Dankie Charmaine,-Hierdie mamma se hart bars van tevredenheid. Glo die mannietjie gaan nog groot dinge doen in die naam van Jesus.

Ai Mariki, hulle word net te gou groot, so ek sal hierdie fase met alles wat ek het koester. dankie vir die saam kuier.

groete en lekker naweek

Mariette. said...

SANDRA- ek wou nog se, - om te dink jou ou James het nog nou die dag sulke prentjies geteken en kyk waar staan die man vandag? -met 'n vroutjie aan sy sy - een van hierdie mooi dae blog jy oor jou klienkind se kunswerke. LOL!!!

Jatta said...

hi ja ons het lekker goed gedoen die paar maande wat veby is. Sal dit vir altyd onthou .Wees maar gereed mammatjie ons gaan nog baie mooi goed maak en doen.

Ps :"Reenboog Kleur Max"

OUMA ADRI said...

HOE KAN OUMA NOU NALAAT OM IETS TE SE, TROTS OM AAN TEKONDIG VAN HUL HANG IN MY HUIS. MAMMA IS N PRAGTIGE MAMMA EN SPANDEER BAIE LIEFDE EN TYD AAN ONS MANNETJIE, MOENNIE SY JATTA VERGEET NIE, EK IS SEKER HYT SY OOM JATTA SE TALENT OORGEERF EN SAL DIT NIE GRAETE WEES NIE.OPGEWONDE OM TE SIEN WAT ONS KLEIN KUNSTENAARTJIE NOG GAAN OP TOWER.

Mariette said...

Jatta en Mams! ja dit is nou beslis 'n talent wat hy van jul ge-erf het, en ek glo dit sal nog in groter dinge ontwikkel.

leker naweek vir julle ook!

liefies

RITA said...

Man dit is te pragtig, lyk of hy al in graad R of 1 kon wees. Dit is pragtig en regtig talentvol. My seuntjie geniet dit hoor en jy maak ons famalie sommer trots op so 'n mannetjie met soveel talent. Dit is inderdaad die grootste geskenk wat die Liewe Vader ons gegee het om sy kinders na die beste te kan leer en baie tyd in te sit in alles in die lewe. Want die einddoel van alles is ewigheid saam met ons Vader.

Thea said...

Ag dis te sweet! Hy's baie gelukkig om so 'n wonderlike mamma en 'n Jatta te he wat hom so oulik leer. Maar dan weet ons ook mos dat die klein mannetjie baie slim is by homself ook! :-)

Muriel said...

Ek is heeltemal versot op kinderkuns!!! Nee regtig julle ek het selfs geraamde kinderkuns op 'n spesial muur aangebring.

Dit is vir my so special as 'n kind spesiaal vir my 'n art piece maak, want hulle sit soveel moeite in!!

Julle moet sien hoe blom hulle as hulle daai mooi geraamde stuk teen die muur sien pryk!!

Seuna is vreeslik oulik met die kuns stories Vlooitjie!!! Ek hou veral van die eerste foto!!

Celebrate hom, maak jou hele huis vol van sy kunswerke!! Hulle word so gou groot!!

Liefde