Wednesday, April 1, 2009




-DIE DORPIE DIBBA-




Die dorpie Dibba, is 'n plattelandse dorpie. Die strate is redelik skoon en mens kan sien die mense kyk mooi na hul plekkies, veral in die hoofstrate. Daar is nou gald nie 'n teken van hoe geboue en skyscrapers nie, maar dit hou 'n skoonhied van sy eie in.



Wat vir my baie opvallend was, was die kleur. Die geboue is 'n dieper kleur geverf as die wat ons hier in Abu Dhabi gewoond is, en in hul eenvoud het hulle baie moeite gedoen met die blommetjies langs die straat en dit in mooi potte geplant.



Ek is mal oor die berge in die agtergrond, dit hou vir my so gevoel van grootsheid en krag in, maar tog het dit ook 'n sekere sagthied aan dit. Mens besef net weereens die groothied van ons Skepper, wanneer mens so staan en die werke van Sy Hand aanskou.




Nadat ons so bietjie in die stad rondgery het en bietjie ondersoek ingestel het, het ons die pad na die strand toe gevat. Wat seker so 15 km se ry uit die dorpie is. Soos ons met die seepad gery het, kry mens kort-kort 'n hotel aan die linkerkant en die een wil mooier wees as die ander. Daarvan kon ons egter nie 'n mooi fototjie neem nie, want maak nie saak waar mens in die UAE is nie, platteland of stad, hier moet jy ry om te ry. Dit was al laatmiddig , skemer se kant, toe ons ons eerste stop op die strand maak.



Klein voetjies kan nie vinnig genoeg loop om by die water uit te kom nie! "Links regs links regs kyk hoe flink, reguit see toe, gou-gou-gou."




Ons was so bevoorreg om 'n waterskilpad te sien swem in die golfies , maar die meneer was net te sku vir 'n kiekie. Die strand is maar rotserig en klipperig, maar die see, ruik soos see en die groot golwe wat daar is gee vir jou die gevoel van see en nie net een groot stil meer nie. Die seewater is ook swart so jy kry 'n gevoel van diepte en sommer baie diep, maar mooi was nog nooit lelik nie.


Hierdie was die plek waarin ons oornag het -'Seaside Residence'. Ons het dit op die internet bespreek en daar was nie werklik fotos by nie, so ons het aangeneem dat dit naby die see is, maar dit was beslis nie die geval nie. Dit was in die middel van die dorp en 'n hele ent van die see af, - maar dit was 'n bedjie om in te slaap en 'n dakkie oor ons koppies - want ons is nou verseker nie kampmense nie, (of hoe mams) - Behalwe vir dit het ons heerlik koel geslaap - waar in 'n tent of kamp plek gaan jy beslis moeilik gedoedoes het, met die hitte wat al reeds daardie tyd in die lug was.


Oppad uit na ons volgede bestemming die volgende dag, ry ons verby hierdie geboutjie en toe ek mooi lees toe sien ek dat dit is die hospitaal van Dibba. Onmiddelik sonder om eers aan 'n ander gedagte te dink, dank ek toe ons Vader dat hy my nie daar geplaas het om te bly nie, want dit lyk maar vreeslik kleinerig en mens wil darm weet jy is in goeie hande as die nood dreig. Soos 'n armpie wat breek, en dat daar darm 'n dokter is wat jou darm op die plek onmiddelik sal kan help. (Mens kry die gevoel dat dit so klein is, en dat die dokter na 3uur al by die huis is, haha)




Die groen palms met die berge is waarlik prentjie mooi. Dit bring sommer so onverstaanbare rustighied oor 'n mens.

Ons het 'n hele paar kamele langs die pad gesien, en wat lekker is om na hulle te kyk behalwe dat hulle 'n mooi unieke dier is, is die feit dat hulle goed versorg is, en lekker stewige lyfies het.


Dan die laaste sien van die asemrowende mooi berge.



En so met die verby ry hoor ons net seuna skree daar is die 3 varkies se huisies mamma, 'n strooi huisie en die boetie sin van stokkies, maar die driede boetie bou nog sy baksteen huisie....



6 comments:

Sandra said...

Mooi foto's julle. Volgende keer met julle die dhow bootrit van Dibba na Oman toe vat en saam met die dolfyne of bloublasies (hang af wie het die see die dag bespreek) gaan swem.

Thea said...

Pragtige foto's! Dit lyk regtig na 'n baie mooi dorpie! Ek het lekker gesmile vir die 3 varkies se huisie! :-)

Mooi bly!

Lovies

x

MA ADRI said...

DIT IS REGTIG BAIE INTERRESANT OM ANDER SE LYFSTYLE TE SIEN. OPMERKLIK SKOON.DOL OOR SIE BOUSTYLE EN NATUURLIK IS DIE BERGE ONGELOOFLIK MOOI. DIE SKEPPING ONGELOOFLIK GROOT. DANKIE DAT JY DIT MET ONS DEEL. SOWAAR LEKKER OM OP OUDERDOM ALLE MOOI PLEKKE WERELD WYD TE KAN ERVAAR.EN NATUURLIK WATTER VOORREG VIR ONS SONSTRAALTJIE. GLO HY NEEM ALLES IN. LIEFDE

Mariette. said...

Dankie Sandra, Ja volgende keer gaan ons beslis vir meer as 'n week gaan.

Dankie Thea.Ja ons lag so lekker vir die klienman deesdae.

Min dae mamsie

liefies

Anonymous said...

[url=http://firgonbares.net/][img]http://firgonbares.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]coreldraw torrents, [url=http://firgonbares.net/]shop production software[/url]
[url=http://firgonbares.net/][/url] software shop uk microsoft original software
buy software on line [url=http://firgonbares.net/]adobe acrobat 9 student[/url] cheap software downloads
[url=http://firgonbares.net/]on line store software[/url] adobe photoshop elements 6 for mac
[url=http://firgonbares.net/]shop software trial[/url] macromedia fireworks software
music software for sale [url=http://firgonbares.net/]oem software on[/b]

Anonymous said...

[url=http://sunkomutors.net/][img]http://sunkomutors.net/img-add/euro2.jpg[/img][/url]
[b]buy computer softwares, [url=http://sunkomutors.net/]microsoft computer software[/url]
[url=http://sunkomutors.net/][/url] Software immediately selling software in china
filemaker pro 10 upgrade [url=http://sunkomutors.net/]nero smart start[/url] free budget software canada
[url=http://sunkomutors.net/]new office software[/url] autocad jobs
[url=http://sunkomutors.net/]cheap softwares review[/url] inventory order software
buy hacking softwares [url=http://sunkomutors.net/]buy cheap adobe software[/b]