Sunday, April 19, 2009

Redbull AIR Race Abu Dhabi

Ons het die naweek die Redbull Air Race hier by ons in Abu Dhabi bygewoon.
Dit was 'n belewenis, en great om deel van te wees.


Heel gepas was die vliegtuig, geborg deur Abu Dhabi Tourism Authority en gevlieg deur Hannes Arch van Oostenryk, toe ook die uiteindelike wenner!




Volgens die kommentators en die TV uitsending, was daar na raming 100 000 duisend mense wat dit hierdie jaar op Abu Dhabi Corniche bygewoon het.


In die agtergrond is Lulu Eiland, en net skuins regs daaragter het hulle sommer van die hawe af 'n tydelike "runway"(aanloopbaan) gemaak, vanwaar die vliegtuie opgestyg het.



Die mense het tussen die vliegkyk deur in die see gaan afkoel, en die see se is besig het al heelwat gestyg in die laaste paar weke en is baie aangenaam.












Hierdie vliegtuig (2 fotos bo en een onder) het die linker "cone" met sy vlerk gesny, en waardevolle sekondes verloor.

Dit vat skaars 'n paar minute dan als weer opgestel vir die volgende rondte.



Ons het dit waarlik geniet, en die hele "event" was baie goed beplan.


As 'n bonus het hulle ook die aand 'n vuurwerk vertoning aangebied wat ons nie eens van geweet het nie, gelukkig het ons dit op die een kennisgewing bord raakgelees!



Net na sewe uur het dit begin, en die keer het ons oorkant die Corniche op die breakwater gaan sit en 'n manjifieke uitsig op die vuurwerkvertoning gehad.



Hulle het die meeste van die vuurwerke van drie vlotte in die see tussen die corniche en die breakwater afgeskiet.



Met tye was dit oorverdowend, en dit het soms jou hele liggaam van jou binneste af geruk, so sterk was dit.


'n Helikopter het die res van die vuurwerke uit die lug uit gevuur om die op die grondvlak te komplimenteer.



Baie mooi! -Asemrowend.



Dit was een lekker dag en aand, en wat 'n voorreg is dit nie om sulke events te kan bywoon nie! Gelukkig het Abu Dhabi min diere, en hopelik was dit ver genoeg van die straatkatjies af om hulle nie te veel te pla nie.

10 comments:

MA ADRI said...

O MY SKAT DIS ALTE PRAGTIG. AS ONS GELUKKIEG IS SIEN ONS DIT NET SOMS OP DIE T.V. WATTER BELEWENIS OM DIT TE ERVAAR. DIE SEE LYK SO PRAGTIG EN GLO MY ONS HARTJIES KLOP AL HOE VINNIGER OM TE DINK ONS GAAN DIT BELEEF.DIE VUURWERKE IS ONGELOOFLIK PRAGTIG.DANKIE DAT JUL DIT DEEL. LIEFDE

Dorette said...

So 'n vliegresies klink na enige seunskind (en sy Pa) se droom! Bly julle het dit geniet!

Die vuurwerke is ongelooflik mooi! Die paar kere in my lewe wat ek die voorreg gehad het om so iets by te woon was almal baie spesiaal. (En ek is seker julle ouens se budget was groter as die in SA!)

Sandra said...

Baie mooi foto's Mariette. Ons man van SA het darem ook beter gevlieg as verlede jaar en nie laaste gekom nie :-)

Thea said...

Stunning!! 'n Lugskou, 'n dag op die strand en nog 'n vuurwerkvertoning ook! Wow!! Dis nou sommer 3 baie lekker goed op een dag. Ek kan glo julle het dit vreeslik geniet!!

Mariette. said...

Mamsie!-Ja die slaapies raak min nou.... nou kan mens begin tel...

Dorette- Ja kyk die seunies het dit baie geniet. En ja hierdie mense kan 'n ding doen as hul dit doen....

Jip Sandra, mens kon darm trots wees op die man... Dit was ongelooflik om te hoor hoeveel afrikaaners op die strand was.

Kan mens vir beter vra Thea? Dit was heerlik, die son was warm, maar daar het die heerlikste windjie gewaai, waarlik 'n heerlike dag.

lekker week vir jul almal

mariki said...

Oeee, julle gelukkige mense!!

boetie wat 'xpat' gaan word said...

hi jammer ek was nie daar nie maar
die dae gaan sou gou verby, is een van die dae weer op my pos.

Charmaine said...

Dankie vir die mooie fotos Mariette. Dis pragtig gedoen. Ek sal vir Sandra jou nommer vra en die kuier met die hondjies reel. Dit sal lekker wees vir die seuntjies...

Muriel said...

Wow Amazing, ek is nog soos 'n kind vir mooi vuurwerke, ons sien nooit so iets hier nie. Dankie vir die deel vlooitjie!! Fantasties!
x x

Mariette. said...

soon to be xpat boeta,- ja jou kamer is reg vir jou nuwe begin in AD! Onthou net ons kry jou dienste verniet ne....

Dankie Charmaine - sien uit na die piekniek!

Oe ja Muriel ek dink almal word weer soos kinders as hulle so 'n skouspel in die lug belewe.

lekker dag vir jul almal