Thursday, April 9, 2009





UMM AL QUWAIN


Ek moet eers begin deur te se dat ek weet nie meer regtig hoe om al hierdie name te spel nie, want dit verskil op die aanwysingsborde van die op die padkaart, so ek skryf maar die op die padkaart neer......

Hierdie 4 rondlopers het gedink die gras is groener en smaakliker aan die anderkant van die draad.


Die dorpie het die oulikste roundabouts.

Hierdie een is net so voordat mens by die vismark ingaan.

Toe ons daar stop, sien ons die seemeeue net op die een plek rondsweef en in die water in duik. Ons besluit toe om bietjie van nader ondersoek te gaan instel.

Met die wat ons aangestap kom toe sien ons wat hulle so opgewonde maak.

Die vissermanne gooi die klien sardientjies en ander vissies wat hulle in hul nette gevang het weer terug in die water, en daaroor is hulle tog te dankbaar, en vreet hulle hul kroppies propvol.

Ja, hier is maar net 'n bewys van hoe heerlik hierdie klomp die vissies geniet. Dit is net jammer, dat hulle nie regtig 'n idee het van skoon maak nie, en baie hartseer om te dink dat hierdie plastiek wat op die wal gegooi is, in die natuur en see ingaan en onskuldige diere se lewens kos.


En ai man, mens het nie nodig om geleerdhied te he om te weet dat jy jou gemors moet weggooi nie, dit kos net bietjie trots.......






Die 2 kinders in my lewe, is soms soos Vinkel en Koljander.



Hierdie is 'n regte platteladse vissermans dorpie toneel as julle my opinie vra.


En hier is 'n regte hi-jacking aan die gang....


Die kraai op die enjin start die boot, die een sit op die ratte reg vir aksie, die een op die stuurwiel is reg vir bestuur, en die een op die paaltjie hou kuiwie.



5 comments:

Muriel said...

Vlooitjie mensdom maar ek het nou lekker op jou blog gekuier!!

Oulike foto van die 2 kinders in jou lewe! Jy is reg dit kon so toneel gewees het.

Baie geseënde paasfees vir jou en joune!
Liefde
M
x x

Charmaine said...

En net so paar kilometer van die groot plantelandse rustigheid af, begin die gekke verkeer van Sharjah en Dubai. Dis baie mooi fotos Mariette

MA ADRI said...

AG DIS PRAGTIG MY SKAT, DIE VOELS LYK SO GELUKKIG DIE WATER IS ONGELOOFLIK MOOI. DIT LAAT ONS BAIE NA DIE KAAP VERLANG EN NIE VERGEET VAN JUL NIE. MAAR DIT LYK HEERLIK SKAT. LIEFDE

Mariette. said...

Muriel- Bly jy kuier nog lekker op my blog. glo jul het ook 'n geseende paasnaweek gehad.

Dit is ongelooflik om dit te dink Charmaine. Mens het nog so lekker rustige gevoel dan as jy weer kyk is jy in die gejaag van die stad.....

min dae mamsie....

Thea said...

Pragtig! Ek's mal oor seemeeue en natuurlik die see! Mooi foto van Vinkel en Koljander ook! :-)