Saturday, April 4, 2009


-RAS AL KHAIMAH-



Dit is nogal 'n groterige dorpie - mens kry nie heeltemal die stadsgevoel wat mens in Dubai en Abu-Dhabi het nie, alhoewel daar ook hoe geboue is en sommiges is nog onder konstruksie.


Daar is 'n redelike groot mall of 2 met eet plekkies wat bekende handelsname dra en bekend is vir mens.
Ons het egter nie te lank daar vertoef nie, want dit was bietjie onweer met 'n baie sterk wind wat gewaai het, so ons kon nie regtig oral loer waar ons graag sou wou nie.

Hierdie foto hieronder is uit die parkeer area van die mall geneem, in die verte kan julle die Etisalat gebou sien - dit is soos S.A. se 'Telkom' (dit is die gebou met die groot "golfbal" op). Die twee geboue in Abu Dhabi van Etisalat is seker drie keer so groot, ook met die bekende "golfbal" op elkeen. Die UAE het werklikwaar baie mooi argitektuur.



Ons kry toe sowaar 'n Spinneys ook so in die verbyry, en raai wat, daar besluit die Dad hy moet daarin, hy kan mos nie verby 'n Spinneys ry sonder om vir hom billies en droewors te koop nie, so hy was baie bly om dit daar sien.













Ons besluit toe na die Dad sy billies en goodies gekoop het, om met die corniche langs te ry en 'n plekkie te kry om dit dan rustig te knibbel.
Ons kry toe 'n gaatjie maar van eet kom daar toe niks nie, want die manne sien dat hierdie see lekker golwe het en dat hulle wil gaan voel hoe warm die water is, en so bietjie op die sand te loop.

Seuna teken 'n walvis met sy vingertjie.
En hy lief dit! Ons ook!
Daar is vreeslike mooi skulpe en seelewe nog op hierdie strande, en mens sien ongelooflike mooi goed. Ons het dit baie geniet, en toe die reen, wat hier so skaars is, so saggies begin sak, het ons weer verder gery.

7 comments:

Charmaine said...

Ai, is daardie seester nie te pragtig nie. Ek sal moet by daardie see uitkom. Ek werk net altyd daar. Dis wonderlik dat julle die land so geniet en verken.

Mariette said...

Dankie Charmaine- Ja ons geniet die verkenning. En ja hierdie seester, moes ek net in sit maar ons ou fotograaf het werk gekry so hy gaan nie meer saam ons kan ry en mooi goed afneem nie, so ek sal gou moet leer. :-)

Sandra said...

Dit is een van die mooi dorpies! So bly oor die werk! Waar?!

Mariette said...

Ja dit is beslis 'n mooi plekkie Sandra.
Ek weet nie of jy al van die bekende Alsuwaidi's gehoor het nie, - maar dit is vir hulle vir wie hy werk- Als het soos 'n groot Wonderwerk gebeur. sal vir jou bietjie mail en vertel.(sal later bietjie daaroor blog ook)

Thea said...

Ek geniet dit om ook hierdie kleiner dorpies deur jou vertellings en foto's te leer ken Mariette! Dis 'n ongelooflike mooi foto van die seester!!

Ek is so bly vir Jay dat hy werk gekry het! Sien uit daarna om daarvan te hoor!!

RITA said...

Dit lyk pragtig meisiekind. Die strande is pragtig, en dit lyk na n lekker plekkie. Ek hou van jou prentjie by die sandvlooi'e blok. Liefde

Mariette said...

Thea- Jong ons is net so verlig vir Jay se part. nou kan hy ook begin om sy cv vol ondervinding te maak. Oe ja hierdie klien dorpies hier om ons is pragtig ons het net meer tyd nodig gehad.

Rita-Dankie my ou sandvlooi foto is ook deur Jakes geneem. oooo ek gaan hom mis nie eers te praat van Seuna nie.