Thursday, April 23, 2009

-DUBAI DRAAI-






Flattie het bietjie besigheid kom doen in Dubai.



Flattie is manlief se suster, en die bynaam flattie kom van al die pap wiele wat sy al gehad het.So het haar ander 2 kleinkinders haar gedoop.


Ons het vir haar en twee van haar besigheids kolegas in 'n eetplek in die Mall of the Emirates gekry, gou daar 'n ietsie ligs gebyt, en toe het ons hulle op versoek na Palm Jumeirah toe gevat.




In die agterkant van seuna en Jata, is Ski Dubai en die sneeu man het heeltyd vir ons gestaan en kyk dat boeta sy kossies moet op eet.


Op die eiland sien ons die aller mooiste villas, en daar is so nou en dan 'n limo wat verby ons ry, dan kan mens nie anders as om te wonder wie daarin is nie. Watter bekende of dalk 'n minister of so iets, of dalk 'n gewone ou wat hom treat vir die dag. In elkgeval, mens kan maar net wonder, want die vensters is so donker mens kan regtig niks daardeur sien nie.

Wanneer mens op die eiland self is, dan kan jy dit nie sien soos dit op die GPS is nie, daarom het ons die foto geneem om te wys dat ons wel daarop is en waar ons op die eiland is.

Wanneer jy aan die punt van die eiland kom ry jy onder deur 'n tonnel wat onder die water gegrou is om by Atlantis uit te kom, of so dink ons want dit is hoe dit op die GPS voorgestel word.

Aan dia anderkant by Atlantis aangekom, is daar ook 'n paar limos te siene. Hierdie een moes seker dien as 'n troukar, want hy was vol blomme voor en agter die motor.


Ja en hier maak ons soos 'n regte Suid Afrikaanse taxi,- maak 'n gaatjie vir almal om saam te ry. Flattie en haar besighieds maatjies wou taxi ry, maar ons het nie kans gesien om agter 'n taxi aan te jaag nie, en maak toe gou 'n boere plan. Gelukkig is Jay nog baie flexable so ons kon hom baie maklik agter indruk saam seuna.

Nou ja swaerries, -wat meer kan mens se?

Hierdie Sol kan maar dinge doen.(Atlantis is Sol Kerzner se nuutste projek gewees tot dit in September laasjaar ge-open is)

Die GPS wys ons is op die tippie van Palm Jumeirah.

'n Kuier saam met die sandvlooi'e is nie 'n kuier as jy nie eers jou voete in die see gaan nat maak het nie, en waar beter as by die Burj Al Arab se strand. Kyk hier kry Flattie 'n les by die kleinman hoe dit gedoen word.

En hierdie is ook 'n verskynsel wat mens nie elke dag te siene gaan kry nie,...klein boet was ou sus se voete. Dis nou wat mens noem om te dien....Lol!


Dankie vir 'n heerlike middag Flats!


Sien jou binnekort.

7 comments:

Sandra said...

Wanneer vat julle vir Christiaan om saam met die dolfyne te gaan swem by Atlantis?

Mariette said...

Sandra -Wanneer ouma en oupa kom, en ons kan nie wag daarvoor nie.

Dankie nogmaals vir 'n heerlike piekniek!

Charmaine said...

Dis pragtige fotos Mariette. Ek hou baie van die foto met die Burj op die agtergrond... wow!! Julle kleinman is so vol pret en vreugde. Dankie vir die baie lekker saam kuier

mariki said...

Jinne, maar julle geniet die dae en dinge en kuiergaste, né!

Mariette said...

Dankie Charmaine- Ja daardie Burj maak maar altyd 'n mooi prentjie.
Ja die kuiertjie was heerlik- ons sal weer so maak.

Ons kan nie kla oor die lekker dae nie Mariki - en die kuiergaste is altyd welkom, want dit gebeur ook maar nie baie nie. Jy weet mos maar as mens so in die buiteland bly dan kom mens op 'n punt wat jy enige iemand van die 'huis' af verwelkom....:-)

Lekker naweek

MA ADRI said...

Pop verseker gaan ons daar draai wil niks verskonings hoor dit gaan die hoogtepunt op ons kalender wees.Dit lyk baie lekker en pragtig.Jammer iemand het my voorgesprinG.So gaan geniet dit en deel dit met ons. Sien uit daarna.Liefde

RITA said...

Man dit lyk lekker. Dit lyk soos 'n holywood movie. Die fotos is pragtig, dit is iets wat altyd by julle sal bly. En dit is lekker om julle sussie by julle te mag gehad het, dit opself gebeur nie elke dag nie. Liefde