Monday, April 13, 2009

-DIE RES VAN
UMM AL QUWAIN-

Soos ek in die vorige inskrywing genoem het, hierdie ou dorpie het die oulikste sirkels.

Hier is 'n paar van hulle, ek weet nie wat is die betekenis of geskiedenis daaragter nie, maar dit is baie mooi.






Ons moes stop vir 'n ietsie om te drink, so toe kom ons op hierdie baie 'groot' winkeltjie af.

Reg agter die winkeltjie is daar hierdie hawe, daar is nie eers 'n reeling of iets wat veilighied bied nie, en reg oorkant die pad speel klein kindertjies sonder toesig. Ai man ai! Binne 'n kwessie van paar minute steek daar toe so 'n woeste wind op dat mens nie kan glo dat die see so gou so rof kan raak nie! Ons besluit toe om nie uit te klim nie want ons is nie lus vir sand in ons oe nie.

Ons besluit toe om maar huiswaarts te keer met die wind, want dit lyk vir ons na 'n "shamal".
Padlangs sien ons hierdie ou vliegtuig. Mens kan net wonder hoe hy tot daar gekom het, en wat met hom verkeerd gegaan het dat hy nooit weer sy pad uit en van hierdie plekkie af kon vind nie.

En toe iemand met inisiatief - die het toe besluit dit is die perfekte plek om hul hotel te adverteer.

Die wind het so woes begin waai dat mens met tye amper nie eers die motor voor jou kon raaksien nie. Dit het ons haastig gemaak, maar ons was maar geduldig, want dit is juis in hierdie omstandighede wat jy vir jouself en die ander bestuurders om jou ook moet dink....

En met die inry in Dubai in kom ons op hierdie tragiese toneel af. Ons het maar verby beweeg, maar mens kan nie anders as om te wonder wat nou hier gebeur het nie, en of die mense in die kar darm veilig daaruit kon kom. Mens hoor nogal gereeld op die radio van motors hier op ons paaie wat aan die brand slaan.

In die stad kan mens sien dat die sandstorm hier ook besig is om al hoe meer sigbaar te word.

Dit was ons eerste ervaring en kuiertjie deur die Emirate. Ons sal dit beslis weer doen en volgende keer al die ander dinge en plekke besoek waarby ons nie hierdie keer kon uitkom nie.
...Dankie vir die saam kuier....

5 comments:

Charmaine said...

Wat 'n goeie beskrywing van alles wat ons nou ervaar, die weer wat so snaaks is en die wind wat so skielik en woes waai... en die baie padongelukke. Goed dat julle veilig gery het. Een van die dae keer die somer ons weer vas, dan sien mens nie kans vir die uitstappies nie. Ek het Um Al Quwain geniet deur jou oe

Thea said...

Deur al jou foto's en vertellings voel dit regtig vir my of ek al self daar was. Baie dankie vir joú, ek het baie lekker saamgekuier!!

MA ADRI said...

AG JA MY POP DIT IS REGTIG BAIE MOOI. WENS REGTIG N AFVAARDIGING VAN S.A KAN GAAN LEER HOE WORD DIT GEDOEN. DIT LYK MOS SOVEEL BETER'MAAR NOU JA SEKER OOK MAAR SOEK NA DIE MOOI HIER MISKIEN KYK ONS DIT NET MIS.MAAR JA VOORWAAR HEERLIK OM PLEKKE TE VERKEN. GENIET DIT SOLANK JUL NOG JONK IS HOOR.

Muriel said...

Wow!!! pragtig, dankie vir die deel Vlooitjie!!

Die foto van die hawe is my gunsteling!!

Lekker naweek!
x x

RITA said...

Hi meisiekind, man dit is pragtig. Sien jy kon dit toe ewe goed doen. Sie "S" is 100%. Dit is pragtig. Dit was lekker om saam met julle te kon reis. Hou aan stuur hoor.