-DIE RES VAN
UMM AL QUWAIN-
Hier is 'n paar van hulle, ek weet nie wat is die betekenis of geskiedenis daaragter nie, maar dit is baie mooi.




Ons moes stop vir 'n ietsie om te drink, so toe kom ons op hierdie baie 'groot' winkeltjie af.
Reg agter die winkeltjie is daar hierdie hawe, daar is nie eers 'n reeling of iets wat veilighied bied nie, en reg oorkant die pad speel klein kindertjies sonder toesig. Ai man ai!
Binne 'n kwessie van paar minute steek daar toe so 'n woeste wind op dat mens nie kan glo dat die see so gou so rof kan raak nie! Ons besluit toe om nie uit te klim nie want ons is nie lus vir sand in ons oe nie.




Ons moes stop vir 'n ietsie om te drink, so toe kom ons op hierdie baie 'groot' winkeltjie af.
Reg agter die winkeltjie is daar hierdie hawe, daar is nie eers 'n reeling of iets wat veilighied bied nie, en reg oorkant die pad speel klein kindertjies sonder toesig. Ai man ai!
Binne 'n kwessie van paar minute steek daar toe so 'n woeste wind op dat mens nie kan glo dat die see so gou so rof kan raak nie! Ons besluit toe om nie uit te klim nie want ons is nie lus vir sand in ons oe nie.Padlangs sien ons hierdie ou vliegtuig. Mens kan net wonder hoe hy tot daar gekom het, en wat met hom verkeerd gegaan het dat hy nooit weer sy pad uit en van hierdie plekkie af kon vind nie.
En toe iemand met inisiatief - die het toe besluit dit is die perfekte plek om hul hotel te adverteer.
Die wind het so woes begin waai dat mens met tye amper nie eers die motor voor jou kon raaksien nie. Dit het ons haastig gemaak, maar ons was maar geduldig, want dit is juis in hierdie omstandighede wat jy vir jouself en die ander bestuurders om jou ook moet dink....
En met die inry in Dubai in kom ons op hierdie tragiese toneel af. Ons het maar verby beweeg, maar mens kan nie anders as om te wonder wat nou hier gebeur het nie, en of die mense in die kar darm veilig daaruit kon kom. Mens hoor nogal gereeld op die radio van motors hier op ons paaie wat aan die brand slaan.
In die stad kan mens sien dat die sandstorm hier ook besig is om al hoe meer sigbaar te word.
Dit was ons eerste ervaring en kuiertjie deur die Emirate. Ons sal dit beslis weer doen en volgende keer al die ander dinge en plekke besoek waarby ons nie hierdie keer kon uitkom nie.
En toe iemand met inisiatief - die het toe besluit dit is die perfekte plek om hul hotel te adverteer.
Die wind het so woes begin waai dat mens met tye amper nie eers die motor voor jou kon raaksien nie. Dit het ons haastig gemaak, maar ons was maar geduldig, want dit is juis in hierdie omstandighede wat jy vir jouself en die ander bestuurders om jou ook moet dink....
En met die inry in Dubai in kom ons op hierdie tragiese toneel af. Ons het maar verby beweeg, maar mens kan nie anders as om te wonder wat nou hier gebeur het nie, en of die mense in die kar darm veilig daaruit kon kom. Mens hoor nogal gereeld op die radio van motors hier op ons paaie wat aan die brand slaan.
In die stad kan mens sien dat die sandstorm hier ook besig is om al hoe meer sigbaar te word.
Dit was ons eerste ervaring en kuiertjie deur die Emirate. Ons sal dit beslis weer doen en volgende keer al die ander dinge en plekke besoek waarby ons nie hierdie keer kon uitkom nie. ...Dankie vir die saam kuier....

