Sunday, March 29, 2009





-Ondekkingsreis deur die 7 Emirate-


Met die wat seuna se armpie nou in gips is, kan ons nie veel doen nie want-na 'n speelpark toe kan ons nie want dit bly nie net by 'slide' nie en ons wou na Dreamland toe gegaan het, wat 'n waterpark is, maar ons kan nie met die gips nie. Hoe se jy nou vir 'n 3 jarige seunie dat hy nie mag swem nie? So ons uitgaan is maar bietjie beperk - gelukkig nog net vir 2 weke....


Intussen gaan ek bietjie met julle ons paar daggies wat ons bietjie weggebreek het na die ander Emirate deel.


Dit was in die begin van die maand(Maart). Ons het net na mid dag die pad aangepak na Dibba toe, dit is 'n dorpie in Fujairah.


Die eerste helfte van die pad was soos altyd vol swaar voertuie. Dit is eintlik skoon 'n onaangenaamheid gewees, maar gou-gou het ons onder die swaar verkeer uitgery.


'n Mens voel so klein tussen hierdie groot menere. Dit is baie intimederend.

Natuurlik maak dit nou nie saak watter kant jy deur Dubai ry nie, daar is oral ontwikkeling wat plaasvind.


Uiteindelik kry ons bietjie meer ooptes en woestyn te siene, en as jy mooi kyk sien jy selfs 'n kameel of 3 tussen die duine le en die vlou sonnietjie geniet.
En toe begin ons die swart klip berge van Fujairah sien, natuurlik die gesig van 'n sjeik.Mens kry dit nogal baie, in winkels, op advertensieborde, op die een berg is 'n ander se gesig geverf, hulle is omtrent oral.

En toe die mooi uitsig van oop pad tussen berge - dit het amper gevoel asof ons deur die Abel Erasmus pas in die laeveld ry.

Deur die berge tussen die baie klein dorpies deur is daar 'n paar van hierdie souks,hierdie een was net matte. En daar was die mooistes en mens kon lekker onderhandel vir prys, - ek voel natuurlik net altyd te sleg om so iets te doen want ek voel die mensies het reeds so min...


En toe sommer opblaas speelgoed gemeng met vrugte en groente, weereens ons koop glad nie groente en vrugte van straat markte af nie.


Hier kry jy 'n ietsie van alles so te se, regte intrepeneurs.


Die son trek water en ons het 'n bestemming om by uit te kom, ons weet natuurlik nie wat op ons wag nie want ons het op die internet bespreek, en soos baie dinge hier rond, is dinge nie altyd soos geadverteer nie....


Ons kom uiteindelik by Dibba aan, ons het nie besef dat dit so 'n ent uit Fujairah is nie, seker maklik so 50km, maar ons het ons bestemde dorpie gemaak en ons het sover 'n heel interessante stukkie rit gehad met dit wat ons al alles gesien het en sien sommer baie uit na die res van ons tydjie.

Ons word hartlik verwelkom, met hierdie mooi landscaping van petunias en mooi groen gras.


Dit is huistoe gaan tyd en die paaie lyk glad nie soos dit by ons in Abu-Dhabi lyk nie. Dit is lekker stil en mens kry sommer gou gou parkering waar ookal jy gaan.




En met 'n rustige sons ondergangs is dit tyd om rustig te raak en asem te skep vir die volgende dag se opwinding.



Daarvan vertel en wys ek later.

6 comments:

Muriel said...

Wow dankie vir die mooi foto's Vlooitjie. Ek kon daar gewees het!

My oë raak verlore in daai mooi matte. Ag toggie, tog ek het 'n vreeslike liefde vir die matte!!!

Sterkte met die mannetjie in die gips arm!

Lekker week
x x

Sandra said...

Die Friday Market is altyd 'n lekker plek om te stop. Mens koop net nie matte daar nie, dis heeltemal oorprys.

Charmaine said...

Die winkeltjies trek my ook soos 'n magneet... en die vrugte stalletjie se uitstalling daar naby Fujeirah is mooi genoeg om 'n skildery van te maak. Sien uit om die res van julle fotos te sien. Dankie dat jy deel met ons.

MA ADRI said...

AG DIT LYK REGTIG PRATIG MOOI. NOOIT GEDINK DAAR IS SO BAIE TROKKE OP HUL PAAIE NIE. WEL EEN DING IS VERSEKER HUL PAAIE LYK NOG REGTIG PRAGTIG IN VERGELYKING MET ONS HIER. SKOON N NAGMERRIE.MAAR JA DIE BERGE HET TOG N ANDER SOORT BEKORING IN.MAAR WWATTER VOORREG HET JUL NIE. GENIET MAAR ELKE OOMBLIK DAARVAN.LIEFDE

Mariette. said...

Ja Muriel hierdie matte is nogal 'n mooi kuns wat hierdie mense het.

Sandra- Ek het gesien die pryse is nogal gelaai maar hulle maak natuurlik dit so vir die toeriste en omdat hulle seker maar afgestry word.

Charmaine jy klink nou amper soos Thea en my ma hulle sou ook nou daardie setting gebruik het as 'n insperasie vir 'n mooi skildery.

RITA said...

Hi julle, man dit is pragtig. Die natuurskoon is pragtig. Dit is iets wat julle altyd sal byply. Geniet elke oomblik van dit. Liefde