Monday, March 16, 2009



-'n Groot ongeluk-




Ai tog! Kyk net wat met ons klein pragtig gebeur het! Hy het nog so lekker op een van die klimrame in ons kompleks gespeel, en toe afgeval op sy elmboog! Ons kon dadelik sien dat hy baie eina gekry het, en hy het sommer self gevra om na oom dokter toe te gaan. By die ongevalle eenheid, sal ons toe die agterkom die plaaslike mense gebruik dit om die rye mense wat by die gewone gevalle afdeling is, te "skip". Nietemin het ons nie te lank gewag vir die dokter nie, want hulle het die seer in sy ogies gesien.



Toe is dit X-strale toe, en met baie mooipraat en lang trane, het hulle uiteindelik geneem gekry wat nodig was, om te sien dat die bo-arm been(humerus), 'n fraktuur het(op die elmboog gedeelte). Ons is na die spesialis verwys, wat dadelik tydelike gips opgesit het. Nou moet ons vasbyt tot Donderdag toe om weer X-strale te neem, en dan te sien hoe vinnig die been aangegroei het, en dan is dit heel waarskynlik permanente gips vir nog 3 tot 5 weke daarna!

Die nagte is lank en slaap is nie maklik met die seer armpie nie, maar ons sterretjie is sterk, en ons hoop die hersteltydperk is sommer gou-gou verby. Vir die oomblik slapies hy rustig, solank hy net nie op die seer armpie druk nie, en solank mamma en pappa of Jata net naby is.

8 comments:

Thea said...

Ag shame man! Hoop sy armpie word vinnig gesond en die pyn minder.

Sandra said...

Sterkte vir die pasient en die ander in die huis. Gou-gou as die ergste eina weg is, gaan daai gips 'n groot "trofee" word.

Anonymous said...

AG OUMA SE HART IS BITTER SEER WANT SO NA OUMA GEVRA EN GEHUIL. VOEL SO MAGTELOOS. MAAR DEUR SY TRANE VIR OUMA GESE LIEWE JESUS SAL HOM GOU GESOND MAAK.SO ONS GLO EN WEET JESUS SAL HOM AAN RAAK EN VINNIG IS ALLES REG LAG D WEER VIR OUMA EN GAAN STUKKE BETER. STERKTE MY SKATTE .

Anonymous said...

Ag dankie Thae en Sandra. Ja deur die dag gaan dit goed dit is net in die aand kan hy nie verstaan dat hy nie op daardie hand kan slaap nie. :-)

Ai ou oumatjie- ja ouma se ou sonstraaltjie vra geduurig vir haar en wonder wanneer sy gaan kom om hom te troos. maar dit gaan al beter.

Muriel said...

Ag shame Mariette! Ek hoop hy word gou beter! Sterkte
Liefde
x x

Anonymous said...

natuurlik is oupa alweer laat maar ek glo ek sal verskoon word hier in Tanzanie waar alles so stadig of af is,maar het vanoggend met my laaitjie gepraat en kan hoor dit stop hom nie,nog steeds net so vol stoom soos altyd.laaitjie nie weer op armpie val nie hoor,en dankie dat jy so lekker met oupa gesels.Lief julle

Charmaine said...

Ai Mariette en ek lees nou eers hiervan!! Ek hoop dit gaan al beter jongie. Klink na 'n slegte breuk. Sterkte vir julle almal.

Mariette. said...

Dankie Muriel.Hy is al heelwat beter.

Ja oupa die laaitie van jou is weer homself hy gaan aan asof hy nie eers agterkom dat hy 'n arm minder het nie.

Charmaine. Dit was nie 'n mooi breuk nie maar ons het hard gebid en Ons gebed is verhoor want hy toon mooi herstel so die dok het gese hy hoef die gips net vir 3weke te dra instede van 6weke.
So Prys die Here!