Saturday, March 7, 2009



-KHALIFA PARK-


Die dae is nou so heerlik. En met die wat liefie so lekker skof ure werk, kan ons nogal lekker rond rits. Hy werk 4 dae aan en 4 dae af.

Ons het bietjie by Khalifa Park gaan trein ry. Hierdie park lewe natuurlik in die aand, maar ons gaan nie sommer in die aande uit nie, want ons kleinman moet maar in sy roetine bly en dit beteken dat dit 8uur se kant slaaptyd vir hom is.

Die hekke of ingang van die park is vreeslik groot, net soos die park self.

Hier kan ons grootman se beentjies nie vinnig genoeg loop om by homself te bly nie.
Natuurlik is 'n park hier in Abu Dhabi nie 'n park sonder die een of ander fontein nie. En dan is dit nie sommer net 'n ou fontein nie, dit is 'n groot een met baie water!! En ja dit is pragtig en mens wil sommer soms net in die goed spring en laf wees!

Hier is ons kleinman by die trein wat hy nou al die hele week lank 'nag'(wag) om te ry. Hy kan nie wag dat die oom treinman nou in klim dat ons kan ry nie. Ons moet egter so rukkie langer wag as wat 'n kleinman kan sit en wag, sodat hulle die trein stampvol kan maak, en dit vat ekstra langer met hierdie mense want hulle vat lekker kanse, hulle klim op sonder om te betaal, dan moet die kaartjie outjie eers terug hardloop en namens hulle gaan kaartjies koop want wanneer hulle hul sit in geneem het, dan sit hulle om te sit. Daar gaan ons uiteindelik, en almal het na hierdie rit uitgesien, want niemand klim by die stoppe af nie, almal sit en ry net saam en kyk na al die mooi dinge wat daar te siene is. Na dat ons 2 keer omgery het, besluit ons om bietjie in een van die parke te gaan speel. Natuurlik moet die dad alles saam doen. En glo my dit is beslis nie vir hom 'n probleem nie, hy geniet die saam speel net so baie. en mamma geniet die rus bankie met die mooi uitsig van groen gras en blou lug. Die park se tuine en struike word baie mooi onderhou en mens kan sien hulle probeer om dit vir mens 'n lekker ervaring te maak en 'n heerlike ontspanningsplek. In die park self het sy eie klein moskee. Maar hier is die Sheikh Zayed Grand Mosque in die agtergrond van die park. Hierdie Mosque kan 30 000 aanbidders akkommadeer. Daar is 57 koepels aan die buitekant van die muur en aan die hoofgebou. Dan is daar hierdie groen grasperke mat struike wat in allerhande vorms gesny is, die tuinier hier moet regtig sy sny ken.

Nou ja, soos ek genoem het, die fonteine is net so asemrowend en mens wil waarlikwaar net jou skoene uitskop en daar gaan staan en dan moet ek byvoeg dit is nog nie eers somer nie en jou binneste het klaar daardie hinkering na afkoel.

Dan ry ons 'n laaste keer om die park en word ons gebless met die son wat ons begin groet sodat hy more weer kan skyn.

8 comments:

Sandra said...

Dis 'n lekker parkie verseker en ons het die trein en fonteine net so geniet!

Charmaine said...

Toe ons laas daar was was dit vrek warm en die trein was leeg. Dis regtig 'n mooi park en goed dat dit so ondersteun en besoek word. Ek dink dis tyd om weer te gaan. Piekniek hou is waarvoor ek lus het

Mariette. said...

Sandra. Wat dit nou so lekker maak, is dat ons net 10min se ry van die park af is en as ons net gou vir 'n halfuur uit wil kom dan is dit 'n baie lekker afleiding

Charmaine. Ons gaan hou gereeld piekniek daar, natuurlik nie oor 'n naweek nie, want dan is die plek maar beperk.

Lekker week vir julle :-)

Anonymous said...

ek wou eers se dit kan nie n park wees nie,want ek sien dan nie gras nie,maar tot my verbasing kom die fotos met groot grasperke,en ja dis omtrent iets om te sien en dan sien ek my laaitjie het dit baie geniet.

Thea said...

Lyk al te lekker!! Ja Mariette, as ek water sien, wil ek ook nog soos 'n kind daarin gaan baljaar!

Julle moet die lekker lenteweer geniet en al die lekker pieknieks ook!

Anonymous said...

JA MY KIND DIT IS REGTIG N FEES VIR BOETA OM SO VRY GROOT TE WORD EN TE BALJAAR.DIS SKOON EN ONGELOOFLIK MOOI. EN NATUURLIK N WONDERLIKE DADDA WAT TYD MAAK VIR SY SEUNTJIE.WATER SKEP DARM N GEWELDIGE RUSTIGE ADMOSFEER BY ONS SIEN JY SO IETS SELDE OF MIN GEWOONTLIK ALLES AF.MAAR WONDERLI8K OM DIT SAAM MET JYUL BELEEF. LIEFDE

Dorette said...

Sandvlooitjie!

Dit lyk asof dit 'n wonderlike daggie was! Die park is pragtig, en jou seunskind word nou groot jong!

Ek geniet dit netso om te kyk hoe my man met Franco speel - hoe bevoorreg is so seuntjie nie, as sy pappa dit werd is om sy hero te wees nie?

Mooi bly!

Anonymous said...

Ja oupa van Tanzania- ons sal julle laat piekniek op daardie gras. jou laaitie gaan jou op speel.

Mamsie, soms is ek baie jammer dat ons nie daar kan wees sodat ma vir seuna kan kom kuier wanneer ma wil nie, maar die vryheid wat hy hier het sal hy nooit daar in jul land kan ervaar nie. :-(

Dorette.- Genaade maar ons het lanklaas van jou gehoor. Ja ons seunies is bevoorreg dat hul pappas deel van hul lewe wil wees want daar is so baie ander kinders sonder 'n pa figuur.
Dankie Vader dat hy ons gebless het met sulke goeie mans.