Monday, March 23, 2009

-Abra Rit -
Ons het die dag voor die ongeluk van seuntjie se armpie bietjie na die souk by die Shangri La gaan kyk. Ons was deur die dag daar, so die meeste van die plekkies was nog nie oop nie, maar ons kon darm bietjie op 'n Abra gery het.
Dit was nogal lekker want dit was 'n lekker warm dag en die water het mens sommer 'n gevoel gegee van dit is nou hoog somer en dit is waar mens hoort op so lekker warm dag.
(Ek het iets nuuts probeer met die fotos so ek hoop jul kan daarna kyk, en soos ek se dit is my eerste keer, so daar mag 'n paar foute wees maar die volgende een sal beter gaan :-)




6 comments:

Thea said...

Dit was nou nou baie lekker om na julle Abra rit te kyk. Die musiek wat jy gekies het pas ook baie mooi daarby! Ek's mal oor die souk se uitleg en boustyl en 'n besoek daar sal definitief op my lysie wees, sou ek eendag daardie kant toe kom.

Bly om te lees dat dit darem ook al beter gaan met die kleinman se armpie!

Charmaine said...

Dis vreeslik mooi gedoen Mariette. Dis lekker om te sien die kleinman hardloop darem rond, seer arm of nie. Spoedige beterskap

Sandra said...

Dis 'n lekker stil mall daardie. Ek hoop julle het by M & co ook aangegaan!

Muriel said...

Baie mooi gedoen! Dankie ek het dit baie geniet Mariette!!
x x

Anonymous said...

AI AI SUS JY RAAK AL HOE OULIKER. DIT IS PRAGTIG GEDOEN.HOOP DIS EEN VAN ONS PLEKKIE OP JUL LYSIE? MAAR MAAK MY MEER OPGEWONDE.WAT N VOORREG OM DIT TE ERVAAR IN JUL JONG LEWE. WATTER BELEWENIS. EK KRY MY VOETJIES KLAAR JAMMER WANT WEET DIE TYD GAAN HOPELOOS TE KORT WEES..LIEFDE MY SKATTE EN OUMA SE SONSTRAALTJIE.

Mariette. said...

Dankie Thea! Ons ry elke dag daar verby maar het nooit tyd om net gou te stop en in te loer nie, Toe se ek nonsens laat ons gaan loer.... en dit was heel aangenaam.

Ja tannie Charmaine niks stuit hierdie klienman van ons nie.

Sandra as jy praat van Meat en Co - nee ons het net in geloer maar nie ietsie daar geeet nie want ons het net voor dit by die mall geeet. -maar sal bietjie 'n plan maak.

Plesier Muriel,- ek geniet jou blog net so..

Natuurlik mams, ons sal daarna toe gaan en sommer die een in Dubai en Sharja, ons moet hulle nog gaan uit toets.