Thursday, March 5, 2009

-Alles in my Handsak-
Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house. List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is! Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Thea het my 'getag' om te wys wat in my handsak is....




Mmmm... Hierdie handsak het ek nog in Istanbul gekoop. Die een wat ek op daardie oomblik gehad het was te klien vir alles wat ek op die vliegtuig by my wou he, so op nommer 99 moes ons na die straatmark toe gaan om gou vir my 'n groot genoeg handsak te kon kry. Ek het maar die een gevat omdat hy soortvan die grootste was en hy pas min of meer by die meeste van my klere. Dit is nou nie werklik 'n mooi sak nie, maar hy is baie gemaklik. Ek gebruik hom elke dag want soos julle gaan sien het ek eintlik 'n rugsak nodig vir alles wat ek rond dra, ek het ander handsakke maar hierdie een is die gemaklikste, so ja ek gebruik hom elke dag.




Eerste op my lysie is natuurlik die verfies vir die gesiggie en ogies. Ek dra nie sommer onderlaag nie, maar ek het dit net vir 'n noodgeval, dan is daar redelik 'n ietsie van alles want ek verf my gesig in die kar die meeste van die tyd omdat, wanneer mens reg maak vir ry is daar gewoonlik nie genoeg tyd vir mamma om al haar dinge te doen nie, so dit is een van die dinge wat ek maar los vir later en om dit in vrede en op my tyd in die kar doen. Ek hou daarvan om Loreal produkte te gebruik. Die Lamco grimering het my liefie vir my nou die dag op die vliegtuig gekoop, maar net omdat ek 'n paar doller note in my beursie gehad het wat my hand laat jeuk het, He he he! Ek gebruik ook maar cheepies, wat ek maar hier en daar kry, bloot oor die kleur en die geur waarin ek is, wanneer ek koop. Dan moet ek altyd 'n haarding of 6 tot my beskikking he. En moet nie die lekkerruik ding vergeet nie. 'Weereens word dit ook op die vliegtuig gekoop want dit is lekker klein en daarom kan ek meer as een geur in my hadsak aanhou.




Dan is daar ma se helpende hand. ... die karvol is daar vir wanneer dit klink of my kleinman se neusie toe is. Die Dettol wipes en handwas, ja die mamma het 'n ding oor kieme, ons vee oral die tafels af wanneer ons iewers gaan eet, en dan wanneer seuna in 'n speel park gespeel het word hy ook ge-'degerm' na die tyd, - dan is daar panadol (panado in S.A.), vir 'n ontydige hoofpyn wat darm nie te gereeld gebeur nie, 2 set pille vir seuna as hy dalk skielik goor begin voel, ek het nog nooit nodig gehad om dit te gebruik nie, en Tonsilla, dit help met akute mangel ontsteking, so wanneer ek vir seuna hoor hoes , of hoor dat hy 'n post-nasel drup het, kry hy dan vir 'n dag lank 2 pille - 3x 'n dag. Dan natuurlik my handeroom - ek vrek oor Cliks se O so Heavenly!





Omdat ek wipe bevange is, hou ek maar die wipes wat ons in die eet plekke kry. So my handsak is vol daarvan. My geldvriend sorg dat daar altyd 'n geldjie in die beursie is, en omdat ons nie te veel kaarte hier het nie,- is my beursie vol van ons SA kaarte. Natuurlik is my en kleinman se mediese kaarte ook daarin. My U.A.E. bestuurs lisensie en my kamera, wat julle net die sakkie sien want ek het my fotos af geneem met die kamera. In hierdie stad kan jy nie sonder jou kamera iewers heen gaan nie. Ek het nie 'n extra battery nie, want myne hou darm lank, en ek het 'n 4gig sd kaart so ek kan lekker baie afneem voordat ek dit fotos moet download.



Natuurlik 'n ekstra onder broekie vir mamma se klein man, hy het nog nie 'n ongelukkie gehad nie maar net vir die wis en onwis. Dan 'n soet ding want mens het gewoonlik 'n omkoop ding nodig of sommer net as mens so ver ry, 'n ietsie wat hom gelukkig hou. Sy son brille, want hier het mens dit altyd nodig, mamma sin is in die kar, of op haar kop, en dan 'n paar vetkruite en 'n boekie vir wanneer mens hom net gou wil besig hou vir so paar minute.




Dan my lifeline. Sonder die ding kan ek nie. Dit is ook nie die nuutste een nie, maar dit is die een wat ek die meeste gebruik. Laat ek dit so stel ons verstaan mekaar die beste! :-)




En dit is hoe my sak in die binnekant lyk - ja ek dra soms swaar, maar gelukkig bly ons nie meer in SA nie, so ek hoef hom darm nie te styf vas te hou nie. Ek verpes dit om altyd rond te krap as ek iets soek , maar met alles wat ek moet ronddra is dit maar my voorland!

Ja, so ek tag vir Dorette as jy nog nie getag is nie, en vir wie ook al wil deelneem en met ons ander bloggers wil deel.

7 comments:

Muriel said...

Vlooitjie ek is mal, oor jou handsak!!! Dit is vir my mooi!

Oh so heavenly is ook my gunsteling lekkerruik goedjies! Veral die lavender!

Hierdie mamma se handsak bewys daar is nog kinders in die huis, en sy is reg vir enige ding wat verkeerd mag en kan loop!

Lekker naweek!

Charmaine said...

Ai Mariette, jy is beslis reg vir enige gebeurlikheid... dit kan ek sien. Jy het beslis 'n groot sak nodig... soos ek. :-) En dan wil ek die sak net iewers los omdat hy so swaar is.

Thea said...

Ja nee, ek kan sien jy is 100% voorbereid vir enige ding Mariette! Jy't 'n baie mooi handsak en jy's reg, hy sal omtrent by enige iets pas. Baie voordelig!

Hierdie 2 vriendinne van ons hierbo het my nou ook al gek oor enige lavender produk! ;-)

Anonymous said...

O JA DIS VERSEKER HOE EK MY KIND KEN. ALTYD VOORBERY OP ENIGE DING WAT KAN BENODIG WORD.IS S.A. MOET SY HOM BAIE BAIE STYF VAS KLOU WANT KAN NIE BEKOSTIG OM ENIGE IETS TE VERLOOR NIE. MAAR OE DIE HANDSAKKE IS ALTE PRAGTIG DAAR EN SO ENGEL AS WAT SY IS KRY MAMMA OOK ALTYD EENETJIE.DIE VERLANGE IS BAIE ERG MAAR DIE BEDERF MAAK OP DAARVOOR. SO DANKIE MA SE DIERBARE POP

Mariette. said...

Dankie Muriel! Ja my male weet al as hulle vra wat kan ons vir jou stuur dan weet hulle die antw gaan wees O, so Heavanly :-)
lekker naweek vir jou ook!

Ja Charmaine jy is reg ek moet al die goed saam dra maar wanneer ons by C4 uitklim dan los ek die grote ding in die kar....Gelukkig kan mens dit hier nog doen... in SA eindig my ma gewoonlik op om hom te dra..He he he...

Gelukkig bestaan die meeste van my klere uit denim so ja hy pas redelik orals in...
Gelukkig weet mens wat om vir die maatjies hier bo te koop- 'n lavender geskenkie sal altyd die ding doen as jy my vra?....:-)

Plesier mamsie! Ek stuur weer een saam Jay.

Lekker naweek almal

Mariette. said...

Ai Thea ek het nou nie jou naam ingesit nie want ek het jou hier voor my sien sit maar ek glo jy weet dat die gelukkige boodskappie eintlik op jou comment was.... Ai die kop werk soms vinniger as die vingers! "lol"

Anonymous said...

ek wou eers se dit kan nie n park wees nie,want ek sien dan nie gras nie,maar tot my verbasing kom die fotos met groot grasperke,en ja dis omtrent iets om te sien en dan sien ek my laaitjie het dit baie geniet