Tuesday, July 21, 2009

Dat selfs 'n handskrif iets van jou karakter kan vertel

Ek is deur Sandra getag om my handskrif met julle te deel.

Ek moet se ek hou nogal van hierdie tags, want mens leer baie van jou mede blog maats en soos in hierdie geval van jouself.

Wie sou nou kon dink dat in 'n handskrif mens so baie van jou karakter kan vertel sommer so sonder woorde.



Nou ja hier is myne.
Ek het eintlik al self vergeet hoe ek skryf want dit is iets wat glad nie gereeld gebeur nie.

Hierdie skrif sal ek gebruik as ek haastig is en gou 'n inkopie lysie maak, maar wanneer ek in 'n kaartjie skryf en dit word nie in die kar gedoen nie, dan skryf ek bietjie anders en meer vas...



Die meeste bloggers wat my blog lees is al getag.


So ek tag die volgende bloggers as hulle wil deelneem, en tyd het.


Jaco - alhoewel ek min of meer weet hoe joune lyk.


Die Sloans - As julle nog nie getag is nie.


My Oz'ie blog maat- Ek glo jy skryf heel gereeld aangesien jy 'n 'onnie' is.


4 comments:

Sandra said...

Weet jy hoe om die handskrifte te "lees" Mariette? Ek was reg met hoe ek gedink het jy skryf :-). Baie netjies met 'n ietsie anders hier en daar :-)

Charmaine said...

Ek hou ook van jou handskrif Mariette. Daar is so dansie in jou skrif. :-)

Thea said...

Jy't regtig 'n besonderse handskrif Mariette. Hiehiehie... ek't so 'n handskriftoetsie of 2 op die internet gedoen maar dit was nie vreeslik in die kol nie!

Dis darem baie vinniger om te tik!! Ek sou ook nie geblog het as ek moes skryf nie! LOL!!

Muriel said...

Hello Vlooitjie

Ek was missing in action whahahaha - bietjie blog verlof geneem.

Jou skrif is pragtig!!

Lekker week!
x x