Wednesday, July 29, 2009

Ons gaan kyk wat by die Fees aangaan.

Ons het ook bietjie na die "Liwa Date Festival" gaan kyk.

Maar ek moet se dit het gevoel asof ons die hele dag daarnatoe gery het, wat dit is een reguit pad, en daar gaan amper niks aan daarop nie. Dan moes ons ook seker die warmste dag kies om dit te gaan doen het, maar aan die ander kant wanneer is dit nie warm hier in die somer nie?

Die aanvanklike ingang na die fees, deur die tente, moet ek se het nogal vir my baie intimiderend gevoel, want nerens staan daar dat die mans eenkat en vrouens anderkant moet ingaan nie. Of laat ek dit so stel, weereens was dit nie in engels geskryf nie. Want alles op daardie fees was in arabies.

Verstaan my asseblief nie verkeerd nie,... ek het glad nie 'n probleem daarmee nie, ek voel net die hele idee van die fees is om met die 'expats', wat meer as 80% van die bevolking hier uitmaak, hulle 'heratighe' te deel en hulle weet dat die 'expats' tog gaan kom kyk en deelneem aan die fees. So ek voel hulle kon darm die belangrike dinge in engels ook geskryf het.


Daar was baie stalletjies, maar die meeste of eintlik almal van hulle het dieselfde goed gehad. Uit die aard van die saak het dit mos maar gegaan oor die palmboom wat die dadel vrug dra. So die stalletjies was maar meestal goed soos mandjies wat die vroue uit die blaar van die palmbome maak en matte en al sulke dinge.


Ek moet se dit is ongelooflik om te dink dat hulle een hele mat uit sulke stukkies blare kan maak en dan sien mens nie eers die lassies van waar hulle die blaar las om sulke groot matte te maak nie.

Hier is een van die sheiks wat een van die bome nat lei met water.

Dan was daar die interessante uitstalling van die kinders en hoe hulle hul land met sy 'heritage' uitstal.


Hulle het nogal baie moeite hierin gesit en dit het ons nogal lank besig gehou want dit was vir ons baie oulik en interessant.


Die vroutjie wat met die palm blaar besig is om te vleg. In die stalletjies self was daar ook vrouens wat besig was om te vleg, maar hulle wou nie laat ons hulle afneem nie.


Hier natuurlik is die belangrikste deel van hul kultuur en heritage....

om die koran te leer.

Natuurlik - die seuntjies eenkant en die dogtertjies eenkant.


Ag en hierdie een hieronder is te oorspronklik vir ons gewees,

Die man wat in die boom klim en die dadels pluk.

Ons kleinman wat by die valkie sit. Nee dit is nie 'n regte een nie of laat ek dit so stel 'n lewendige een nie.

Dan was daar 'n paar stalletjies wat opgemaak was soos dit in hulle hutte of tente lyk wanneer hulle seker in die woestyn bly, en hoe hulle dinge in die ou dae gedoen het.
Hier is 'n baba wiegie. Ook uit die palmboom gemaak.


Tee tyd vir die mans want hier word als mos apart van mekaar gedoen....
'n Regte kuier tent en ons kleinman wys hoe word dinge hier gedoen so plat op die vloer naby die sand.....

Ek moet se een van die dinge wat ek baie van die kultuur hou is hulle kleure in hul dekor.


En dit was ons kuiertjie by die dadel fees in Liwa.

Ek het nie van die dadel fotos geplaas nie want Sandra

het dit mooi saamgevat.
En oppad uit het daar die heerlikste windjie gewaai , wat mens sommer moed gegee het vir die lang pad terug huis toe.

So as ons volgende jaar nog hier is waaneer daar nog so 'n fees gehou word sal ons dalkies weer gaan inloer.

11 comments:

Sandra said...

Dan lekker warm word daar in die woestyn :-). Hulle is nie vreeslik gepla of die expats kom of nie en daarom is alles slegs in Arabies. Die doel van die fees is hoofsaaklik om die heritage van dadels lewendig onder hulle eie mense te hou en daarom ook die groot pryse vir die beste dadels ens. Die expats gaan nie juis deelneem aan daai kompetisie nie - al is die dhs3.5 nie te versmaai nie - ons weet mos dat mens sukkel jou oorhoeks om iets in hierdie hitte te laat groei :-). Baie mooi foto's

Ani said...

Dis lyk alles so interessant. Dis altyd so lekker om te sien wat in ander lande gebeur, en hoe anders dit is as waaraan ons gewoond raak. Pragtige fotos.

Ons huislening is vandag uiteindelik "nie amptelik" goedgekeur. Ons sal Maandag die amptelike dokumente ontvang. Dit help definitief om 'n Afrikaanse kontak in die binnekant te ken.

Lekker naweek!

Mariette. said...

Ja hierdie klomp dink maar anders soms. of hoe Sandra?
Nogtans was dit lekker en interessant.

Hi ********************
Ja dit is soos jy se Dit is lekker om te sien wat in die lande om ons aan gaan en wat die mense doen vir ontspanning en feeste.

Ek is bly oor julle huis kyk uit om te lees van die groot trek.

Lekker week

gerrie said...

die mannetjie word nou mooi groot. kannie wag om jul te sien nie. liefde.

Mariette. said...

Dankie vir die inloer - ons mannetje se hartjie! Ja ons tel ook nou die daggies af en kan nie meer wag ons self nie. dit is nou tog so naby maar tog so ver!

Liefies jou Boeta!

Ani said...

Hi

My naam is Anilo.

Ons vriende is Kobus en Elette Roos. Hulle het 'n hele rukkie in Dubai gebly voordat hul Australie toe gekom het. Het gewonder of julle hulle nie daar iewers raakgeloop het nie.

Kyk, ek is baie bang ons val ook vas in die sand, maar gelukkig gaan ons saam met pro's wat ons sal kan uithelp!

Lekker naweek!

Jan and Miekie said...

Baie oulike uitstallings van die heritage. Die swart uitrustings van die vroue lyk darem baie warm! Mag hulle ook wit dra of mag net die mans wit klere dra? Dankie dat julle die fees met ons gedeel het. Was daar darem lugversorging in die tente? Weet nie hoe julle dit uithou in die hitte nie! Dit was eergister 'n onverwagte 27 grade hier en ek het was ongemaklik warm.

Charmaine said...

Ek stem saam met jou Mariette... die alles in Arabies is soms frustrerend en ek dink ook die ouens kan dalk meer van hulle "alles dieselfde" stalletjies maak want van hulle was daar sommer BAIE. Die hitte was ondraaglik en die pad lank. Het die toilette gewerk toe julle daar was? Die modelletjies is pragtig. Mens kan die fotos in 'n album sit want dit vertel die hele storie van die land

Mariette. said...

Dankie vir die inloer Mienkie.
Ja ek raak ook soms benoud vir die vrouens met hulle swart rokke. En ek sou baie in so strorie gesuffer het maar hulle lyk glad nie ongemaklik of warm daarin nie. en Nee
hulle mag net die swart dra volgens my buurvrou, wat 'n moslem haarself is. En ja gelukkig was daar AC in die tente anders sou ons beslis nie gegaan het nie.

Lekker naweek en dankie vir die saam kuier

Hi Charmaine. Ja regtig ek het nie gedink 'n pad kan so laaaank voel niem maar dit was extra lank vir my. Ek weet nie van die toilette nie want ek knyp maar by sulke plekke en gelukkig was daar een net oorkant die pad by die Adnoc. :-)
Jong ek sukkel altyd met 'n blog want ek weet nooit van watse fotos om te kies nie, want ons neem gewoonlik so baie op so uitstappie, dat wanneer dit by blog tyd kom ek nie kan kies wat om te gebruik nie. ....

Lekker naweek vir jou

groete

SA Expats said...

Laat my dink aan die Louvre in Parys. Alles in die museum is in Frans geskryf en dit is een van die mees besoekte plekke op aarde.

Julle is baie braaf on daai hitte aan te durf.

Mariette. said...

Dankie vir die inloer SA Expats!!
Jong as mens nie net heel dag of week in jou huisie wil wees nie en al moeg is vir die malls, moet mens maar braaf raak en hierdie hitte aanpak! :-)