Monday, August 4, 2008

TURAN GULER-OUR FRIEND

TURAN GULER ...'n geliefde vriend wat ons in Istanbul ontmoet het. Dit het so gebeur: Die hotelbestuurder het vir my en seunie verniet laat bly vir die hele maand. Maar die hotel het ook die reel van jy mag nie kos van buite af in bring nie. So met die het ons toe elke dag nadat manlief van sy kurses af gekom het, op die trein geklim en na die 3de stasie toe gery Bachalvier. Daar af geklim en met roltrappe opgegaan, deur die turnstiles en in die mall in. Meeste van die tyd het ons met die huisbak gery op na die 4de vloer toe, die 'food court,' uit die huisbak draai ons links om, (want aan die regter kant is burger king, en daar kan ons nie verbyloop nie, want seunie wil net daar gaan speel, en dan kry ons hom nie dat hy eet nie.) Elk geval reguit dan na DELICE restaurant toe.


Daar het hierdie 4 mense ons ingewag.

Turan is die hoof kok-, die ou met die minste hare. Dan die twee jonges was die waiters en die vrou soos 'n assistent kok.

Hulle het al geweet wat ons bestelling was. Een van 2 goed, of die 'Tavouk' (dit is hoe hulle 'n hoender in turks noem) met chips of pasta. Of 'n 'Bieftek' wrap (natuurlik kan julle aflei dis bees) met slaai en pasta en chips.

Hulle kon nie wag om ons elke dag te sien nie, want dit was vir hulle tog so 'n voorreg om buitelanders te bedien en mee te gesels. Ons het lekker geeet en dik gekuier. Soms moes ander mense maar bietjie langer gewag het om bedien te word, want daar was groot gekuier.

Hulle was natuurlik ook gek oor ons blondekop seunie wat tog te mooi in hulle taal dankie se vir die kossies - 'Tersikoelar sir' met sy mooi baba stemmietjie. En lippies wat hard werk om dit mooi uit te spreek. Hulle het net heeltyd goed aangedra sodat hy net moet Tersikoelar se.

En natuurlik is 'n seun Goud werd in hulle kultuur, en nou nog met die blonde hare ook, - dit was vir hulle net een te veel, hulle kon nie ophou om hom te soen nie.

...Ag maar ons het mekaar geniet, hulle vir hom en ons vir hulle...






Hier maak Turan vir ons, ons Bieftek wrap.

Seuna het dit so geniet om die vuur tesien wat die sir gebruik om vir ons ons kossies gaar te maak. en die sir het dit geniet dat 'n seuntjie so groot wow uitroep wanneer hy die vuur die hoogtes sien opgaan.
Die man is baie trots op sy werk. Wanneer hy af is gaan bewerk hy sy lande wat hy buite die dorp het, hy het boom plantasies en dan groei hy ook groen groente soos hy dit noem.



En Whalha!!

Ons bieftek wrap!

Dit was gewoonlik na 'n lang dag se wag in die hotel kamer die moeite werd.Ons het heerlik op ons tyd gesit en eet. Meeste van die kere kon ons nie alles klaar maak nie want dit was net so baie vir een persoon, en dan was ons nog bederf ook, want vir 'n voorgereg het ons gewoonlik van die heerlikste gebakte broodjies gekry met die lekkerste botter.

Ek moet byvoeg dat dit nou nie die regte kos soorte is vir iemand wat eintlik die geneigtheid het om insulien weerstandig te wees nie... maar mense, 'nee dankie' was nie 'n opsie nie.


Dit het vir hom soveel vreugde verskaf om te kon staan en toekyk hoe ons sy kos geniet.

'n Regte 'kunstenaar' in sy eie soort.

So plat op die aarde en so vergenoegd, dat die kleinste ding hom laat goed voel...

Wel na die lekker ete moes daar 'n laaste bederf ingegooi word .
Die pudieng van die dag...


Dit was altyd van so aard dat ons dit maar tussen die 3 van ons gedeel het.

Want regtig die kossies was meer as genoeg om ons te kon dra tot die volgende dag toe.

Maar nietemin ... Wie se nee vir 'n soettighied?

Beslis nie ons nie!!



Turan is nie 'n moslem soos die meeste van die mense in turkye nie.

Sy vrou is wel want sy glo dat hulle seun met 'n 'geloof' moet groot word.

Turan reken hy is nie 'n moslem nie want hulle moet 5x 'n dag gaan bid, en dan weet hy nie eers wat hy bid of se nie.

Elkgeval hy glo aan niks nie, hy glo net daaraan om goed te wees vir ander en om die niemand te na te kom nie.


Wel wat 'n Great ou!

Ons sal hom altyd onthou!



TURAN.... IF YOU READ THIS WE JUST WANT TO SAY,...

WE MISS U FRIEND!

1 comment:

Anonymous said...

Wonderlik hoe mens selfs in die vreemde iemand ontmoet wat jou vir altyd sal bybly!!