Sunday, August 24, 2008

SHARJAH AKWARUIM

Ons het die lang pad aangedurf om bietjie te gaan verken. Die keer nog n bietjie verder as wat ons al gery het. Sharjah is die emiraat aan die anderkant van Dubai, so ons het letterlik deur Dubai gery om da uit te kom. Met die gebouery is Sharjah so te se een met Dubai.

Die aquarium is splinternuut as mens dit so kan stel. Hulle het die jaar (2008) oopgemaak, en het al oor 'n 100 000 besoekers gehad. Dit wys jou maar net daar is n behoefte aan natuurlewe. Hier bo,- is die ontvangs, wat jou baie welkom laat voel en die afwagting groot maak op wat kom.....

Jy word gesoen groet deur een van die ou groottes......Welkom

Die Aquarium huisves 30 verskillende spesies visse, wat hulle wil vergroot na 50 met die verloop van tyd. Ons het wel die gevoel gekry dat dit nog aan die begin stadium is. Want die tenke is asemrowend maar die inhoud aan die yl kant.



Ten spyte daarvan, bly dit mooi en rustig om rond te kyk na verkillende kleure en vorms van vislewe.
Hier bo is n glasbrug waaroor mens loop, dit vorm deel van die vis tank. ............Dit toets die geloof..........."walk by Faith"


Die boonste tank was n gunstelling, dit was baie kleurvol, en al het ons nog nie self geduik nie, skep dit n goeie prentjie van hoe dit moontlik lyk in hul natuurlike omgewing.



Die hoof doel van die aquarium is die fokus op karakter-

eienskappe van die UAE se see lewe. So ook die bewaring daarvan.



Hier leer hulle ons dat bome nie net daar is om die woestyn groen te laat lyk nie,

maar dat dit wel ook 'n doel in hierdie ekologie dien.

Hierdie is Mangrove bome en hulle is die enigste bome wat in modder soutwater groei.

en hulle wortels absorbeer suurstof uit die lug uit en sit dit weer terug in die water, en dit help weer vir die voorplanting van sekere vis soorte. Dit bied ook skuiling vir klein vissoorte en die se kleintjies.



Die tonnel hier onder skep die gevoel van onder die water loop.
Die 2 pylsterte so bo jou kop.

Dan kom jy weer by die begin punt uit, en da vra jy, is dit, dit? Want n ou klein seuntjie wou n regte haai sien, en ons het uitgekom sonder om een te sien. Toe moes daar groot verduidelik word,....Want wat se mens vir n ou slim seuntjie as daar n groot advertensie bord by die ingang van n haai is....en jy nie een te siene kry nie (hier onder is hy).






Maar op die ouend het hy net die "visse in die bottels" soos hy dit se geniet, ...So het ons ook op nuuts iets geleer.



Maak nie saak hoe groot of klein die 'bottel' gemaak word nie. Die Skepperhand skep lewe, anders sou ons na lee bottels gaan kyk het . Want lewe kan die mens nie skep nie.

10 comments:

Anonymous said...

Pragtige foto's - mooi kleurvol!! Dis 'n pragtige fototjie van Christiaan en sy pappa. Die mannetjie lyk heel "cool" met sy sonbrilletjie!!

Anonymous said...

Dankie Thea!
Sekerlik nie nodig om te se nie, maar de 2 is my lewe!

Muriel said...

Hierdie akwarium is darem mooi hoor!
Pragtige foto's

Ek stem saam Thea die foto van pa en seun is te cute, met die sonbrille!

Dorette said...

Hi daar!

Ek het toevallig op julle webtuiste afgekom, en heerlik "gekuier".

Sterkte daar aan die ander kant van die aardbol, en hou aan om Sy Lig te laat skyn!

Seenwense

Dorette

Anonymous said...

Dis 'n baie pragtige akwarium en ek haal my hoed af vir julle dat julle Sjarjah aandurf. Dit moes voel asof julle onder die water tussen die visse is of hoe... soooo pragtig!!

Anonymous said...

Mooi foto's. Seker Christiaan het dit vreeslik geniet.

Anonymous said...

DORETTE Welkom by ons kuierplek, kom kuier gereeld.

CHARMAINE Dankie- Ja ons het nie gedink dit is eitlik so n storie om daar uit tekom nie,-veral met die pad aanbouings en dinge daar maak dit,dit baie deurmekaar.Maar ons was daar en weet nou hoe dit daar lyk.

SANDRA Hy het dit baie geniet, hy was net nie baie gelukkig toe ons daar uitstap sonder om 'n groot haai te sien nie. Maar sy mamma sal hom maar Pta se diere tuin toe vat hulle het mos daar een.

groete vir jul almal

Anonymous said...

En ons verdwaal tenminste nie na Pretoria se dieretuin nie ne Mariette. Ek sal kom pad vra voor ons soontoe gaan maar dis so mooi mens moet maar plan maak.

Riana said...

Dis n pragtige foto en ek sal se dat jul die plek weer moet besoek...

charmain said...

Ek glo dat julle met jul seuntjie n baie mooi familie maak