Saturday, August 9, 2008

Rock & Roll

Ons het toe besluit om so bietjie te gaan rock & roll in Dubai. By die gewilde Hard Rock Cafe. Dit is n landmerk in Dubai, een van die oudste geboue( Gebou ,Desember 1997).

Ons het gegaan met n halwe idee van wat die 'cafe' ons gaan bied, maar 'n kans moes ons vat.
Ons ry altyd verby die plek oppad na die malls en strand toe,

toe kry nuskierigheid die oorhand!

Ons is hartlik verwelkom met die simbool van rock&roll ,-en ook deur een van die waiters.Met die intrap slag word ons inlig dat hul nie meer alkohol verkoop nie. Want hul drank lesensie in nie weer hernu nie.

Ons het so bietjie daaroor gewonder?, maar dit het ons nie regtig gepla nie.

Het toe bietjie navorsing gedoen en bevind dat daar groot planne vir die perseel is en dat hulle die gewilde kuier plek wil sloop vir nog 'n skyscraper. Hulle alkohol lisensie het verval omdat dit gedeel word met die hotel aan die bo kant.

Daar is gerigte dat hy gespaar is teen die ontwikkeling vir die volgende 9 jaar. Dit sal n skande wees as hul dit tot nuut maak.Maar in hierdie stad is daar nie iets soos sentiment, wanneer dit by ontwikkeling kom nie...

Die plek het n lekker atmosfeer, al was dit stil,met min mense. Jy verkyk jou aan die Rock&roll kar wat so op die dak onderste-bo ry. Dan na al die goed teen die muur. Daar is iets van al die 'Golden oldies'

Daar in die agtergrond op die boonste foto is n onderbaaitjie wat Pink Floyd aan gehad het.


Aan die ander muur is daar n kitaar van Johnny Cash ,

en nie ver van dit af nie n Elvis suite wat hy gedra het in Las Vegas in 1974. Dan is daar n baaitjie van Michael Jackson, leer klere van Madonna en nog vele meer, regtig te veel om op te noem.


Toe kom die kossies te heerlik vir woorde.

Nadat ons magies vol was, was dit tyd om huis toe te gaan, met die uitbeweeg na buite vang iets die oog op die plafon in die ontvangs. Dit was n lewens groot LP speler wat in die rondte beweeg. Oulik ne!
Dan is daar ook die 'statue of liberty' en n T- hemp winkel. Sodat jy werklik kan se 'i've got the T-shirt'.

Op die stadium is die Hard Rock Cafe Dubai se toekoms dalk onseker. Want hierdie mense kamn maak en bou soos hul wil,- Maar ons hoop vir die beste,

Het ook net op die regte tyd by die huis aan gekom, was skaars in die huis toe n sand' storm ons tref.

2 comments:

Anonymous said...

Nie lank terug nie was Hard Rock Cafe die laaste gebou en "toilet" voor ons die pad Abu Dhabi toe kon vat --- kyk net hoe lyk dit nou. Dans die kelners nog op die tafels?

Anonymous said...

Nee nie die keer toe ons daar was nie, maar dit was op skof oorgee, en nee mens kan nie glo dat daar al so baie ontwikkeling om dit plaas gevind het nie. maar glo jou beslis want mens ry nog een dag daar en die vlgnde dag is daar iets anders of geboue by.