
Die aanvanklike ingang na die fees, deur die tente, moet ek se het nogal vir my baie intimiderend gevoel, want nerens staan daar dat die mans eenkat en vrouens anderkant moet ingaan nie. Of laat ek dit so stel, weereens was dit nie in engels geskryf nie. Want alles op daardie fees was in arabies.
Verstaan my asseblief nie verkeerd nie,... ek het glad nie 'n probleem daarmee nie, ek voel net die hele idee van die fees is om met die 'expats', wat meer as 80% van die bevolking hier uitmaak, hulle 'heratighe' te deel en hulle weet dat die 'expats' tog gaan kom kyk en deelneem aan die fees. So ek voel hulle kon darm die belangrike dinge in engels ook geskryf het.
Daar was baie stalletjies, maar die meeste of eintlik almal van hulle het dieselfde goed gehad. Uit die aard van die saak het dit mos maar gegaan oor die palmboom wat die dadel vrug dra. So die stalletjies was maar meestal goed soos mandjies wat die vroue uit die blaar van die palmbome maak en matte en al sulke dinge.
Ek moet se dit is ongelooflik om te dink dat hulle een hele mat uit sulke stukkies blare kan maak en dan sien mens nie eers die lassies van waar hulle die blaar las om sulke groot matte te maak nie.
Hier is een van die sheiks wat een van die bome nat lei met water.
Dan was daar die interessante uitstalling van die kinders en hoe hulle hul land met sy 'heritage' uitstal.
Hulle het nogal baie moeite hierin gesit en dit het ons nogal lank besig gehou want dit was vir ons baie oulik en interessant.

Die vroutjie wat met die palm blaar besig is om te vleg. In die stalletjies self was daar ook vrouens wat besig was om te vleg, maar hulle wou nie laat ons hulle afneem nie.
Ons kleinman wat by die valkie sit. Nee dit is nie 'n regte een nie of laat ek dit so stel 'n lewendige een nie.
Dan was daar 'n paar stalletjies wat opgemaak was soos dit in hulle hutte of tente lyk wanneer hulle seker in die woestyn bly, en hoe hulle dinge in die ou dae gedoen het.
'n Regte kuier tent en ons kleinman wys hoe word dinge hier gedoen so plat op die vloer naby die sand.....






















.jpg)
.jpg)
.jpg)
