My ouers is nou al vir 'n week of wat terug in S.A. en die heerlike onvergeetlike vakansie is al verby,- maar ek het nog 'n paar herinneringe wat ek graag sal wil deel.
Op ons lysie van moet doen dinge was natuurlik die waterpark van Dreamland in Umm Al Quwain.
Dit was baie warm -glo my as ek dit se, maar ons het met 'n baie goeie gesindheid gegaan en selfs die lang rit oppad daarna toe het ons nie onder gekry nie. Ons het amper 2 en 'n half uur aan minder as 40 km gery, want hierdie Dubai en Sharjah is een groot bou "site", en nie eers die gps kan by al die pad veranderings bly nie.

Dit was nie net ons kleinman wat homself geniet het nie...Ons elkeen oud of jonk, het verby alles gekyk en weer soos kindertjies onsself geniet. (natuurlik was Boeta ons ingangskaartjie na 'n paar plekke toe, want in hierdie swembad met die emmer word net mense wat toesig hou oor hul kindertjies toegelaat, en ons moes almal seker maak dat boeta homself geniet -He he he)
Hierdie emmer water val nogal met 'n woeste vors, maar hy het nog nie eers klaar geval nie dan skree ons kleinman weer, ek wil dit weer he!!



(ons ry altyd met ons piekniek mat in die kar rond saam met kamp stoele, sodat ons soort van voorbereid kan wees vir daardie impelsiewe besluit so nou en dan.)
Hulle piekniek net waar hulle wil en soos hulle voel, en dit is nou een ding wat ons sommer gou-gou van hulle kultuur deel van ons gemaak het....
Ons besluit toe dat dit 'n goeie idee is om sommer net daar in die parkeer area ons piekniek goed uit te haal en gou daar te sit en eet - sodoende is boeta se magie vol want die langpad gaan verseker sy ogies toetrek, dan is die magie darm gevoed. (Daar is darm gras gewees om op te sit ook, maar die was sopnat besproei, en 'n paar groepe mense het die parkeerarea gebruik)
Ek moet se dit was 'n ongelooflike lekker dag, en ons sal beslis weer so maak.
3 comments:
So 'n regte klein dapper boertjie, hierdie!
En jy sal mos maak dat ek ook so 'n piekniekmatjie begin saamry. Glo net nie die Merikaners gaan geamuseerd wees nie!
Dreamland bly darem een van die lekkerste uitstappies, net jammer dit sit so ver en moet deur Sharjah - maar ons het nou 'n gouer pad ontdek :-)!!!
Kan julle nie ook vrylik piekniek hou in amerika nie, Mariki? of het jul net sekere plekke? Mens kry soms daardie gevoel op die tv....
Dit is 'n lekker plekkie,- jy moet bietjie vir ons vertel van daardie kort pad vir 'n vlgde keer,-Sandra.
Post a Comment